Friday, May 16, 2008

Vrydag - spirituele dag

Die enigste dowwe kol op die glans van vandag is my selfoon wat weg is. Johannes, baie dankie vir al die rompslomp waarmee ek jou kon opsaal om my simkaart gekanselleer te kry. Ek waardeer dit baie!

Ek het vandag na 'n paar dorpe gery waar Jesus in sy lewe ook was. Die indrukke van daardie plekke het my stil gemaak. Ek was so bewus van sy Teenwoordigheid.

I decided to ride to some of the places where Jesus spent some time. It was a highly spiritual experience. I was aware of the presence of Jesus as if He could appear any time.



Ek het net vandag se roete op die kaart gesit. Kyk bo na die dik blou lyn.
Only today's route is on the map, the thick blue line in the north.


My eerste stop was in Nasaret waar Jesus as kind gewoon het.
My first stop was in Nazareth where Jesus grew up.

Die Basilika van die Bekendmaking - die kerk is gebou oor die plek waar die engel Gabriel vir Maria kom vertel het dat sy uitverkies was om die ma van Jesus te word.
The Basilica of the Annunciation - The church is built over the place where archangel Gabriel broke the news to Mary that she was to become the mother of Jesus.

Dit was Maria se huis. Hier het sy die nuus van Jesus se geboorte gehoor.
This was the house of Mary. Here she heard the news about Jesus that was to be born from her.

Van nader gesien.
Closer up.

If a picture could speak ...

Die See van Galilea - hier het Jesus baie van sy wonders gedoen, o.a. die storm stil gemaak.
The Sea of Galilea - Jesus did most of his wonders here.

Na oorlewering het Jesus op hierdie klip die vissies en brood geneem, geseen en verdeel aan die menigte wat na Hom kom luister het.
On this stone Jesus took the bread and fish, blessed it and gave it to the masses that came to listen to him.



ONTHOU JULLE NOG DAT AS JULLE OP ENIGE FOTO KLIEK JULLE 'N GROTER FOTO KRY?

DO YOU REMEMBER THAT IF YOU CLICK ON A PHOTOGRAPG A LARGER IMAGE APPEARS?

No comments: