Saturday, May 10, 2008

Taba - Rooi See



Ek, Sib en Nic Andela het vandag vir die vierde, en laaste, dag saamgery.

Ons is vroeg weg uit Kairo. Teen laatoggend, presies 8 weke na die begin van my toer, het ons Afrika amptelik verlaat. Ons is onder deur die Suezkanaal, die skeiding tussen Afrika en die Midde Ooste.

Die Sinaiwoestyn was kaal, verlate, sand en klip.

So 15 km voor Taba is ek deur die mooiste rotskloof. Massiewe, ruwe rotse het bo my uitgetroon. Die KLR, swaargelaai, het ligvoets deur die baie kronkels en draaie geluier. Die massiewe rotse (foto 2) het my en die fiets verberg.

Toe, skielik, het die draaie opgehou en voor my was die mooiste gesig denkbaar: Die koelbloue Rooi See (foto 3). Visueel was dit miskien een van die groot hoogtepunte van my reis.

Aan Johannes, Rina en Anja baie baie dankie vir jul hulp met inligting insamel oor oop grensposte visumvereistes en die invoer van voertuie in Israel. More takel ek die Israelgrens. Ek hou duim vas.



Nica md Sib Mandela and I rode for the fourth and last day together.

We left Cairo quite early. Late morning we left the African continent when we crossed the Suez channel, the boundary between Africa and the Middle East. It was precisely 8 weeks after the start of my tour.

The Sinai Desert was empty, sandy, stony.

15 km before I got to Taba I rode through the most beautiful ravine I've ever seen. Huge massive cliffs dwarfed my bike. The heavy-laden KLR was in its element: Many tight bends and a good surface. (Photograph 2)

Suddenly I left the ravine and before me the most beautiful sight of my whole trip: The Red Sea. (Photograph 3) In many ways this ravine and the sight of the Red Sea were one of the highlights of my trip.

A big "Thank you" to Johannes, Rina and Anja for gathering information on open border posts, visa requirements and restrictions on private vehicles. Your help is highly appreciated.

Tomorrow I will (hopefully) cross the border to Israel.

No comments: