Wednesday, May 7, 2008

Dinsdag 6 Mei


Dinsdagoggend: Ons het baie sleg by die polisiepos geslaap. Toe ons wou vertrek, het die begeleivoertuig met vier manne vir ons gestaan en wag. Ons was nie verras nie, nog minder beindruk.

Tuesday morning: We had a very bad night at the police post. On leaving the compound an escort vehicle with four armed men waited on us. We were not surprised.


Toe ons honger geword het, het ons weer 'n keer geweier om verder te ry. Eers is die plaaslike mense weer eens verwilder en toe kon ons gaan sit. Ons het ons tyd geneem.

We got hungry and refused to continue. We stopped at a road stall. Before we could go in they cleared the place of local people. We took our time.

En hulle moes wag tot ons klaar was. Dit was pay back time :-)

They had to wait until we had finished. It was pay back time. :-)


Ons het tussen twee kontrolepunte van die pad afgedraai en by die Nyl die gesin se toestemming gevra om daar te kampeer. Wat 'n wonderlike aand het dit toe nie geword nie! Ons het ons verlustig in die polisie se soektog na ons en was oortuig niemand sou ons daar kry nie. Half elf die aand is ons verkeerd bewys.

Before getting to a next police check point we left the road and drove / rode down to the Nile. There we met this wonderful family. The allowed us to camp on their farm for the night. It turned out to be a wonderful and most enjoyable evening. We laughed at the thought how the police was searching for us. We were sure that no one would find us there. Half ten the night we were proven wrong.



Hulle het ons baie trots gaan wys wat alles daar aangepant word.

They showed us proudly what produce they have on their farm.

1 comment:

Anonymous said...

Jislaaik ...yk my daai Egiptenare is nare mense. Ek het al heelwat stories oor die ding in Egipte gehoor.

Dankie vir jou berigte en voorspoed.

Groetnis

Colyn.