Wednesday, August 27, 2008

Noord-Kaap / Northern Cape

Terwyl ek die week onderhoude met ons FSA aansoekers in die Noord-Kaap doen, het dit my opgeval hoe lief ons is om diere af te beeld.



Upington


In die veld naby Upington. Daar naby was 'n boerbokmonument wat ek nie afgeneem het nie.


Nee, dis nie die foto wat skeef is nie, dis die horison! :-) Ek bly lief vir die Kalahari!


Barkly-Wes: September 2006 is ek deur die dorpie en toe het die SA vlag onderstebo gehang. Nou twee jaar later, is dit nog steeds onderstebo! Ek wonder of dit moedswillig is.


Dis die naam van die besigheid wat ons mooi vlag onderstebo hang. Bel hom en maak beswaar!


Olifantsfontein - dis 'n bul van 'n slaghuis!


Olifantsfontein se olifant.


Upington se donkiestandbeeld.

Saturday, August 23, 2008

My reisdagboek

Rina Bondesio het vir my die hele reisdagboek afgelaai en op 'n CD gegee. Baie dankie Rina!

Ek het dit verkort tot die bydraes van 'n week voor my vertrek tot die dag wat ek weer in Naboomspruit aangekom het (9 Maart 2008 - 11 Julie 2008).

Die dagboek, 314 bladsye, 15 mb, kan jy hier aflaai: Dagboek

Geniet dit!


Rina Bondesio downloaded the whole blog onto a CD and gave me that. Thank you so much Rina!

I compiled a PDF document with all my postings from a week before my departure, 9 March 2008, up to 11 July 2008, the day of my arrival back in Naboomspruit. The diary, 314 pages, has a size of about 15 mb.

Click on Diary to download the whole document.

Enjoy it!

Dis so lekker!

Cappuccino

Die bosveld is vandag mooi. Mens voel en ruik die lente (veral die Vaalbos!). Die KLR ry nog steeds soos n droom (ek mag maar subjektief wees). Ek drink nou die lekkerste cappuccino in die bosveld. More vat ek weer die pad tot in Upington, ongelukkig nie met die fiets nie. In Oktnber wil ek weer my eerste naweektoer doen. Dis lekker om in SA te leef!

Thursday, August 21, 2008

Experiences while doing interviews

Good day!

Since three weeks I am back in the reality of life, that means working and less dreaming about Naboom2Germany.

I am using my experiences of Naboom2Germany during the many interviews to illustrate why I believe that if we change our attitudes this country South Africa can be home for all.

Flying from one interview to the next I meet so many interesting young people. What I hear from them let me think deep.

Example:

Without confidence you are just a piece of meat (Antoinette Bediako)

or

Christinaity is not a religion but a relationship (again Antoinette)

I would like to edit Antoinette's saying a bit. What about:

Without a positive attitude you are just a piece of meat?

I am home only on Saturday, then it will be me and the KLR on our bushveld roads again!

And the two photographs? The don't mean anything, are only images of Port Elizabeth and Cape Town yesterday.

Take care!

Sunday, August 17, 2008

Soveel goedheid

Goeie naand!
 
Ek het vanmiddag vir die eerste keer sedert die einde van Naboom2Germany weer 'n wye draai met die KLR gaan ry. Dit was ook sommer 'n toets hoe dit met my regterarm na die operasie gaan. Alles is in die haak. Die arm vorder goed, die KLR is soos altyd onverbeterlik. Die fiets roep vir langpadry!
 
Die eerste aand van my toer het ek by Francistown in Botswana gekamp. Daar het ek Martin en Emmie van Zyl van Roodepoort ontmoet. Daar reeds het ek besluit om my fiets ligter te maak. Ek het vir hulle goed saamgegee terug SA toe. Die volgende dag het 'n skielike wind die papiertjie met hul naam en nommer weggewaai. Ek het toe in my kop my goedjies maar afgeskryf.
 
Gister kom toe die groot verrassing. Martin en Emmie het Naboom toe gekom vir 'n week vakansie by een van die oorde hier. Gistermiddag het hulle toe my toerusting vir my gebring!
 
Baie dankie Martin en Emmie! Die lys van goeie mense word langer!
 
Ek is die week in Kwazulu/Natal, Oos- en Wes-Kaap met my werk, die week daarna tot by Upington. As ek maar net met die KLR kon gery het!
 
Groete!
 
NS  Of vlg. jaar weer 'n Naboom2 ? reis is? Ek glo so ...

Sunday, August 10, 2008

Weersiens


Vrydag in Bethlehem het ek Elize en Conrad Schoeman ontmoet. Ontmoet is nie heeltemaal die regte woord nie. Ek en Elize het saam matriek in Ladybrand geskryf. Oor die Wegbreektydskrif (nou die Mooiloop) het Conrad van my reis gelees en kontak gemaak. Dit was nie laaste sien nie.

Hierdie foto het Nic Andela van my en sy pa, Sib, in die Westelike Woestyn in Egipte geneem toe ons vir die tweede keer van die polisiebegeleiding weggebreek het. Sib het my nou op Naboomspruit kom besoek (onderste foto).

Thursday, August 7, 2008

Die vrede van Naboom2Germany bly steeds met my

Goeie naand uit die mooie Oos-Vrystaat!

Vandag was 'n verdere mensedag.

Ek het my groot ou vriend van my onderwysjare na 8 jaar weer in Bloemfontein gesien. Anton van Wyk is skoolhoof by Jim Fouche. Die weersiens was goed, net soos die koffie en beskuit by sy lessenaar in sy kantoor.


Een van die onderhoude in Bloemfontein vandag was met Lize-Marie Swart, 'n kandidaat vir ons lang program met Duitsland. 'n Hoendervleis oomblik was toe sy begin het om Amazing Grace vir my te sing. Wat 'n stem! Wat 'n voorreg om met sulke jongmense te kan werk!

Ek slaap vanaand in Ladybrand in 'n gastehuis, My Housie. Toe ek die eienares sien, kon jy my met 'n veertjie omtik. Sy is Tinie Jaeger (Van der Merwe) en haar man. In 1981 was Tinie as standerd sessie in my Duitse klas. In 1984 was sy in my eerste uitruilgroep Duitsland toe. Vanaand sien ek haar die eerste keer weer sedert ons terugkeer in 1985. Sy en haar man het tot onlangs vir drie jare in Saoedi-Arabie gewerk. Haar ouer sussie Makkie woon nou in Kairo in Egipte!! Ek het in Kairo my enigste eensame oomblik gehad. As ek net geweet het Makkie woon daar naby!

Tinie sit met haar seuntjie Daniel op die rusbank.



Ek het vanaand in 'n interessante plekkie gaan eet. Sello Hlasa het by my kom sit en ons het lekker gesels en geeet. Vanaand het my droom van 'n nie-rassige wereld 'n stukkie realiteit geword. Thank you so much Sello for sharing so much. God bless you!

Wednesday, August 6, 2008

Nog Naboom2Germany lesers/vriende

Ek het die week verdere Naboom2Germany lesers / vriende gesien en saam gekuier.


Selina en die Van Wyks en Steinmanns, Pretoria


Die Maraisgesin uit Rustenburg


Jacques en Estelle Roos, Welkom

Waar is die goeie Suid-Afrikaners?

Goeie more!

In Afrika het ek soveel welwillendheid beleef. Steek my landgenote by daardie samaritane af? Is ons van 'n ander kwaliteit?

By Makro moet ek R 20.50 betaal. Ek het twee R 20 note. Agter my staan 'n onbekende vrou, 'n me. Van den Berg. Sy haal 50c uit en gee dit ongevraag vir my sodat ek nie 'n noot hoef te breek nie. 'n Weldoener wat goed aan 'n vreemdeling doen.

By Faerie Glen hospitaal wil ek vinnig 'n koppie koffie drink. Dit kos R 8 en ek het net R 7.20 by my. Die dame agter die toonbank lag en skink steeds vir my die koffie in. 80c gaan haar nie bankrot maak nie.

Verlede week op die lughawe in die parkeerkelder hoor ek voetstappe agter my. Ek kyk om en sien 'n sakeman in 'n pak klere ('n Indier) aangehardloop kom. In sy hand was my betaalde parkeerkaartjie wat ek laat val het. 'n Weldaad teenoor 'n vreemdeling.

Verlede Saterdag sukkel ek om my motorfiets op die sleepwaentjie te laai vir die byeenkoms in Johannesburg. 'n Swart man kom verby gestap en ek vra of hy kan help. Nadat die fiets vas is, bied ek hom 'n paar Rand aan. Hy lag en wys dit van die hand want ... hy is 'n Christen en het gehelp omdat hy wou help.

Dankie aan die vier mense wat net weer my standpunt bewys het dat daar meer goeie mense is as slegte mense.

Dit word tyd dat ons ons strate en stede terugvat van die klein vrot element wat ons lewens soms hel maak.

Tuesday, August 5, 2008

Name word mense


Goeie more!

Die werk het my nou ingesluk.

Ook gister het name van e-pos-mense regte mense vir my geword.

By Sanlam, waar ons 'n wonderlike onderhoudkamer vir ons onderhoude met ons leerlinge gebruik, het ek Petro Treurnich ontmoet wat oor haar skoonsus in Australie 'n baie gereelde Naboom2Germany-leser was.

Gisteraand het ek met Marius Venter van Interexcel en sy vrou Mariaan gekuier. Marius het vir my die satelietmodem geborg. Dit was een van daardie besonderse aande met baie besonderse mense. Ek was werklik spyt ek het my kamera nie saamgeneem nie.

Die week het ek verdere ontmoetings met sulke wonderlike mense, soos die Schoemans van Bethlehem.

Lekker dag!

Saturday, August 2, 2008

CyTech se opleidingsdag

CyTech se opleidingsdag was heerlik. Wat 'n voorreg om so baie dames en here met my aanbieding te kon ontmoet. Onthou die sentrale tema: Stop and smell the roses!

Cytech organised a training day for those ladies and gents planning an overland trip some time or other. What a privilege meeting these people! Remember the most important thing: Stop and smell the roses!


Johannesburg o Johannesburg!


What a beautiful city!


The participants during the lunch break.


Philip Steynberg en sy pragtige vrou. Philip was 'n getroue leser van Naboom2Germany. Hy het verlede week ook vir hom 'n KLR gekoop.

Philip Steynberg and his beautiful wife attende my presentation. Philip was a regular visitor to the Naboom2Germany website. He bought a KLR last week.


The final ride-out.