Lees hier onder oor die foto's. Read below to understand the photographs
Ek het vanaand naby my blyplek na 'n vreedsame betoging van Palestyne gaan kyk. Gister was dit 60 jaar onafhanklikheid vir die Israeliese staat. Die Palestynse lande vier die 15 Mei as Nakba - die dag waarop die lewens van die Palestyne op Israelse grondgebied in 'n katastrofe verander het.
By een van die betogers het 'n foto gekry wat die gevoel van die Palestyne uitdruk.
My motorfietstoer weg van die Suiderkruis is besig om my deernis vir mense, ongeag wie hulle is, aan watter kant van die draad hulle woon, of waaraan hulle glo, te verdiep. Ek is meer as wat ek ooit kon verwag, met die drome, versugtinge en bekommernisse van mense soos ek en jy gekonfronteer.
Vanaand steek ek 'n kersie aan vir al daardie mense op my toer wat hul siele en gevoelens vir my blootgelê het.
Tonight, close to my guest house, was a peaceful demontration of Palestine people. I went to watch the proceedings. Israel celebrated the 60th birthday of the state Israel on 14 May. The Palestines celebrate on May 15 Nakba - Catastrophe - the day, on which their lifes changed for the worse.
From one of the prostestors I received a photograph, which express the agony of the Palestines.
On this motorcycle tour away from the Southern Cross my love and respect for human beings are deepened and intensified, no matter who they are, where they live or what they strive for. I am confronted, more often than expected, with the dreams, agony and pain of people of like you and me.
Tonight I light a candle for all of those people on my tour who opened their souls to me.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment