Kom ons drink ‘n knertsie op Afrika!
Vandag is Woensdag 21 Mei, twee maande en 6 dae na my vertrek uit Naboomspruit.
Ek sit op ‘n vragskip, die Spes. Sondagmiddag het die skip, ‘n week laat, die hawe
Die enigste tydplan vir die vragskip is geen tydplan. Niemand wil hulle verbind tot ‘n dag en datum wanneer ons in Monfalcone, Italië gaan aankom nie.
Ons het vanoggend na drie dae op see in
Ons is net ses passasiers aan boord: ‘n Finse egpaar, ek, Cornelius, ‘n Hollandse VN-amptenaar op pad terug huis toe van
Ek het gistermiddag na ‘n middagslapie (‘n mens
Die toer deur Afrika is nie meer ‘n droom nie, dis nou net ‘n herinnering.
‘n Baie mooi herinnering.
Dit was êrens gedurende Februarie 2006 gewees. Die na-somer se hitte het swaar op ons bosvelddorpie gelê.
Ek het laatmiddag op my stoep gesit. Byevretertjies het in swerms oor die huis en bos gevlieg na hulle slaapplek toe vir die nag. ‘n Vriend van die omgewing het kom koffie drink. Ek het daardie dag my besluit geneem en hy was die eerste een vir wie ek dit vertel het.
“John, ek gaan volgende jaar met my motorfiets oor Afrika ry, alleen.”
John Mailovich is ‘n groot man. ‘n Man van min woorde, ‘n harde Waterbergboer.
“Is jy f*&^n mal in jou kop?”
Dit was die meeste van my vriende se aanvanklike reaksie.
My ou bosvriend
Kort daarna is my dierbare kollega Ella, baie jonger as ek, aan kanker dood. Haar dood het my voorneme net versterk. Die lewe gaan te vinnig verby om net te bly droom. Gaan uit en leef jou droom!
Geleidelik het my vriende begin te besef dat ek dit werklik bedoel. Die koors het hulle begin te pak. Op so baie maniere het hulle bemoedig, aangemoedig, bygedra. Ek sou almal se oë en ore op die toer word. Ek sou gaan kyk en beleef wat die meeste miskien nooit sou doen nie.
‘n Jaar se beplanning het in ‘n oogwink verbygeskiet.
Saterdag 15 Maart 2008: My fiets was klaar gepak. Ons het almal in ‘n kring om die fiets gestaan. Dit was tyd om totsiens te sê. My hart was maar ‘n bietjie seer. Net voor ek gery het, het my oud buurman Dries ‘n mooi gebed gedoen. Dries het die seën van die Here oor my en my fiets uitgespreek. Daarna het ek gery.
Rigting
Rigting Afrika.
Daarheen waar ons glo net onheil en ellende wag.
Die eerste paar dae op die fiets was ek soos in ‘n droom. Was ek regtig besig om van Naboom tot in Duitsland te ry? Ek het so ver verwyderd van die realiteit gevoel.
Geleidelik het dit by my begin insink: Kom uit die droom en begin te geniet!
Ek was op pad!
Die natuur was mooi, dikwels asemrowend mooi. Op ‘n motorfiets waar jy die pad met slaggate en fietse en varke en donkies en kinders wat wild oor die pad hardloop, deel, het jy nie werklik tyd om net die natuur te sit en geniet nie.
Die besondersheid van my toer deur Afrika het in die mense gelê. Elke stop by ‘n klein winkeltjie of stalletjie langs die pad het die werklike Afrika na my toe gebring. Elke keer as ek my tentjie by ‘n statjie opgeslaan het, is ek met die Here se liefde en gasvryheid ontvang.
Die lande het onder die KLR se wiele verbygevlieg. Die een hoogtepunt na die ander het gevolg: My aandete by Petauke (Oos-Zambië) onder ‘n volmaan, die Malawimeer, Ekke en Audrey Kok wat ek daar ontmoet het, Tanzanië, Kasper en Mwinga by die Bongokampeerplek en -ontwikkelingsprojek op ‘n koel, reënerige aand toe ek nie geweet het waar ek my tentjie sou opslaan nie, Vimbai by die Old Farm House wat ‘n regte vriend vir my oor die weke geword het, Peter en Tessa in Nairobi, en so kon die lysie in oneindigheid voortgaan.
Elke mens wat ek op die reis ontmoet het, het ‘n mosaïeksteentjie in my lewensprent geword.
Ek het gedurende die reis baie aan die woorde van Dries se gebed gedink. Ek het dikwels vir my gesê dat om my fiets ‘n skare van beskermengele is wat my sal beskerm, tot die einde toe.
Toe kom
Ek het hard geval. Ek het van die teer opgestaan, sonder ‘n enkele skraap of stukkende plek. En die belangrikste, die KLR se vurk was nie gebuig nie. Daardie oggend kon die einde van my reis gewees het.
Die volgende dag, 100 km voor Marsabit, het ek op die lawarots so hard geval dat my voorwiel halfpad in die los rotse begrawe en my linkertas losgeskeur was. Ek het sonder ‘n skrapie opgestaan.
Dan was daar die aand tussen Marsabit en Moyale, “bandit”-wêreld, konvooiwêreld, en ek moes alleen daardeur. My tentjie-opslaan onder die grootse naghemel, die lê en wag vir die slaap van ‘n uitgeputte reisiger, daardie ervarings het ek reeds in my boekie van goue lewensoomblikke neergeskryf.
Een van die grootste uitdagings sou die Nubiese woestyn in Soedan wees. Elke motorfietsryer wat al daar deur is, het dit uitgesonder. Baie ander het verkies om eerder hul fietse op die weeklikse trein te sit en so deur die woestyn te ry.
Dit was ’n Sondag toe ek in Khartoem aangekom het. Die hitte was ongelooflik. Die son het van bo geskroei en die teerpad se uitstraling het van onder af gebrand. Daar was omtrent nie ‘n kilometer van die pad waar nie stukkende buitebande van motors of vragmotors gelê het nie. Die pad het genadeloos met enige band wat oud en afgeleef of beskadig was, afgereken.
Ek het lank met myself in Khartoem geredeneer omdat ek werklik in die hitte swaargekry het: Trein of nie? Ek het niks gehad om te bewys nie en daarom het ek die trein weens die hitte ernstig oorweeg. Maar, aan die ander kant, sou ek dan na die tyd nog steeds voel dat ek het deur Afrika gery het?
Die Woensdagoggend toe ek in Khartoem wakker geword het, het ek geweet wat ek gaan doen. Ek wou die woestyn gaan ry.
In al die reisgidse oor Soedan lees mens die waarskuwing dat mens meer tyd moet toelaat vir enige reis in Soedan want dit neem langer om by jou bestemming te kom as wat jy gereken het.
Ek het die Donderdagoggend drie-uur uit Khartoem vertrek. In die flou lig van my tweede volmaan op toer het ek noord gery, rigting Nylrivier.
Vandat ek by Dongola aangekom het tot ek deur die woestyn by Wadi Halfa was, het die een hoogtepunt na die ander oor my pad gekom.
Wat was dit wat my siel die meeste aangeraak het? Die menslike kontakte? Die genadeloosheid van die woestyn? Die koel water in die groot erdekruike langs die pad onder palmbome? Of is dit miskien die swem in die Nyl na ‘n bitter warm dag? Of was dit die twee aandetes op een aand by die Nubiërs by die lig van ‘n olielampie terwyl ‘n warm woestynwind ons daaraan herinner het dat die hitte die volgende dag genadeloos terug sou wees?
Of was die grootste hoogtepunt miskien die oorwinning oor jou eie vrees om, wanneer jy om ‘n draai kom en jy sien die bitter diep spore in die sand, die KLR in eerste rat te sit en jou doof te hou vir die geskreeu van die enjin tot jy veillig deur die sand is?
Hoekom trek die Nubiese woestyn en sy mense my so intens terug? Ek wonder of dit nie my eie vrees is dat ek nooit weer die
Ek is werklik spyt dat ek nie meer tyd daar deurgebring het nie. Die raad van die reisgidse was in my geval verkeerd. Ek is vinniger as wat ek gedink het deur die Nubiese woestyn. Met my na-kennis sou ek stadiger, meer intens daar gery het.
Egipte was miskien vir my dié teleurstelling van die Afrikabeen van die toer. Daar was soveel wat ek nog wou gaan sien het maar die tydbeperkinge deur die konvooiryery het dit baie moeilik gemaak. Die laatmiddag toe ek en Sib en Nic die polisie ontduik het deur op ‘n sandpaadjie af te draai na die plasies langs die Nyl het baie vir die verlies vergoed. Ons kuier daardie middag en aand by Sameh en Niven Kaissar Raflah sal altyd in my reisherinnering ‘n ereplek inneem.
So, wat is die feite oor my alleenreis deur Afrika? Kom ek skok ‘n bietjie die aartspessimiste.
- Ek het nie een keer bedreig gevoel nie;
- Ek moes nie een keer enige omkoopgeld betaal nie;
- Ek is nie een keer beroof of besteel nie;
- Nie een keer het iemand my die deur gewys as ek water of slaapplek gevra het nie.
Dit is miskien nie dit wat baie mense wil lees nie. Ek
Was die olifant op die pad werklik die groot bedreiging wat my met ‘n bewende hand laat bid het dat die KLR nie op daardie oomblik moes stol nie? Was die man met die AK-47 in die stowwerige bos van Suid-Ethiopië werklik ‘n bloeddorstige barbaar, of was dit net ‘n kleinboer wat sy veekudde teen stropers beskerm het?
Dit sou so maklik gewees het om dramaties te word. Ek
Was dit die regte besluit om die toer manalleen aan te pak? Ja! Duisendmaal ja!
As jy hier lees en jy het nog altyd gedroom om so iets te doen, neem jou kalender en trek ‘n kring om ‘n datum en gaan doen dit! Dit hoef ook nie ‘n trans-Afrika toer te wees nie. Jy
Afrika het meer goeie mense as goeie regerings. Los jou vooroordele by die huis, jou vrese, gaan en ontmoet jou Afrikabroer en –suster!
Dit is dus nou werklik totsiens aan Afrika en hallo aan Europa!
Tot volgende week!
No comments:
Post a Comment