Friday, November 30, 2007

Donderdag 29 November

Begin: Keetmanshoop
Eindpunt: Windhoek
Afstand vir dag: 524 km
 
Niks loop altyd soos beplan nie.
 
Na 'n lekker vroeë wegspring vanoggend het die dag se ry goed afgeloop. Ek sit nou hier tussen Windhoek en die lughawe waar ek more (Vrydag) vroeg ons leerlinge gaan ontvang. Windhoek se lughawe sit mos ver weg uit Windhoek.
 
In elk geval, ek sit nou en kyk na die mooiste sonsondergang. Ek wil dit vir julle vertel maar die internet werk nie. Daar is geen manier dat ek kan konnekteer nie. Maar vir die eerste keer ooit kan ek 'n e-pos van my selfoon stuur. In SA wou dit nooit werk nie, nou werk dit hier tussen bos en duin.
 
Die beste van die motorfietstoer tot nou toe is my slaapgewoontes. In SA slaap ek redelik min. Ek wil meer slaap maar ek kan nie. Nie hier nie. Na so 'n dag in die saal sukkel ek nog om teen 8 my oë oop te hou.
 
Met die broek en opklim gaan dit al beter. Ek het nou die geheim uitgevind: Ek moet vir my kruisbande kry. Ek het dikwels al by ander motorfietsryers gesien dat hulle kruisbande dra. Nou weet ek hoekom. Hierdie motorfietsbroeke sak af, en net so min as wat 'n man kan hardloop met sy broek om sy enkels net so min kan 'n mens op 'n KLR 650 klim as die broek hang.
 
Ek het vandag my saal net twee keer raak geskop en my bagasiesakke een keer. Ek doen nou wat sportmanne doen: Ek visualiseer. Ek sien hoe ek met die eerste skop my been los bo-oor die saal kry. Dit werk.
 
Ek het nou vir twee dae die wind letterlik van voor gehad met die ry. Die fiets se brandstofverbruik het skrikwekkend geval. Ek kon hier nog maklik die groot dorpe haal, maar volgende week op die Trans Kalahari Highway gaan dit 'n ander storie wees. Oor 'n afstand van meer as 800km is daar net een gehuggie met 'n brandstofpomp, by Kang. Ek sal Kang moet haal met een tenk, kom wat wil. As die ooswind waai, gaan dit moeilikheid beteken. Dan sal ek die spoed na 80 moet afbring.
 
Ek hou van die tipe Russiese roulette: Gaan die brandstof genoeg wees, of nie? Indien nie kan dit 'n lang stoot word. Gelukkig het ek my stoel en slapranthoed daarby. As ek die fiets snags stoot, het ek miskien 'n beter kans dat 'n luiperd nie in my as prooi sal belangstel nie. Waar is die spotprentekenaars? Kan julle julle jul dit voorstel hoe dit snags lyk: 'n Man wat sy motorfiets stoot, op sy kop 'n slapranthoed, en bo-oor al die bagasie nog 'n stoeltjie vasgemaak. En dan nog die rooi David Kramer skoene agter op die bagasie.
 
Nou het ek genoeg twak geskryf (Dorothee, het jy al die Afrikaans verstaan?)
 
Groete!
 
Foto 1: Kindergartenkindertjies op 'n uitstappie êrens heen - Mariantal
 
Foto 2 is van die Reiterdenkmal in Windhoek.
 
I am going to neglect the English section today. Sorry guys!
 
Today the riding was quite easy after the heat of the yesterday. I had a strong headwind the last two days. As a result of that the fuel consumption of the bike was quite high. That would be interesting next week on the Trans Kalahari Highway when over a distance of 800km there is only one village with a petrol pump. I have to get to Kang to fill up for the rest of the way. I look forward to spending one night somewhere under the stars in the Kalahari!
 
I took only a few photographs, of which I would like to share two with you.
 
Photo 1: A group of Kindergarten children on their way to somewhere. They were so joyful and waved to all the people. Can you imagine what police in Europe would do should they see something like that?
 
Photo 2: Arrival in Windhoek with the Reiterdenkmal in the background.
 
I couldn't get internet access at all. Will try again in Windhoek tomorrow (Friday).

Thursday, November 29, 2007

Windhoek erreicht

Guten Abend! Gut in Windhoek angekommen. Schon so 20km an der Stadt vorbei. Ich habe keinen Internetzugang momentan, aber zum 1. Mal kann ich vom Handy Emails schicken! Ich schreibe morgen mehr. Estelle, dankie dat jy bereid was om te help!

Windhoek gehaal

Naand! Ek is reeds Windhoek verby. Het tans geen internet. Sal later meer skryf. Lekker aand!

Wednesday, November 28, 2007

Dit was warm

(English below the Afrikaans)
Beginpunt: Springbok
Eindpunt vir dag: Keetmanshoop, Namibië
Afstand: 425 km
Ek gaan min skryf. Dit was 'n snikhete dag en my energie is uitgeskroei
Foto 1: Ek het besluit ek gaan meer tyd neem en meer stop. By Steinkopf kry mens nog nou en dan die tradisionele matjieshutte waarin die Namamense woon.
Foto 2: Hanna (links) en haar helper. Hulle maak sommer terselfdertyd kos vir iemand wat tradisionele Namakos wil eet. Ongelukkig is die afval eers reg vir more. Hanna vra vir my of daar dan nie mense is wat haar kan help om so 'n eetplek te begin nie. Ek het haar selnommer as iemand belangstel :-)
Foto 3: Links agter op my fiets is die klein broodjie wat ek by Hanna gekoop het. Ek het heeldag daaraan geëet. Regs agter hang my beroemde rooi skoene. Ek het dit nou aan. Die swerwende boemelaar.
Foto 4: Kort voor die grens is die Vyfmylkloof. Die pad is daar letterlik tussen die berhange deur uitgekerf. Ek het daar gestof vir 'n paar minute en nie my valhelm afgehaal nie. Binne 'n paar minute het die skroeiende son en die hitteuitstraling van die rotse my 'n bielie van 'n hoofpyn gegee. Gebraaide harsings.
Foto 5: In die klip- of wat se naam ook al woestyn in. Die 140km tot by Grünau was vir my slegs. Hoofpyn. Verblindende hitte (middagete tyd). Geen skaduwee nie, Net die hitte van bo, langs die kante en op van die teerpad. As mens daar moes gaan staan brand die son jou dood.
English:
I am not going to write much. The sun burnt the last drop of energy from my body.
Photo 1: I decided to take more time today and stopped wherever it was interesting, for example at the "basket huts" of the locals near Steinkopf.
Photo 2: Hanna (left) and her assistant. They are selling food there, traditional. Unfortunately the tripe was planned for tomorrow. Hanna asked me whether there are not any people there outside who would be prepared to help her starting an eating house. I've got her cell number if any one is interested.
Photo 3: The bike of the tramp. At the back left is my small bread, bought from Hanna. I ate the whole day of it. At the back right are my red "vellies". I am wearing it now.
Photo 4: Just before the border I stopped in this stone valley to take a few photographs. I didn't take of my helmet, and within minutes, I had a blinding headache due to the scorching sun and the radiation of the rocks.
Photo 5: Into the desert, doesn't matter whether stone or what kind of desert. The 140 km to Grunau was hard on me. Headache. The heat, middle of the day. No shade anywhere. Only the heat from above, the sides, the tar road. Should one have a breakdown there the sun would kill you if you don't have any protection.

Spreuk vir die dag

One who never travels thinks it is only his mother who is a good cook.

Tuesday, November 27, 2007

Tuesday 27 November

Starting point:  Cape Town
Destination: Springbok (Namaqualand)
Distance traveled: 590 km
 
This morning I left Cape Town later as planned. I first went to Bloubergstrand for the well-known view of Table Mountain. The wind was howling and I asked a young man to take a photograph of me and my bike.
 
I couldn't  wait to get back on the N7 direction north. Only after passing Piketberg I had the feeling that there were less people and cars on the road. The inner peace that I temporarily lost in Cape Town returned quickly after Piketberg.
 
It was a beautiful road with green orange plantations, the clear Olifants River, and the majestic Sederberg mountain range on the one side.
 
The second photograph I took close to Clanwilliam. The Clanwilliam dam is full, which is a lovely sight. Clanwilliam is well-known for the "vellies" (leather shoes) which are manufactured here. A South African singer, David Kramer, always wore red "vellies". Today, for the first time in 5 years, I managed to buy of red ones. I tied it onto my luggage at the back of the bike. It looks good! (on the bike :-)
 
I filled up in Vanrhynsdorp, where the most embarrassing incident took place. In Cape Town I bought a riders trousers, which should protect me in case of an accident. It is meant for sitting on a bike, not walking around. Walking around is a wrong description, One waddles like a duck. In any case, I filled up the bike. An elderly gent, Mercedes driver, took interest in my bike and luggage and strolled over. I tried to get onto the bike. No success. With the trousers I could not get my leg over the bike! I kicked the tank a number of times, the saddle, the luggage, but I couldn't get it over the saddle. It was so embarrassing! I had to push the bike to a pavement to get onto it.
 
The road circled around and through granite hills and mountains for most of the latter part of the trip. Beautiful! I wish I had more time on hand to go and discover some of the many beautiful tracks that disappeared into the mountains. Next year I will make sure that nothing or nobody is going to rush me to keep to a schedule. I don;t want that. I am going to do the trip to be free.
 
So, tonight I am in Springbok, an interesting little town about 120 km south of the Namibian border. It doesn't happen often that I feel in my own country like a foreigner. That is how I felt on arriving in Springbok. Even the sun set in the wrong place.
 
Tomorrow is going to be another long day.
 
Internet access may be problematic from tomorrow on. I will update again as soon as it is possible.
 
PS  Please excuse any language errors. I want to go to bed and my concentration is not up to scratch.

En daar gebeur dit toe ...

Dinsdag 27 November
 
Beginpunt: Kaapstad
Eindpunt: Springbok
Afstand: 590 km
 
Ek het vanoggend eers ongeveer twee ure later weggekom as wat ek gehoop het. Ek het vroegoggend eers vir my 'n behoorlike rybroek en stewels gekoop. Ek het lank daarmee gewag. Die idee van vel oor teer wat skuur en rol teen 100km/h het my nie langer laat wag nie.
 
En so bring die nuwe broek my tot my pynlikste oomblik van my motorfietsryery.
 
Die broek is gemaak vir die sitposisie op die fiets. As mens loop, lyk dit maar koddig.
 
Op die hitte van die dag stop ek op Vanrhynsdorp om petrol in te gooi. 'n Ou heer met sy vrou stop met hul deftige Mercedes om ook petrol in te gooi. Die fiets het sy belangstelling geprikkel en hy stap nader om dit van naderby te bekyk. Ewe selfvoldaan sit ek toe my valhelm op en klim op.
 
En my regterbeen kom met die nuwe broek nie oor die fiets nie.
 
Ek probeer 'n tweede keer. Geen sukses.
 
Ook nie die derde of vierde keer nie.
 
Nog 'n motor se insittendes begin die gekkespul dophou. Ek skop my tenk raak dat die swart merke sit. Ek skop my sitplek raak. Geen sukses.
 
Op die ou end moes ek die fiets langs 'n walletjie trek om my been oor te kry. Pynlik.
 
More het ek die keuse: Denim en klim maklik op, of weer die rybroek. (As julle 'n motorfietsryer knypend sien ry, is dit net ek wat wag dat 'n reling langs die pad moet kom sodat ek daarop kan klim om op die fiets te kom)
 
Die ry was lekker. Die Kaapse wind was moeilik. Dit was maklik om die Kaap agter te laat. Na Piketberg het ek rustiger in my gemoed begin voel. Die beskawing se baie motors was nie meer op die pad nie. Clanwilliam was soos altyd mooi. Die dam is vol en die berge blou.En na 5 en 'n half jaar het ek my rooi David Kramer velskoene gekry. Ek ry met die skoene vasgebind agter op die bagasie. Na Vanrhynsdorp was dit die Knersvlakte. Die alleenheid was in die begin moeilik. Bitterfontein,, toneel van die grootste diamantroof in SA se geskiedenis, Ek kon 'n stukkie droëwors koop omdat daar 'n sypaadjie voor die winkel was vir die opklim. Garies, dan die mooiste pad tussen granietkoppe deur na Kamieskroon tot in Springbok. Droomwêreld.
 
My belangrikste les: Ek haat dit om volgens 'n tydskedule te ry. Ek moet Donderdagaand in Windhoek wees. Dit het gemaak dat ek verby soveel mooi paadjies en interessante plekke moes verby ry. My groot ry gaan ek aan geen tydplan koppel nie. 'n Mens moet vry wees om te stop waar jy wil en vir so lank jy wil.
 
More is dit oor die grens Namibië toe.
 
Groete

Monday, November 26, 2007

Die ontwerp vorder

Rina Bondesio, argitek met passie, het vir my die kaart hier bo gestuur. Sy borg vir my twee groot plakkers met die roete op. Dis nie maklike werk nie want elke keer as sy 'n ontwerp vir my mail, vind ek hier 'n fout en stel daar 'n verandering voor. Rina, met Salomo se wysheid sal jy my grille kan oorleef.

Ein schöner Spruch

Danke Anja für den schönen Spruch aus einem Buch von Paolo Coehlo:
 
"Sich einem Traum ganz zu verschreiben, fesselt nicht und erlegt einem keine Bedingung auf: Es befreit. Auch ein gewundener. schwieriger Weg kann uns ans Ziel führen, wenn wir ihm vor dem Ende nicht aufgeben."

Dis tyd vir die goot wydte

Ek is nou moeg vir strome motors, verkeersknope en "lane splitting".
 
Vrydag na my fiets se diens moes ek in redelike spitsverkeer van Pretoria Johannebsurg toe, en toe weer van Johannesburg via Roodepoort en Krugersdorp Ventersdorp toe. Vanmiddag in Kaapstad weer dieselfde. Motors sonder einde op oorlaaide snelweë. My fiets (en ek) voel ons ontuis in sulke stedelike gebiede.
 
More oggend draai ek noord. Ek sien uit na die vlaktes van Namakwaland. Ek hoop ek kan more aand 'n foto op die dagboek sit van die eindlose vlaktes van Namakwaland.
 
 
I am sick and tired of long lines of cars, traffic jams and lane splitting.
 
After my bike was serviced on Friday I had to go to Johannesburg. Three lanes of cars. From Johannesburg CBD I had to go via Roodepoort and Krugersdorp to Ventersdorp. Again traffic jams and cars, cars. This afternoon in Cape Town the same. Traffic jams on the N2, highways not capable of handling so much traffic. My bike and myself do not feel at home in cities.
 
Tomorrow I turn the bike north, from Cape Town to Namaqualand. I look forward to the wide plains stretching on endless over far horizons. I hope that I can upload a beautiful photograph tomorrow evening of where I belong, on the countryside far away from the hustle and bustle of the cities.
 
Ein ehemaliger Fahrradfreund von mir in Deutschland ist heute plötzlich gestorben. Mein Beileid an Karin und Andreas mit dem Tod von Toni.
 

Saturday, November 24, 2007

Rietspruitdam, Nooordwes, Suid-Afrika

 

Four generations

This weekend we celebrate the 80th birthday of my father. Simultaneously it is the first time that we see little Jaydene.
 
The photograph by my sister Dorette is of my father's hand with the tiny little hand of Jaydene, his great grandchild.
 
Most probably this will the last celebration of this kind with all the children and my dad as my eldest sister will leave for the USA next year.

Practise

Next year I will do the washing with my feet. Clean clothes and clean feet . . .

Thursday, November 22, 2007

Nog 'n spreuk voor die reis

"The world is a book and those who do not travel read only one page." -- St. Augustine

Ek is so baie aan hulle verskuldig

Dikwels vra mense my hoe ek dit regkry om volgende jaar vir drie maande (of langer? :-) ) van my werk te kan wegbly.
 
Die antwoord is maklik.
 
My kollegas.
 
Ek het twee dames, Lize en Suzanne, wie se werk hulle laat uitstaan omdat daar een element by is wat nie met geld gekoop kan word nie. Passie.
 
Ek is bevoorreg om na so baie jare in die uitruil nou te kan begin terugstaan en kyk hoe ander, nuwe mense ons jeugwerk voortsit. Ek vertrou my kollegas met my lewe, daarom weet ek dat alles volgende jaar sal regloop terwyl ek weg is. Hulle sal probleme oplos. Hulle gaan mense aanraak.
 
Dinsdag 27 November begin die groot reis nie-amptelik. Ek gaan met my motorfiets in die Kaap begin ry Windhoek toe. Na ons werk daar klaar is, ry ek dan deur Botswana terug Naboom toe. Deel 1 afgehandel. Kyk na die kaart. Ek voel dis reg dat die reis, in twee skofte, onder in die Kaap begin. Nou kan ek ook ons webkommunikasie oefen. Kyk gereeld op die dagboek vir inskrywings en foto's van daar doer uit Namibië of Botswana.
 
Tot volgende week!

Tuesday, November 20, 2007

Long Way Down (2)

Ek het nou net die vorige inskrywing opgelaai toe my oog 'n advertensie van die BBC vang. Die reis word nou in weeklikse episodes uitgesaai.
 
Wat is die aanlokker vir die episode?
 
With the mood reaching an all time low, the team reach Addis Abbaba for a well earned break. Wild elephants and a muddy river crossing lie ahead as the journey continues in to Africa.
 
Dit is nie nodig dat 'n mens se gees 'n "all time low" op so 'n toer moet bereik nie.

Long Way Down

Ek het die naweek vir my die nuutste boek van Charley Boorman en Ewan McGregor gekoop. Hulle DVD van Long Way Round het vir my ure se kykgenot verskaf.
 
Hul tweede groot toer, van Skotland (John O'Groats) tot Kaapstad hierdie jaar het baie lesse te leer vir enige een wat so 'n groot toer beplan.
 
Ek trek nou by Egipte in hul boek. Waaroor kla die twee ryers die meeste? Hulle het nie tyd om te geniet nie. Wat 'n toer moes wees van ry, sien, stop, geniet, was op daardie stadium 'n gejaag (soms tot snags 11 uur) om op skedule te bly.
 
In die groep het die lang dae se ry dikwels vir woordewisselings gesorg. Juis dit het 'n mens nie op so 'n wonderlike rit nodig nie.
 
Wat is dus die lesse om te leer?
 
Laat vir jou die vryheid om te stop wanneer jy wil, waar jy wil en 'n rusdag in te bou as jou liggaam daarna vra. Wat 'n jammerte moet dit wees om verby 'n interessante straatmark te jaag net omdat jou toerrooster dit nie toelaat nie?
 
Die foto wat ek aanheg, is juis van so 'n lang dag deur die bos in Zimbabwe. Dit was lekker om deur herfs-mopanies te ry, by statte te stop, en in die skadu te kon sit sonder om skuldig oor 'n rooster te voel!

Monday, November 19, 2007

Nog meer engele

Ek moes vroeg vanoggend Duitse ambassade toe in Pretoria. Andre van Hi-Q hier in Naboom het my voor 8 al gehelp om die laaste 10 cm van die buiteband oor die velling (rim) te kry. Dit gaan volgende jaar sweet kos om dit alleen te doen onder 'n doringboom.
 
Dankie Andre!
 
Ek is glad nie 'n tegniese reus nie, daarom het die terugsit van die as en agterwiel my goed laat voel. As mens so iets op jou eie die eerste keer regkry, voel jy eenvoudig net beter toegerus vir volgende jaar se ry.
 
Vol bravade na my tegniese oorwinnings sit ek toe die "top box" ook terug op die fiets. Dit was werklik kinderspeletjies na die agterwiel.
 
Net daar slaan my nuwe bravade my vir 'n ses. So 35km van Naboom af, op die N-1, voel ek so terloops met my linkerhand of alles nog reg is agter my.
 
Daar was niks agter my wat kon reg wees nie want die "top box" was weg!
 
Dit was die vinnigste stop en omdraai op die N-1. Die hoë gras langs die pad en baie vragmotors het my dadelik laat besef dat die kanse skraal gaan wees om oor 'n 35km afstand die ding langs die pad in die gras te kry. My geld, krediet- en petrolkaart was daar in.
 
Nie eers 'n kilometer van waar ek omgedraai het nie het 'n Gautengbakkie van voor gekom. Die bestuurder het verwoed met sy ligte geflikker. Langs hom op die sitplek was my "top box".
 
Ek was te bly om die tweede wonderwerk binne een week te ervaar dat ek nie eers sy naam gevra het nie. Wat sy hulp nog meer besonders maak, hy het omgedraai om my agterna te sit toe hy sien wat gebeur het.
 
Onbekende mens uit Gauteng, mag jy op al jou paaie net voorspoed ervaar. Baie dankie!

Raaisel

Ek het die naweek die agterwiel van my motorfiets oopgemaak na die "blow-out" van Dinsdag. Binne die band het ek 4 stukke draad gekry wat deur die loopvlak gesteek het.

Vier.

Wat is die kanse om meer as eenkeer deur weerlig getref te word? En dan nog vierkeer?

Dit maak nie baie sin vir my nie.

Friday, November 16, 2007

The little girl from Francistown


For my German friends this time a bit of English. The following photographs tell a story.


This year June on our trip back from the Zambezi I stopped in Francistown, Botswana, at dusk, waiting for my friends Jacques and Estelle to arrive. The cute little girl stood at the gate of their home, watching me, fascinated by the helmet and strange vehicle.


When I left, Estelle tried to grab her attention to take a photograph of her, without success. The girl watched the bike disappearing into the darkness.


Next year on my trip north I plan to spend the first night in Francistown. I am going to take a teddy bear with for the little girl, and that evening when I get there, my first task will be to surprise her with her new toy. Thanks Helen for offering to sponsor the teddy for the little girl!

Wednesday, November 14, 2007

Uit Ierland

Marlene uit Ierland het vir my die volgende spreuk gestuur:

Waarheen jy ook al mag gaan, gaan met jou hele hart. - Confucius

Dankie Marlene!

Mein Schutzengel hat nicht geschlafen

Ich kam heute morgen von der deutschen Botschaft in Pretoria zurück. An der letzten Autobahnraststätte vor zu Hause hielt ich kurz an, um Wasser aus meinem Rucksack zu holen. Nach einer Minute war ich schon wieder unterwegs. Knapp ein Kilometer weiter gegen noch recht langsame Geschwindigkeit platzte der Hinterreifen. Das Motorrad war fast nicht zu lenken und nachdem ich erst über den Mittelstreifen war, kamen wir auf dem Gras neben der Fahrbahn zum Stillstand.

Hätte ich nicht angehalten, und wäre die Geschwindigkeit viel höher ...

Danke Anne für das geweihte Kreuz am Motorrad. Einer da oben hat aufgepasst.

My beskermengel het nie geslaap nie ...

Ek het vanoggend met my motorfiets van die Duitse ambassade teruggekom. Net voor die laaste tolhek is die Kranskop Plaza, en daar het ek gou gestop om water uit my rugsak te kry. Ek het skaars 'n minuut gestaan voor ek weer begin ry het. So 'n km van die plaza gooi my fiets my byna uit die saal, my voete van beide voetruste, en die fiets slinger byna sonder beheer middellyn toe en dan gras toe. Langs die pad het ons tot stilstand gekom. Die agterband het 'n "blow-out" gehad. Op twee plekke het draad in die band gesteek.

Het ek nie gestop nie, ... was ek teen 115 km/h en nie 60, 70 op pad nie ...

Daar is Een daar bo wat kyk en oppas.

Tuesday, November 13, 2007

Mediese versekering

Ek het vandag my versekering vir volgende jaar se toer gefinaliseer. As mens dink wat alles kan verkeerd gaan, siekte, ongeluk, erge beserings, dan kan mens glad nie sonder dit op reis gaan nie.

Nog 'n taak minder om te doen.

Hier is nog 'n reis aanhaling. Is dit nie waar nie?

"Most of my treasured memories of travel are recollections of sitting." –- Robert Thomas Allen

Groete vir die dag!

Sunday, November 11, 2007

Reiswysheid in Sesotho

Gisteraand op pad na ons FSA byeenkoms in Stellenbosch sien ek die volgende Sesotho spreuk op my koskardoes.


Ho tsamaya ke ho bona
Traveling is learning

My ou skoolmaat Estelle Roos, vlot in Sesotho, het vir my die direkte vertaling, wat eintlik nog mooier is, gestuur.

"Om te loop is om te sien"

Nog 'n spreuk vir 'n plakker op my motorfiets se brandstoftenk.

Groete!

Friday, November 9, 2007

Vrydag se wysheid

Johannes: Having a vision is the fun part, but there are few who are willing to do the practical and usually hard work that it takes to make the vision a reality.

Baie dankie vir almal wat iets moois instuur. Die versameling groei.

Ek sien op die horlosie dis nog net 129 dae.

Groete

Thursday, November 8, 2007

Nog 'n mooi spreuk

St Francis van Assisi:

Start by doing what's necessary, then what's possible, and suddenly you are doing the impossible.

Mooi spreuke

Ek moes hierdie een oordoen ...
Emil Bosch het die volgende vir my gestuur:

"I was at a point where I needed to go; and so I bought the motorcycle, and I went ... "
Rina Bondesio:
Confucius – A journey of a thousand miles begins with a single step.
en om al die mooi gedagtes passend vir die dag af te sluit, hier is 'n foto van ons mooie Waterberge


Terugvervoer van my motorfiets

Ek het vandag die eerste kwotasie gekry om my motorfiets terug te bring Suid-Afrika toe. Dit bly bitter bitter duur. Met die Carnet de Passage moet die fiets egter terugkom, anders verloor ek die waarborg wat ek moes gee vir die Carnet.

Ek kon byna maar nog drie maande afgeneem het om die fiets terug te ry.

Groete

Wednesday, November 7, 2007

Nog 'n stukkie byvoeg

Ek gaan eers gou in Duits vir my Duitse vriende skryf.

Ich habe meine Pläne für die Motorradreise geändert bzw. ergänzt. Solch eine Reise muss einfach einen Start in Kapstadt haben. Deswegen werde ich das in zwei Etappen machen. Am 27. November starte ich mit dem Motorrad in Kapstadt, fahre nach Windhoek, dann ab in die Namib, und dann durch die Kalahari zurück nach Hause, wo ich am 6. Dezember ankommen soll. Dann, am 15. März, geht der 2. Teil der Reise los. Weshalb kann man nicht einen verfrühten Start haben, und später die Hauptreise? Bevor Ihr denkt, ich hätte nur Urlaub, ich muss beruflich zwei Tage in Windhoek sein, am 30. November und am 3. Dezember. Das ist also mit Arbeit verbunden :-)

Die meeste Duitsers weet van Kaapstad, maar as hulle Naboom hoor, vra hulle of dit naby Kaapstad is. Ek het nou besluit ek wil met 'n eerlike hart vir hulle kan sê, ja, ek het in Kaapstad begin met my toer. Daarom begin ek 27 November in Kaapstad te ry Windhoek toe, 'n dag se werk op 30 November, dan Namibwoestyn toe, terug Windhoek toe om vroegoggend op 3 Desember ons leerlinge daar te sien, en dan deur die Kalahari terug Naboom toe. Ek gaan dié afstand by my hele roete voeg, al was daar dan 'n aftydjie tussen die twee toere. Dit gaan 'n goeie kans wees om al my uitrusting te toets. Die meeste van die aande gaan ek dan ook wild buite êrens in die oopte kampeer.

Tuesday, November 6, 2007

Wysheid

Hierdie spreuk het ek nou ontvang.

You cannot travel the path until you have become the path itself” (A Buddha quote)

Plakkers en spreuke

Ek het die naweek in die Getaway by die redakteursbrief 'n mooi aanhaling gelees. Dit gaan oor reis en goed wees.

Gebeur dit nie met die meeste van ons dat ons tydens 'n reis vies word vir die grensbeamptes, die bankgesloer met geldwissel, geen bier in Soedan, ens?

Toe kry ek skielik 'n ingewing. Ek gaan plakkers (stickers vir julle wat aan klappers dink) maak wat ek op my fiets se brandstoftenk gaan plak. Elke plakker het 'n eie, mooi, reisverwante spreuk wat my die hele tyd daaraan moet herinner ek ry deur ander mense se land, deur lande wat anders is as myne. Dit gaan mooi wees om tydens die lang ure van ry so nou en dan af te kyk en een van die mooi spreuke te lees.

Miskien moet ek ook op die webblad 'n gedeelte inrig met mooi spreuke. As julle so iets wil stuur, laat ek dit kry. Bo aan staan vir my die plakker wat ek op bosmaat Johannes se Landcruiser gesien het: What a spade I've got in Jesus. Agter die plakker is 'n lang storie van hartseer maar veral ook hoop en berusting.

Groete vir eers

Saturday, November 3, 2007

Afrika oefening

Ek sit nou in Kaapstad in 'n internetkafee en toets hoe lank dit volgende jaar gaan neem om iets op die dagboek te sit.

Jy staan lank in 'n ry en wag om 'n rekenaar te kry.

Die rekenaar is stadig, ook die internetverbinding.

Maar ten minste werk dit en sal mens iets kan skryf.

Om hier uit te kom, was net so stadig. Baie ure in Johannesburg vertraag weens die Airbus vasval op die Kaapstad lughawe. Nou sit ek op die Kaapse stasie en wag vir 'n treintjie.

Afrika is opwindend sonder einde, die kleure, geure, die tempo.

Ek groet uit die Kaap.

Lodie