Saturday, May 17, 2008

My selfoon

Ek het vandag uitgestaan in die massa. Ek was eenvoudig spesiaal.

Ek was die enigste mens met nie 'n selfoon vasgeplak aan die oor of besig om 'n sms te tik nie.

Twee mense wil ek werklik op die skouer klop. My ou bosmaat Johannes wat vinnig seker gemaak het dat my simkaart gekanselleer word. Rina was die volgende reddende hand. Sy het vanoggend Autopage aangevat en toe sy uitstap, het sy vir my 'n nuwe simkaart gereed gehad. Ek gaan oor 'n week of wat die simkaart kry as ek in Italie aankom.

Baie dankie julle twee!

No comments: