Sunday, April 26, 2009

Puik! Hanlie Retief gesels met Christo Wiese

Ek het vanoggend een van die wonderlikste onderhoude in 'n baie lang tyd gelees. Dit is deur Hanlie Retief met Christo Wiese gevoer.
 
Hier is die skakel na die onderhoud.
 
 
Ek kan dink dat sy siening 'n paar mense kon irriteer het, want hy gaan teen die stroom ...

Interessante mense op my pad

Een van die interessante mense wat al my pad gekruis het het, is Johan Bakkes.

Dit was ver terug in Januarie 1995. Ek was met tuisverlof uit Duitsland. Ek het die kans gebruik om 'n draai in Zimbabwe te gaan maak.

In Vic Falls, naby die Wimpy, het ek die figuur, wat my eerder aan 'n boemelaar laat dink het, ontmoet. Hy het 'n lang gewaad aangehad, arms vol koperbande, verweerde groot hoed, en dan 'n bos hare en baard wat lanklaas 'n kam gesien het.

Ons vriend Ferdie het my aan hom voorgestel. Die boemelaar cum reisiger cum uiversiteitsdosent cum rekenmeester cum skrywer in wording.

Nou, veertien later later, lyk hy nog steeds so. Hy het etlike boeke al die lig laat sien. Hy slaag daarin om mans aan die lees te kry. En nou onlangs by 'n onderhoud het 'n seun vir my 'n aanhaling uit een van Johan se boeke gegee hoekom hy, die jongman, Duitsland toe wil gaan.

"Ek reis nie om te sien nie maar om te beleef."

Verlede Dinsdagaand by 'n boekbekendstelling naby Stellenbosch het ons paaie weer gekruis. Hy is binnekort weer op pad met 'n groep vriende. Die keer Indiƫ toe.

Ek sal in Soedan in die Nubiese woestyn een aand 'n beker rou Nylwater lig op hulle. Daar sal weer baie stories wees.

Tuesday, April 21, 2009

Achmat en Fowzia

Tydens my kort stop in Kaapstad met die FSA onderhoude het Achmat en Fowzia kom kennis maak. Achmat beplan 'n motorfietstoer oor Afrika volgende jaar. Ek was jaloers, het gewens ek was in sy skoene!

Sunday, April 19, 2009

Vandag 'n jaar terug

Vandag 'n jaar terug was die bloedigwarme dag tot by Khartoem, Soedan. Ek het die foto laatmiddag op die kampeerterein geneem.

Foto's van Calvinia Hantamhuis en die Knersvlakte

Die ontbyt by die Hantamhuis was na die vorige aand se rampspoedige aandete by Myl 240, uit die boonste rakke. Voor die groot bord kos het ek nog mieliepap gehad. Die swart voorwerpie op die bored is 'n skilpadjie (lewer in netvet).
 

Calvinia, die Hantamhuis

As jy beplan om Calvinia te besoek en lekker verblyf en etes soek, kontak Alta Coetzee by 027 341 1606. Nee, ek het nie verniet daar gebly nie, ek skryf dit uit oortuiging.

Saturday, April 18, 2009

Calvinia


Die wye vlaktes noord van Calvinia met die Hantamberge.


Kamele pas in hierdie gebied.


Eiesoortige Afrikaans.


Waar anders betaal mens net R 12.00 vir 'n roosterkoek met konfyt, 'n skaaptjop en 'n stuk skaapwors? Ek wil die jaar die Vleisfees einde Augustus hier bywoon.


My "outydse" kamer.


Die goed uit ons kinderjare.


Ja.


Die grootste posbus op ons planeet, 6.17m hoog. Links is die opening waar mens briewe kan pos.


Op die poskantoor se muur is hierdie ploegtoneel uit die 19de eeu.


Onthou julle nog hierdie muurversierings?

Friday, April 17, 2009

Kenhardt








Op my reis deur Suid-Afrika om al die FSA-aansoekers te sien, het ek laatmiddag op Kenhardt gestop. Ek was jare laas hier. Ek het baie dinge anders, beter, gesien as toe ek laas hier was.

In die Bike SA het ek van die hotel hier gelees. Eeton en Suzette Wickens is die eienaars en baie pro-bikers.

Ek kan enige een aanraai om hier te stop en oor te bly. Wat 'n heerlike aand het ek hier gehad! Ek hoop om in September terug te wees hier vir 'n aanbieding oor Naboom2Germany.

Eeton het verlede jaar net onder die 3 000 km op 'n 125cc bromponie gery om geld vir die plaaslike ouetehuis in te samel. Kyk op die foto na sy roete. Dit was 'n dapper poging!

Die kos was puik. Alle dames wat 'n goeie man soek, hier is baie jong boere in die distrik wat nog loslopend is. :-)

Bespreek vir jou 'n lekker naweek in die Kenhardt Hotel as jy wil wegbreek uit die stad. Die nommer is 054 651 0052.

Friday, April 3, 2009

Vrydag

Hierdie Vrydag 'n jaar terug was dit my swaarste dag van die hele toer ...
 
This Friday a year ago was the hardest day of my whole tour ...

Thursday, April 2, 2009

Een jaar terug ...

Op hierdie Donderdag een jaar terug het ek vir oulaas Mount Kenya (foto) gesien en toe die 560km na die Ethiopiese grens aangepak. Dit was hard. Twee dae later was ek in Ethiopiƫ.
 
Today a year ago I left Mt Kenya (photo) behind and started the hard section of 560km to the Ethiopian border. It was hard. Two days later I arrived at the border.

Wednesday, April 1, 2009

Vandag 'n jaar gelede ...

Vandag loop die herinneringe ver paaie. 'n Jaar gelede het 'n taxi my omgery toe ek deur Nairobi op na Isiolo toe was. Daardie aand het ek met 'n baie seer rug 'n entjie noord van Isiolo gekampeer.
 
Today the memories of a year ago run wild. On this day a year ago I was knocked down by a taxi while I was leaving Nairobi on my way to Isiolo. That night I camped with an aching back just north of Isiolo.