Tuesday, September 30, 2008

Ek rol in die vrede.

Goeie more!

Maandag ry ek weer langpad met die KLR. Ek gaan Nelspruit toe. Die radiostasie daar gaan die middag 'n paar "talk shows" oor Naboom2Germany opneem. Dit gaan blykbaar vir 'n paar Woensdae uitgesaai word. Wat 'n wonderlike kans om die lekkerte van so 'n toer met 100 000 mense te deel! Baie dankie aan André du Plessis wat dit georganiseer het!

Ek het begin skryf aan Naboom2Germany. Dis lekker. Maar dit gaan stadig ... Dit gaan maande vat om eers alles in rof klaar te hê. Dan eers begin die verfyning, verbetering. Maar intussen herleef ek alles weer van voor af, die lekkerte en ook die benoudheid.

Na dit wat ek begin September oor positiwiteit geskryf het, het ek interessante reaksies gekry. Ek het nou 'n maand dinktyd gehad. My alleenwees ervarings van my motorfietstoer help my om nog een gedagte oor positiwiteit te formuleer.

As dit reën en jy stap in die donderstorm in, gaan jou positiewe gedagtes nie keer dat jy nie sopnat gaan reën nie. Dis nie vir my positiwiteit nie. Dis sommer stupid wees. Positiwiteit is vir my wanneer jy 'n probleem voor jou sien en jy moet 'n keuse maak: Gaan ek probeer om die beter van 'n slegter situasie maak, of gaan ek in my hoekie sit en kerm oor die probleem?

Ek hou nie van "whine" nie. Dit het nog nooit vir my enige oplossing in my lewe gebring nie. Ek hou van doen. En ek doen omdat my instelling, selfs in negatiewe situasies, positief bly. En glo my, ook in my beroepslewe die afgelope 8 dae was daar danksy die Duitse Ambassade genoeg geleentheid om te "whine". Maar dan sou ons vandag nie 'n sentimeter nader aan 'n oplossing gewees het nie.

En ek bly steeds positief oor my wilsbesluit dat ek op hierdie stukkie Afrika-aarde wil bly, en leef, en geniet...

Monday, September 22, 2008

Back from Botswana

I am back from Botswana.

It was a great trip. However, quite often I realized that I had difficulties in adapting to people around me. It was so much easier speaking to only myself on the four months trip across Africa and Europe.

Everyone speaks about the planning of a long distance tour. What about the rehabilitation of the poor rider after such a trip? Any books written on that?

I had a number of interesting emails in my inbox from guys planning tours into Africa. Lucky people!! All I can say is GO GO GO!!! If I could do my trip all over again I would leave tomorrow!

This weekend I am going to start writing on my tour. I need to get it out of my system.

Have a great evening!

Thursday, September 4, 2008

My planne vir 2009

Goeie more!

Sondagoggend kwart oor drie het ek met die KLR die pad gevat O R Tambo Lughawe toe vir 'n vroegoggendvlug Durban toe. My gedagtes het teruggegaan na 'n ander oggend baie maande toe ek ook drie-uur begin ry het. Khartoem.

Die Khartoem-oggend was winderig. Daar was baie stof en sand in die lug. Toe die son na 'n paar uur begin opkom, was dit geel-wit en die lug rooi-bruin van die sand.

Verlede Sondagoggend was ook winderig. Daar was nog baie Kalaharistof in die lug na Saterdag se sterk Augustuswinde. So 40 km noord van Pretoria was 'n groot veldbrand. Die oostelike horison was een lang rooi gloed. Die wind het die rook oor die N 1 gewaai. Toe ek op die lughawe stop, het my ryklere na grasvuur gestink.

Wat 'n voorreg om motorfiets in Afrika te kan ry.

Ek is nou besig met 'n paar "bedelbriewe" aan groot maatskappye. Ek wil weer 'n toer aanpak.

Met my terugkeer van Naboom2Germany het die totale negatiewe instelling van so baie Suid-Afrikaners my geskok. Ek was nie meer daaraan gewoond nie. Ek was gevul met 'n positiewe geloof, in mense, oor die toekoms, oor die krag van God se genade.

Is dit nie nodig dat ons in Suid-Afrika die waarde van 'n positiewe uitkyk meer aan die groot klok begin hang nie? Het ons nie 'n beter kans om gelukkiger te word, en meer probleme op te los, as ons ons nie heeltyd teen probleme blind staar nie? Hoe kan ons as sogenoemde gelowiges in ongeloof leef en ons land "vervloek" deur heeltyd te sê daar is nie meer 'n toekoms nie?

Daarom sou ek graag vlg. jaar my alleenreis van Munchen, Duitsland, voortsit en oor Rusland en Siberie (deelteken) wou ry, deur moeilike terrein, en met elke dag se dagboekberig bewys dat ALLES moontlik is as ons positief dink, leef, doen.

Ek kan net dink: (Borg se naam) Naboom2Vladivostok - die toer wat bewys dat met positiewe gedagtes en energie alles moontlik is!

Dit gaan my toets word, die vind van 'n borg.

Groete!