Friday, May 2, 2008

Dag 2 in Aswan, Egipte


'n Paar weke gelede het ek 'n e-pos van twee vriende uit Oos-Londen, Corder en Laurette, gekry. Hulle sou in Egipte gaan toer en het my hul toerprogram gestuur. Ek was so bly om te sien dat my program en hulle s'n een raakpunt gehad het: 2 Mei in Aswan. Vanoggend vroeg was ek op die lughawe en kon ons mekaar sien. O ja, wat my gewig betref, ek het reeds meer as 10 kg verloor! Kollegas Lize en Suzanne, van nou af gaan ek elke jaar vir twee maande toer om my gewig mooi in lyn te hou! :-)

A few weeks ago I received an email from two friends from East London, Corder and Laurette. They were to tour Egypt and would like to meet me, if possible. To my greatest joy there was one possibility: 2 May in Aswan. Early this morning I was at the airport and met my two friends. Regarding my weight, I lost more than 10 kg up until now. My dear colleagues Lize and Suzanne, from now on I am going to tour every year for two months, just to keep my weight down. :-)



Die boot met my fiets het vanoggend in Aswan aangekom. Ek kon darem my fiets van die boot tot in die doeanegebied ry. Dit was so goed om die KLR weer te sien! Die naweek word my Limpopo nommerplaat met 'n Egiptiese nommerplaat vervang.

The pontoon with my bike arrived this morning. I was allowed to ride my bike to the customs area. It was so good to see the KLR again! This weekend my number plate will be replaced with an Egyptian one.

1 comment:

Anonymous said...

Hi Lodie

Hoekom Egiptiese nommerplate?

Groete uit Kroondal!!

Johan