Wednesday, October 31, 2007

For our German friends...

...I am going to do this entry in English.

Last Friday I started with all the vaccinations that I am going to need for next year. I can only but recommend the travel clinic at Jacaranda hospital in Pretoria. I left the clinic with plasters on both my arms. Fortunately I didn't have any bad side-effects of the vaccinations. This coming Friday I am back there for the next round.

Tomorrow is the 1st of November. Four and a half months left over. It is now definite: Two German friends are flying to Addis Abeba in April to meet me there and spend a few days with me, either in A A or on the road.

Thanks to all the contributions on the chat page. I have to mention Doróthee Moritz from Germany. She is learning Afrikaans and each time I am surprised to see how much she understands and speaks. The time is over that we can gossip in Afrikaans in her presence. :-)

Nou gaan ek soos 'n arme drommel wees wat aan niks gewoond is nie. Gaan winkel toe en koop die Wegbreek van November en blaai na bladsy 9 toe!

Groete tot die volgende keer.

Wednesday, October 24, 2007

Telkom Internet + Netcare Reiskliniek

Vandag is ek beswaard. Die rede se naam in Telkom Internet. Dit is die hopeloosste ISP (internet aanbieder) wat ek in my lewe ooit mee te doen gehad het. Hopeloos hopeloos hopeloos. Probeer om iemand by 10215 in die hande te kry wat kan verduidelik wat in daardie chaos aangaan. Tevergeefs.

Die teenpool is die Netcare Reiskliniek by die Jakarandahospitaal in Pretoria. Wat 'n vreugde om met sulke mense te werk! Vrydag is my afspraak by hulle vir my inentings. Na die diens wat Telkom Internet gee, is selfs inspuitings en inentings en wat nog, stroopsoet suiker in my bitter gemoed.

Wanneer tog word Telkom heeltemaal geprivatiseer sodat dit uit my oogveld kan verdwyn?

Ek gaan later 'n lys van adresse en telefoonnommers gee van plekke soos die ambassades, dié reiskliniek ens.

Wil iemand in die regering tog nie Telkom verkoop nie?

Monday, October 22, 2007

Die einde in sig ...

Dis nog net vier maande en iets soos drie weke voor die ry begin.

Ek het verlede week my laaste toerusting gekry wat ek gaan nodig kry. Nou nog net die visums en inentings.

Paar stukkies van die uitrusting wat my opgewonde maak, is o.a. 'n watersuiweraar van 570 gram wat tot 50 000 liter water kan suiwer. Ek weet baie sê mens kan bottel water orals koop, maar op 'n fiets kan mens net x getal bagasie saamneem. Verby is die vrees vir 'n maagkiem van miskien besmette water (ja ja, ek weet, niks is 100% veilig nie :-)

Johannes Cronjé, tegniese ghoeroe, bosvriend, filsosoof (ek sien party reistydskrifte beskryf mense so) het op 'n keer gesê ek reis "minimalisties". Dis waar. Ek neem relatief min goed saam.

Inspuitings en visums, eina1

Tuesday, October 16, 2007

Droom

Die naweek lees ek die volgende in Potchefstroom:

Droom asof jy vir altyd gaan leef. Leef vandag voluit asof jy vandag gaan sterf.

Dis waar.

Maak vandag jou besluit om te L E E F.

Thursday, October 11, 2007

In 'n naam lê die wonder opgesluit ...

Wat is in 'n naam?

Ek het vandag 'n tydjie afgeknyp om vir my 'n lys te maak van die SA ambassades van al die lande waardeur ek gaan ry. Terselfdertyd het ek ook 'n lys van al daardie lande se ambassades in Pretoria gemaak, met adresse, telefoonnommers ens.

Watter ambassade draai die mooiste naam?

Embassy of the People's Bureau of the Great Socialist People's Libyan Arab Jamahiriya

Dit is vir Libië.



(Bettina, in English, only for you)

What lies hidden behind a name?

I took a few minutes off today and compiled a list of the SA embassies in those countries, through which I am going to travel.

Simultaneously I compiled a list of street addresses of the embassies in Pretoria of those countries.

The following name sounds like music in the ears of a traveller:

Embassy of the People's Bureau of the Great Socialist People's Libyan Arab Jamahiriya

That is the Embassy of Libya.

These strange sounding names is like a Lorelei, waiting to seduce the traveller.

Wednesday, October 10, 2007

My kaartjie huis toe ...

Ek het vandag die bevestiging vir my terugvlug volgende jaar vanaf Duitsland gekry. Dit was 'n lekker gevoel toe ek dit op die rekenaar stoor met die naam "My kaartjie HUIS TOE".

Die gevoel begin al hoe meer insink dat die droom nader aan werklikheid word. Dit is vasgevang in een enkele papierbladsy met 'n verwysingsnommer daarop: een enkelkaartjie FRA - JNB op 14 Junie 2008.

Enkelkaartjie - ek moet op eie stoom by Frankfurt Lughawe aankom ...

Ek moet dus voor 14 Junie 2008 daar wees anders gaan die vliegtuig vir my wegvlieg!

Bettina, fuer Dich auf deutsch :-)

Ich habe heute die Flugbestaetigung fuer meinen Flug zurueck nach Hause erhalten. Einzelflug. Kein Rueckflug. Das war ein schoenes Gefuehl, als ich die Reservierungsnummer im PC speicherte. Ich waehlte den Namen "Mein Flugschein NACH HAUSE".

Der Traum wird immer mehr Realitaet.

Ich muss also vor dem 14. Juni da sein, sonst fliegt mein Flieger ab und laesst mich zurueck.

14. Juni FRA - JNB, nach Hause.

Thursday, October 4, 2007

Tweede keer suksesvol


Ek het die foto met die vorige inskrywing probeer laai, sonder sukses. Nou het dit gewerk.

Foto-toets

Dit was 'n laatmiddag by Tau pan in die Sentraal Kalahari, Botswana. Een van ons Duitse gaste, Anja Lubbe, het die foto van my geneem waar ek sit en droom oor volgende jaar se toer.

Baie interessante berig en foto's

Ek het van my ou bosvriend Johannes die volgende link gekry:

http://www.advrider.com/forums/showthread.php?t=255953

Dit was vir my totaal fassinerend om die egpaar se reisberig te lees en veral na hul foto's te kyk. Dit het my weereens laat besef daar is soveel interessante mense wat net so interessante reise doen, en danksy die moderne tegnologie kan 'n mens al hoe meer daarin deel.

Ek het gisteraand in die nuwe WEGRY die berig van Johan Badenhorst se ekspedisie Kilimandjaro tot Kaïro gelees. Hulle beskryf die pad noord van Marsabit in Kenia tot by die Ethiopiese grens as die slegste pad in Afrika, gevaarlikste met struikrowers, ens.

Ek was verras om te lees dat hul nie hul reis met hul voertuie kon voltooi nie omdat hulle voertuie nie in Egipte toegelaat is nie. Hulle moes met die trein Kairo toe ry om die reis te voltooi. Ek kon nie mooi agter die kap van die byl kom wat die probleem was met hul Carnet de Passage was nie.

Droom + burokrasie = dikwels 'n verpletterde droom

Groete

Wednesday, October 3, 2007

Afrikakoors

Vanoggend lê ek in my bed en dink aan die baie dae wat ek in Kenia, Ethiopië, Soedan en Egipte kan mors as ek daar elke keer 'n week of wat moet wag vir 'n visum vir die volgende land.

Wat is die alternatief?

Ry 'n week of twee vroeër :-)

Sal dit nie heerlik wees om reeds 1 Maart in die pad te val nie? As 'n mens 'n rede soek kry mens ook altyd 'n rede.

Dus, ek oorweeg om nou al 1 Maart in die pad te val.....

Tuesday, October 2, 2007

Meer oor visums

Ek het uit Londen van Elana Swart die volgende "link" oor Soedanese visums gekry.

Interessant.

http://www.geekeasy.com/travel/journal/addis_ababa3.shtml

Gaan kyk hoe lyk burokrasie.

Groete

Monday, October 1, 2007

Visums, visums, visums

Oor vyf en 'n half maande is ek op pad.

Ek het vandag begin met die inligting wat alles nodig is vir visumaansoeke. Burokrasie sonder einde.

Die visum vir Soedan is net geldig vir 'n maand vanaf uitreiking. 'n Maand voor ek Soedan ingaan, is ek êrens suid van die ewenaar. Hoe op dees aarde gaan mens dit doen? Miskien in Ethiopië aansoek doen?

Ethiopië wil oorspronklike kopieë (???!!) van die voertuig registrasiesertifikaat hê. Ek neem aan dit is seker gewaarmerkte afskrifte.

'n Interessante tyd lê voor. Ek voel dit. Irriterend ook. Ek het juis so 'n lae irritasiedrempel as ek die woord V I S U M hoor.

As enige iemand ervaring het met dié dinge, skryf asb. raad!