Tuesday, June 10, 2008

Waar is die KLR nou?

More uit 'n heerlike warm Duitsland!

Wat gebeur nou met my en die KLR?

Ek het gister bevestiging gekry dat die KLR op 6 Julie Suid-Afrika toe vlieg. Die LTU-aanbod vir vlieg was goedkoper as per skip, maar dit bly nog steeds BAIE geld!

Ek is vandag en more besig met die papierwerk vir Rusland. Ek moet tot 'n oorspronklike uitnodiging in Russies by my he. Dankie Rina vir al die massa inligting wat jy vir my oor die Russiese Immigrasie en Doeane gestuur het.

Donderdag word die KLR gediens en kry hy 'n nuwe voorband. Ek ry nog steeds op die oorspronklike agterband!

Vrydag pak ek die fiets en kry alles gereed, gaan weer deur die roete, dokumente, padkos, my Russiese taallesse, en dan vat ek die pad. Ek behoort so teen Woensdag op die laaste by die Russiese grens aan te kom. Ek hoop om Donderdag die Amber Room te kan sien.

Marlene du Preez uit Ierland het nou vir my geskryf. Sy was 'n week of twee terug daar en sy skryf die Amber Room was werklik baie mooi. 'n Mens mag net nie foto's binne neem nie. Ek sal 'n plan moet maak ...

Ek sien so uit na die lang dae op die KLR! En dan nog die pad vanaf die Kaap terug Naboom toe! Skaaptjops onderweg. Spek en eiers! Karoogasvryheid!

En wie sal my dan ooit glo dat die fiets pas terug is van oor Afrika tot in Rusland?

Groete!

No comments: