Tuesday, June 10, 2008

Hoe bescheuert kan 'n forex-afdeling tog wees?

Vir die wat nie Duits ken nie, gaan soek gerus die woord "bescheuert" op. Dis nie juis 'n kompliment nie.

Ek loof nog altyd die FNB-tak op Naboom en veral vir Mariaan daar wat vir FNB goud werd is. Mense, om met haar te werk, is om Eerste Wereldstandaarde te ervaar!

Maar nou gee haar bank se Forex-afdeling my grys hare. Dit het NIKS met Mariaan te doen nie.

Ek het die bank versoek dat die KLR se vervoer terug SA toe hier in Duitsland betaal word. Die geldjie is daar en moet net omgesit word in Euro.

Ek het die faktuur aangeheg.

Toe laat weet Forex hulle wil 'n rekening in Engels he.

Getalle in Engels? Ek sou selfs 'n rekening in Frans of Spaans kon lees. Forex wil 'n rekening in Engels he!

My antwoord aan hulle was minder vleiend.

Toe kom die hamer. Forex wil nou 'n bewys he hoe die KLR in Duitsland gekom het!

Ek wonder of die vuil servet uit Addis Ababa voldoende sal wees?

Of miskien die klippie wat ek langs die Nyl in Egipte opgetel het?

Of die klippie van die Meer van Galilea In Israel?

Of
Of
Of

Nou soek ek raad van julle intelligente mense by die huis. Hoe bewys ek vir Forex van FNB hoe die KLR in Duitsland gekom het?

Ek sal nou die vraag van FNB-Forex op die nr 1 plek sit van dom vrae aan my. Tot dusver was die domste vraag die volgende een:

Toe ek verlede Sondag in Langenselbold aangekom het, die amptelike einde van Naboom2Germany, neem Gunther en Rosi my uit vir ete die aand. Daar vertel hulle trots vir die mense hoe ver hul vriend uit Suid-Afrika met sy motorfiets gery het.

Ook die kelnerin was hoogs beindruk.

Toe vra sy: Ry u vanaand na ete weer terug huis toe?

Geluk FNB-Forex, julle vraag is die nuwe nr. 1.

Hoe bewys ek hoe my motorfiets in Duitsland gekom het?

2 comments:

DoMo said...

Problemlösung:
1. du schickst ihnen einen Link deiner website!
2. du lässt dich vor dem KÖLNER Rathaus fotografieren!
Sorry für die deutsche Bürokratie!
Schöne, unproblematische Reise nach Petersburg und Jekatharinenburg!
Grüße

Anonymous said...

Hey Lodie!!!

Ongelukkig het ek geen antwoord vir jou motorfiets nie, maar ek wil net weer BAIE dankie se vir die lekker kuiertjie!! Jy is die naaste aan familie wat ek hier het en die kuiertjie het my sommer weer moed gegee vir die paar maande wat voorle tot ons trippie in Botswana. Na al die foto's en mooi ervarings wat ek by jou gehoor het is ek nou meer as 100% gereed vir die bos en kamp en tent opslaan!

Ek mail jou later weer...ek is besig by die werk en kom laat by die huis! Ek het nog mooi foto van jou an Anja wat vil stuur!

Groete vir Anja...hoop jy kom reg met die bewys!

Minette