Wednesday, June 25, 2008

Ek begin nou al selfs te droom



Ons het vanaand lekker in die reen gebraai / We had a braai tonight, despite the rain.


Die Suid-Afrikaanse vlag hang nog steeds bo die Duitse vlag in Langenselbold. / The South African flag is still hoisted in Langenselbold.


Ek voel soos die blommetjie op die voorgrond. Pap. / I feel like the flower in the foreground. Not so fresh.



Vanaand speel Duitsland teen Turkye in die semi-finaal van die Europa Kampioenskap. Vlae hang orals en 'n karnavalstemming heers dwarsdeur die hele land.

Ek het nog net 5 en 'n half rydae in Duitsland oor tot ek die fiets in Munchen afgee.

Ek begin snaakse drome te droom. Al my drome gaan oor Afrika. Laasnag het ek gedroom ek ry die laaste ent huis toe en orals langs die pad staan van die mense wat ek dwars oor Afrika ontmoet en wat op my 'n groot indruk gemaak het. Daarby het ek 'n groot heimwee ondervind na paaie en mense wat ek miskien nooit weer gaan sien nie.

Dis die sekere teken dat Naboom2Germany my lewe onherroeplik aangeraak en verander het.

Ek het oorweeg om miskien met die Trans-Karoo terug Johannesburg toe te ry nadat ek die fiets in Kaapstad gekry het. Ek het nou finaal daarteen besluit. Ek gaan die laaste 1 700 km huis toe ry. Ek sien uit na skaaptjops in die Karoo, spek en eiers soos net ons boeremense dit kan maak, roosterbrood op die stoof gemaak, en mieliepap. Regte mieliepap met melk en suiker. En elke aand, tot ek by die huis aankom, gaan ek vir oulaas oor die dag se ry op die webblad skryf.

Ek rek die lekker uit totdat dit nie meer uitrekbaar is nie.

Nou gaan ons sokker kyk.

Tonight Germany plays in the semi-final of the European Championships against Turkey. One sees German and Turkish flags everywhere. The atmosphere is laden with anticipation.

I have only five and a half days of riding in Europe left over before handing in the bike in Munich.

I have been dreaming strange dreams recently. All the dreams were about Africa. Last night I dreamt I was riding the last few hundred kilometers home. Next to the road were people standing, people that I have met during my tour and who made a big impression on me. I had a sad feeling of saying finally goodbye to those people and roads that, most probably, I would never see and travel again.

That is the best proof that Naboom2Germany touched and changed me in many ways.

I considered going back home from Cape Town by train, the Trans-Karoo, but decided against it. I am going to ride home the last 1 700 km. I look forward to Karoo lamb chops, bacon and eggs as only our people can make it. I look forward to the smell and taste of toast made on a stove, and maize porridge, mieliepap, with milk and sugar. And each night I am going to write about the day's riding...

Do you get the impression that I am stretching everything? It is true. I do stretch every minute and second left over.

Now we are going to watch soccer.

Have a great evening!

No comments: