Wednesday, June 18, 2008

Letland - Woensdag se foto's


Onthou julle Prinses, 'n inskrywing van baie maande terug? Ek hou nou intens die ooievaars dop, en hier is baie, en baie wat broei met kleintjies in die nes.

Do you remember the post about Princess many months ago? Now I am watching the storks with big interest. Here are many, and many nests with small ones.


Na die grensteleurstelling het ek letterlik die grondpaaie gevat en net gery, doelloos en geesloos.

After the big disappointment at the border I took the gravel roads and rode, without aim or purpose.


Ek is beloon met hierdie gesig. Dit is 'n baie afgelee gebied. Hierdie vragmotor met kruideniersware ry van dorpie na dorpie en verkoop die goed langs die pad. Ek kon eers nie verstaan hoekom ou tannies in die lang gras of onder die bome net gesit en wag het nie. Die dametjie hier voor het met haar man en dogtertjie op 'n klein motorfietsie gekom.

I was rewarded with this sight. It is real outback here. This truck goes from village to village and sells groceries to the people waiting next to the road. That explained to me the many old ladies sitting in the grass or under trees, waiting. The young lady in front came with her little daughter and husband, all three on one small motorcycle.


Sy verkoop en bestuur die trok.

She sells and drives the truck.


Heelwat later die middag. Hierdie twee is Russe, deel van die Russiese minderheid in Letland. Hy wou pertinent met sy hand op die windskerm staan. Wie redeneer met 'n man wat so 'n byl vashou?

Many hours later. These two are Russians, part of the Russian minority in Latvia. He was determined to keep his hand on the fairing. Who argues with a man carrying such an axe?


Hul pel was so gekletter hy kon skaars staan. Hy wou afgeneem word met my sonbril op, helm en handskoene in sy hand. Wie redeneer met 'n dronk Rus as sy vriend 'n groot byl vashou?

Their friend was gone, although he was still with them. He demanded to be photographed with my glasses on, helmet and gloves in his hands. Who argues with a drunk if his friend is carrying an axe?


Hier het ek klassieke potretfoto's geneem. Dit is die nuutste Mooiloop wat sy deurblaai.

This was a photographer's paradise. I took many photographs. She is paging through the latest Mooiloop.

1 comment:

Anonymous said...

Naand Lodie,
Dis jammer en teleurstellend van Rusland, maar dalk moet jy ‘n bietjie van die wereld los vir meer Naboom2? reise wat voor le. Geniet en voorspoed met die kilometers van N2G wat oorbly. Groete