Tuesday, June 3, 2008

Naboom2Germany is verby, lank leef ...

Ek het laasnag sleg geslaap. Alles gaan om wat nou verder gebeur.

Ek het tans die keuse tussen my fiets nou na Suid-Afrika terug te bring teen 'n werklik belaglike prys, of eers in Julie wanneer daar meer vlugte is en die prys die helfte goedkoper is.

As ek nie vandag, Woensdag, 'n beter aanbod kry as dit wat ek reeds het nie, gaan ek en die KLR die pad vat en verder ry. Waarheen? Daar is twee moontlikhede.

Die een moontlikheid se visum is eers geldig vanaf 17 Junie. Ek het dus nog genoeg tyd.

Die kanse lyk eerder beter as slegter dat ek binnekort weer op pad gaan wees en nuwe streke, mense, reuke, burokrasie en kosse gaan leer ken.

Anita, was dit nie lekker om gister lentefoto's te sien met GEEN KLR in die middel van elke foto nie? Ek kan net dink hoe dit jou gevoel vir die estetiese moes ly terwyl jy die baie fietsfoto's moes sien. :-)


Naboom2Germany is dead and over, or isn't it?

I had a bad night last night. It is all about what is going to happen from now on until my return to South Africa.

If I want to send the KLR back to South Africa now it will cost me more than double of what it would cost should I do that during July. There are more flights then, resulting in lower fares.

If I don't get a better quote until the end of today, Wednesday, I am going to continue riding. Destination? There are two exciting possibilities.

My visa for the one possibility starts only on the 17th June. So I have more than enough time.

The chances are better than worse that soon I will start discovering again new regions, people, cultures and foods.

Anita, wasn't that great seeing the spring photographs without a KLR in the middle of each photograph?

No comments: