Friday, June 20, 2008

Die grondpad is soos medisyne vir die gees.

Naand!

Toe ek vanoggend weg is uit Riga was ek taamlik geirriteerd oor die e-posse en omdat ek nie die webblad kan opdateer nie. As ek so voel, help net een ding: Grondpad en woude en vlaktes en alleen wees.

Ek het van die teerpad afgedraai en binne minute was ek weg in die Letlandse taiga en toendra. Die een perdeplaas na die ander het langs die grondpad gelê. Toe ek in die woud gekom het, het die bome soms die bewolkte hemel bo toegemaak. Groot stapels boomstompe het langs die pad gelê, met hul eiesoortige reuk.

Ek het by die dorpie Vecumnieki gestop. Op die lande het vroue gewerk. Ek het nader gestap. Dit was aartappels, uie, ertjies, aarbeie. Groot soet aarbeie. Ek het sommer dadelik 'n klompie persent gekry om daar op die land te eet. Die een vrou wou vir my 'n houertjie saamgee maar dit was onmoontlik op die fiets.

Hulle vrolikheid het my beneuktheid omgedraai in 'n groot vreugde om daar te kan wees, om daar te ry en 'n lewe te ervaar waarvan ons so bittermin weet. Ek het aan die houtkruisie geraak en dankie gesê.

Letland het oor die laaste paar dae stadig maar seker in my siel ingekruip. Die ongelooflike groen en vrugbaarheid van die grond laat my aan die paradys dink. Hulle markte is vol van die mooiste vrugte en groente. En die belangrikste, hulle is nie bang vir werk nie.

Dit was erge sinkplaatpad maar die KLR het oor die hobbels gevlieg en ek het 'n baie lekker rit gehad.

Teen laatoggend het dit begin reën. Reën soos in sop, sopnat reën. Ek het vir meer as vyf uur so gery. As jy eenkeer nat is, dan is dit nie meer belangrik hoe lank mens op die fiets sit nie.

Ek is verby 'n vliegveldjie waar 'n klompie Mig's uitgestal staan, Mig 21 en 23"s. Dit was goeie Russiese vegvliegtuie.

Rusland is nie meer vir my 'n verlies nie. Letland, Litaue en Pole is so 'n nuwe ontdekking vir my. Ek sal graag wil terugkom eendag.

En die KLR ry en ry en ry. Ek raak by die dag net liewer vir die fiets.

Lekker aand!


Good evening!

As I left Riga this morning my bad mood about the emails and the website that I cannot update hadn't settled down. Then only one thing helped: Gravel road, forests, green fields and no people around me.

II swung the KLR from the tar road and within minutes the Latvian taiga and tundra swallowed me. I rode past horse farms. Then in the forest big tree trunks were lying next to the track with that typical wood smell in the air.

I got to the village Vecumnieki. On the fields women were busy working, bent down, hard manual labour. I stopped and walked to them. On the fields were onions, potatoes, peas and strawberries. Big red sweet strawberries. The one lady immediately offered me strawberries, which I ate just there. The offered me a little basket full of strawberries, but is was impossible to take it with on the bike.

Their cheerfulness put my own bad mood to shame. I realised again how privileged I am to experience a country and a lifestyle we know so little about. I touched the wooden cross at the handlebar and said thank you.

The track was badly corrugated but the KLR flew over the ruts and I had a wonderful ride.

Then it started raining, pouring rain that got all my clothes wet. I rode for more than 5 hours in the rain. When one is wet then time doesn't play a role anymore. One cannot get wetter than wet.

I rode past an airfield where Mig fighter aircraft were exhibited. There were Mig 21 and 23's. Those aircraft were brilliant Russian fighter aircraft.

What can I say about the KLR. It just goes on and on and on.

Enjoy your evening!

No comments: