Thursday, July 31, 2008

CMA Bikers' Church

Woensdagaand het die CMA klub van Naboom my na hulle tweeweekliks byeenkoms uitgenooi in die Lighuis in Naboom. André Joubert het die aanvoorwerk gedoen en alles baie goed georganiseer.
 
DIE KLR is in die kerk ingestoot tot reg voor in die middel. Een ou het tong in die kies opgemerk die fiets het 'n "diens" nodig gehad. Kerkdiens of spanner diens? :-)
 
Toe ek my fiets vir die byeenkoms gepak het, het ek net geweet: Ek self moes die fiets met gipsarm en al soontoe en terug ry. Dit was dom. Vanoggend is die arm seer.
 
Dit was so moeilik om vier maande se hoogtepunte binne 48 minute saam te vat. Die 48 minute het toe twee uur geword. Jammer vir die lang sit ouens!
 
My boodskap, geformuleer uit my ervaringe in Afrika en gemeet teen die huidige gees in Suid-Afrika, was:
 
1. Glo!
2. Wees positief en blymoedig.
3. Rassisme kom direk van die duiwel.
 
 
The local CMA chapter of Naboomspruit invited me to their bi-weekly meeting in the Lighthouse in Naboom. André Joubert organised it and we all (I assume) had a blessed evening.
 
Tey pushed the KLR into the church and put in diectly in front of the pulpit. One guy mentioned that the bike was there for a "service". Church service or spanner service? :-)
 
As I fitted the panniers I realised that I HAD to ride the bike to the meeting and back again, arm in plaster or not. It was a stupid decision. My arm is hurting this morning.
 
I am struggling to fit in the experiences of four months into 48 minutes. The 48 minutes turned into two hours. Guys, I am sorry that you had to sit and listen me out.
 
My message, based on my experiences in Africa and on the situation in South Africa, was:
 
1. Keep your faith!
2. Stay or become positive again, have joy.
3. Rascism comes from the devil.

Tuesday, July 29, 2008

Ek sukkel nog steeds

Goeie more!

Ek sit en tik met die een vinger van my linkerhand. Dis moeilik met die gips aan die regterarm. Het jy al probeer tandeborsel met links as jy regshandig is?

Direk regs van my hang die foto van die KLR in die woestyn in Soedan. Elke opkyk is 'n ontsnappingsvlug.

Vanoggend land kollega Lize van Duitsland. Dan sal ek minder sukkel in die kantoor. Welkom terug Lize!

Helfte Januarie tot helfte Februarie het ons 'n maand verpligte FSA verlof. Ek dink dan aan kleinpaadjies ry: Noord-Kaap, Oos-Kaap. Wie ken die kruidenierswinkeltjie in Noenieput? Loch Maree? 'n Nag in die tentjie op Verneukpan? Lekker kronkelry tussen die ou sendingdorpies soos Wuppertal, Genadendal. Baviaanskloof. Laas toe ek daar was het ek 24 uur aan die 160 km gery. Die keer wil ek nog langer ry. En sommer weer in die Hel gaan kuier. Ek wonder of Nieu-Bethesda nog so ongerep is soos baie jare terug.

Daar is soveel stories in die pragtige land van ons.

Wie ken 'n pragtige klein dorpie ver weg van alles en wat 'n mooi storie het? Skryf vir my!

Sunday, July 27, 2008

Long Way Down

As julle DSTV het, kyk bietjie Sondagaande na kanaal 260. Long Way Down word om 21:00 uitgesaai. Dis Ewan McGregor en Charley Boorman se motorfietstoer van Skotland na Kaapstad toe.

Friday, July 25, 2008

Blitsvinnig

Dit was vinnig Donderdagoggend het ek die spesialis in Pretoria gaan sien oor my beseerde arm, en Donderdag laatmiddag is ek geopereer. Die spier is geheg en ek glo dat my arm vinnig gaan herstel. Net die gips maak dit moeilik. Ek sukkel om met links tande te borsel.

That was quick. I went to see the doctor Thursday morning, and late Thursday afternoon he oprated my injured right arm. Everything went well and the torn muscle was fixed. The whole arm is in plaster. I struggle to brush my teeth with my left hand.

Ek het vir my pa ook 'n vergroting gegee van die foto wat ek Maandag in die kantoor gaan ophang. Die woestyn in Soedan sal my lank bybly.

I gave my father an enlargement of the photograph that I is going to decorate the office wall in Naboomspruit. The desert in the Sudan will remain with me forever.


Video greep: In Pole het 'n kameraspan van MotoRider.tv op my afgekom en 'n kort onderhoud gedoen. Die dame het vir my nou 'n skakel na hul webblad met die onderhoud gestuur. Jy het 'n taamlik nuwe weergawe van Flash Player nodig om dit te kan speel.

Video clip: While in Poland a camera team of MotoRider.tv met me by chance. They did a short interview wih me. The lady sent me a link to their website with the interview. You need a recent version of Flash Player to play the clip.

Wednesday, July 23, 2008

Ek voel goed

Middag!

Ek is al byna twee weke af van my fiets. Dit het 'n tydjie gevat om gewoond te raak aan alles.

Ek voel opgewonde. Ek voel of ek binnekort kan besluit oor die vlg. toer. Geloof.

More is ek by twee spesialiste in Pretoria. Miskien het julle opgemerk dat ek op 'n paar foto's altyd 'n verband om my regtervoorarm gehad het. Dit was 'n besering wat nou aandag moet kry. En dan het die son ook bietjie skade aangerig en moet die een spesialis daarna kyk.

Ek het nie so goed soos die KLR gevaar nie. :-)

Volgende week hang ek bo die deur in die kantoor 'n vergroting van my fiets in die woestyn in Soedan. As ek opkyk van my lessenaar gaan ek direk in die foto vaskyk. Soedan ...

Volgende Woensdagaand praat ek die eerste keer oor my toer, en doen 'n skyfievertoning, hier in Naboom. Dan die 2 Augustus by CyTech. Ek sien uit daarna.

Groete!

Saturday, July 19, 2008

Loftus vir Jesus - Daar is hoop!

(English below)


Pretoria, 19 Julie 2008

Probeer jou dit voor te stel.

71 000 mense sing die Onse Vader sonder begeleiding.

Angus Buchan wat uit sy siel en hart preek en smeek mense moet begin te glo en nie in wanhoop vergaan nie.

Angus Buchan wat mense smeek om nie van probleme weg te hardloop nie. Jou probleme emigreer met jou.

Die visioen van 'n land wat op die punt van 'n groot herlewing staan, as ... ons ons ongeloof in geloof verander.

Die DVD van die byeenkoms, wat wereldwyd op televisie uitgesaai is, is by www.merchantmusic.co.za beskikbaar.

Ons land het nog 'n kans. LEEF positief en met GELOOF.


Pretoria, 19 July 2008

Try to imagine the following.

71 000 people singing The Lord's Prayer without music accompanying the singing.

Angus Buchan, bringing a clear message that there is HOPE, but only if we in live in FAITH and not in despair.

Angus Buchan, speaking in a clear voice and with conviction, begging the people not to run away from their problems because the problems will follow them, wherever they go.

There is hope for South Africa, but then we have to stand up and LIVE in FAITH. That may the last chance for South Africa.

The DVD of the prayer meeting, which was televised wordlwide, can be ordered from www.merchantmusic.co.za.

Nothing is impossible. We have to LIVE in faith. We have to stay positive!

Friday, July 18, 2008

What was the purpose of Naboom2Germany?

Don’t read any further if you don’t feel like reading something with a deeper meaning.

Good day!

I often asked myself why I wanted to do a tour like this. The reasons at the time of my departure are still valid today.

Many thoughts haunted me over the past couple of weeks and I truly believe something else, new, will be come forth from my tour.

My love for South Africa and Africa forced me to go on this crusade.

The time has come that we as white South Africans become positive again.

Africa was good to me. In Africa I experienced more friendliness, hospitality and non-racial behavior than I ever could have imagined. People, and not necessarily their governments, are in essence good. The exceptions are exactly what the word means:

E X C E P T I O N

Why must it be different in South Africa?

We have an enormous crime problem. I don’t know the solution but as a Christian I know what may be one of the roots of the problem: Our disbelief and negativity while we claim to be Christians.

It is true that what we think, talk and do, comes back to us. If our hearts are filled with disbelief, pessimism and hopelessness, why shall we encounter anything else than bad things?

If I had believed that, while traveling across Africa alone, I would have been robbed or attacked I surely believe it would have happened.

My expectation was different. I blindly trusted the Lord in every day’s journey and I left it all in His hands. I did not ask that nothing bad would happen but rather that whatever would come my way I would be strong enough to handle it and find a solution. (How boring would have been the journey if nothing trying had crossed my path?)

The Power of Positive Thinking. Think “win” and you’ll be better off. Think “lose” and you don’t need to start any project.

Are we not binding the power of God by waking up with a negative spirit, by talking negatively, by expecting only the worst? I know if you are not a Christian, and I respect your convictions, this message may be irrelevant. I will rather hope the opposite. And, if you are a Christian or a believer how can we preach the Word of God but with our minds and our deeds betray it as we believe there is no future for us in South Africa?

Of course we can and must talk about crime and about the run-down state of cities, towns and hospitals. We may express our dissatisfaction, but if God exists how can we decide on His behalf that everything is lost?

I don’t like the idea of walking around, preaching, with the Bible under the arm, and I surely don’t want to do that to you. My experiences on Naboom2Germany force me to cry out now: There is Hope! Things can change! Human beings are good!

Don’t undo God’s works with disbelieve, hopelessness and by resignation. He is not a burglar and if a country declares, by means of its disbelief, God as not capable of performing miracles, then we will surely lose everything.


You have to believe AND live accordingly.
You have to search for the positive. It is there.
Become happy again.
Disregard any negative thought that may cross your mind.
Rely on God in totality and not on your own insights, perceptions or even neighbor’s silly chatter.

I would much rather fight crime this way than leave this wonderful continent.

(Should it happen that I am murdered in this country then my life up to then would at least have been filled with hope, peace and joy)

(Johannes Cronjé sent me this transaltion in English. Thanks pal!)

Wat was die doel van Naboom2Germany?

Waarskuwing: As jy nie lus is om nou iets diepers te lees nie, moenie verder lees nie.

Goeie more!

Voor die toer het ek aan baie redes gedink hoekom ek so 'n toer wou doen. Daardie redes is vandag nog geldig. Sedert die laaste paar weke het baie gedagtes in my kop begin spook. Ek glo iets anders gaan nog uit die toer voortspruit.

My liefde vir Suid-Afrika en vir Afrika en my geloof dwing my om op dié kruistog te gaan.

Dit is tyd dat ons as wit Suid-Afrikaners meer positief begin word. Dit is die boodskap wat ek wil begin uitdra.

Afrika was goed vir my. In Afrika het ek meer vriendelikheid, gasvryheid en nie-rassigheid ervaar as wat ek ooit kon dink. Die mens, vergeet van sy regering, is goed. Die uitsondering is dit wat die woord beteken:

U I T S O N D E R I N G.

Hoekom moet dit in Suid-Afrika anders wees?

Ons het 'n reuse misdaadprobleem. Ek weet nie wat die oplossing is nie. Ek as Christen weet egter wat deel van die probleem, oorsaak, kan wees.

Dit is mos so dat wat ek en jy dink, praat en doen, dit kom na ons toe terug. Is ons harte swart van ongeloof, pessimisme en wanhoop, hoekom sal iets anders na ons toe terugkom?

As ek stoksielalleen deur Afrika sou gaan ry het met die verwagting dat ek êrens beroof sou word, oorval sou word, glo ek dat dit sou gebeur het.

My verwagting was anders. Ek het elke dag se ry aan die Here gegee en hom blindelings vertrou. Nie dat niks met my sal gebeur nie, maar eerder dat ek alles sou kon hanteer wat op my pad sou kom. (Hoe "boring" sou die reis nie gewees het as daar ook nie swaar gewees het nie!)

The Power of Positive Thinking.

Bind ons nie die Krag van God met ons negatiewe opstaan, negatiewe praat en negatiewe verwagtings nie? Ek weet, as jy wat hier lees nie 'n Christen is nie, respekteer ek jou siening en gaan dit wat ek skryf, nie vir jou sin en saak maak nie. Maar as jy 'n Christen is, dan vra ek jou: Hoe kan ons in die Woord van God glo en met ons gedagtes en dade dit verloën asof alles onherroeplik verlore, verby is?

Natuurlik kan ons oor misdaad praat, oor die agteruitgang van stede en dorpe en hospitale en wat ook al, ons kan ons ontevredenheid uitdruk, maar, as God bestaan, hoe kan ons namens Hom besluit alles is verlore?

Ek hou nie daarvan as iemand, Bybel onder die arm, heeltyd loop en preek nie, jammer. Ek wil dit ook nie met jou doen nie. My ondervindinge van Naboom2Germany laat my egter dit uitskeeu: Daar is hoop! Dinge kan verander! Die mens is in wese goed!

Moet net nie God se werke ongedaan maak met ongeloof, wanhoop, boedel oorgee nie. Hy is nie 'n inbreker nie, en as 'n land deur sy on-geloof God as tot-geen-wonderwerk-in-staat verklaar, dan gaan ons alles verloor.

Glo.
Soek iets positief.
Word weer bly.
Verwerp enige negatiewe gedagte.
Vertrou God volkome, en nie jou eie insigte, persepsies en bure se gejammer nie.

Ek sal eerder op dié manier misdaad beveg as om pad te gee van hierdie wonderlike kontinent.

(En sou ek in hierdie land vermoor word, dan was my lewe tot daar ten minste met hoop, vrede en vreugde gevul gewees)

Thursday, July 17, 2008

Peter en Tessa se tuiskoms in Holland

 

Peter en Tessa is terug by die huis

Middag!

Kan julle nog die pa en dogter uit Nederland, Peter en Tessa, onthou?

Ek het nou van Peter 'n e-pos gekry. Hulle het Sondag 13 Julie veilig by die huis aangekom. Hulle was van verlede September op pad oor Wes-Afrika na Suid-Afrika en toe oor die oosroete en die Midde Ooste terug na Nederland toe. Hulle het in totaal 44 500 km gery.

Sib land volgende Woensdag terug in Suid-Afrika.

So kom die een na die ander terug huis toe.

En ek ly verder voort.

Good day!

Can you still remember Peter and Tessa, the Dutch father and daughter team that I met twice in Africa? Peter sent me an email now. They arrived back home last Sunday. They were on the road since last September and drove down the west coast of Africa to Cape Town. From there they took the east route up Africa and through the Middle east. They've travelled 44 500 km in total.

Sib arrives back in South Africa next Wednesday.

The one long distance traveller after the other comes home now.

And I suffer in my office ...

Wednesday, July 16, 2008

Verlore! / Lost!

Goeie more!

Vandag is my derde dag op kantoor. My liggaam is hier, my kop ... sweef êrens oor Afrika. Dit is in elk geval nie met my nie.

My kollega Lize vlieg vanmiddag 13:00 Duitsland toe. Nou het ek nie 'n ander keuse as om hard terug te kom werklikheid toe nie. Kollega Suzanne uit Gauteng (die een met die rooi motorfiets) was hier vir twee dae. Ek het net weer eens besef dat die twee dames die grootste rede was hoekom ek Naboom2Germany kon doen. Ek is so dankbaar vir twee sulke lewensblye, professionele kollegas.

Ek het vanoggend twee e-posse gekry. Marius Venter van Interexcel het vir my die satelietmodem geborg. Marius het met sy e-pos suiwer in die kol getref. Ek haal aan:

Hallo Lodie,

Welkom terug in die land! Ons is almal trots op jou! Hoe sal die gewone sterfling weet wat jy ervaar en beleef het? Hoe sal die mense wat nou jou ruimte vul weet wat is alleenheid, hoe dit voel om in juis dit, regtig ekstase te kan beleef!? En kyk maar na daardie kaart en vra jou maar self af "Het ek dit regtig gedoen?". Jy gaan dit nog 'n zillion keer doen -en sit dan terug en laat die gevoel van behaagdheid jou omhul. Ja, jy het dit reggekry!!! Baie geluk!!!

Ek het tydens my toer baie aan woorde van Marius teruggedink. Ek het dit toe vir die eerste keer verstaan.

Ek is bevrees my vriende verstaan my nie nou altyd nie. Dit gaan nog 'n bietjie tyd neem.

'n Tweede e-pos vanoggend was van Coen Potgieter van Thabazimbi:

Hallo Lodie

'n Vriend van my, Freddie Senekal, het my 'n tyd gelede van jou webbladsy vertel. Soos baie mense, glo ek, het ek jou tog dop gehou sonder om kommentaar te lewer. Dit was inderdaad asof ek saam met jou getrek het. Ek is dankbaar dat jy veilig terug is.

Ek het self 'n KLR650 soos joune. Verlede jaar Februarie gekoop. Ek bly op Thabazimbi. Wil jy nie oorweeg om 'n KLR saamtrek te hou op Naboom een of ander tyd nie? Dit lyk my daar is heerlike grondpaaie tussen Tbz en Naboomspruit.

Ek hou van die idee van 'n saamtrek. Augustus en September gaan ek baie bedrywig en weg wees met my werk. So iets in die bosveld lente kan net lekker wees. Coen, dis 'n goeie idee. Hou die webblad dop!

Groete, en besoek die dagboek maar gereeld. As daar enige nuus is, skryf ek dit dadelik.

Today is my third day in office. I am back, but not my head. It is flying somewhere over Africa, dwelling on tracks where I've been, staying with people I've met.

My colleague Lize is leaving for Germany today. I don't have any other choice than to take up the spade and start working! My Gauteng colleague Suzanne (the one with the red motorcycle) was here for two days. I realised again that the reason that I could go on the Naboom2Germany trip is my colleagues Lize and Suzanne. I am so proud and privileged to have two such positive and bubbly colleagues!

I quoted two emails above, emails that I've received this morning. Marius Venter of Interexcel sponsored me the satelite modem. In his email he precisely predicted how my feelings would be since my return. He knows, as also he crossed Africa on a motorcycle.

Coen Potgieter from Thabazimbi wrote, asked about a KLR get-together in Naboomspruit some time or other. That is a good idea, and probably during our spring that may happen.

In any case, please continue visiting the website and diary, I will let you know about anything interesting happening.

Enjoy your day!

Lodie

Sunday, July 13, 2008

Twee dae na Naboom2Germany


15 Maart: My vertrek op Naboom2Germany


Van my vriende en familie na my vertrek. In die middel sit Krap Venter, die wonderlikste motivering vir almal wat hom ken.


Goeie naand!

Twee dae is verby sedert ek terug is op Naboom. Ek het nou al 'n paar keer na my foto's gekyk. Ek kan nog nie steeds glo dat die toer verby is nie.

Ek het heerlike besoek die naweek al gehad, foto's gekry van die dag toe ek op 15 Maart vertrek het. Hier is twee sulke foto's wat ek nou vir die eerste keer te siene gekry het.

More word die KLR nie gepak nie. Dit gaan vreemd voel.

Na aanleiding van die stukkie oor Alta wat jonk dood is, het ek 'n e-pos van Marena (Steyn) gekry. Marena het Duits by my gehad en was 'n paar jaar ouer as Alta. Sy het Alta in die laaste jaar leer ken, en het die volgende oor haar geskryf:

"Nou ja so teen die einde van jou reis vat jy my toe ook op ‘n trip langs memory lane. Alta, ek het haar nie baie goed geken op skool nie, sy was my Boet se ouderdom en dus twee jaar jonger as ek. Ek het egter die voorreg gehad om haar te verpleeg toe sy siek was en sy was ‘n lieflike meisie. Ek dink nogal baie kere aan haar want in die kort tydjie wat ek haar leer ken het, het sy nogal ‘n blywende indruk op my gemaak. Een van daai mense wat jou “ryker” maak net omdat jy die voorreg gehad het om haar te leer ken, al was dit baie kort."

Marena het ook iets geskryf oor die laaste dag in die Duitse klas voor hulle begin het met die Matriekeksamen. Ek kon nie glo ek was as onderwyser so liberaal nie. Marena skryf:

"Was ook by die hoërskool. Op die stoepe gestap waar ek meer as 20 plus jaar laas gestap het, selfs na my ou Duitse klas gaan kyk en weer die “worsteling” met die vreemde taal onthou…. Kan nog ons laaste dag in jou klas onthou, ons is getreat met Schnaps en een of ander Duitse koek. Kan jy dit nog onthou? Nou iets soos 22 jaar later gaan ek eerlik wees en sê “Jig beide daai goed het maar bitterlik sleg gesmaak – maar ek kan darem sê ek het dit geproe! Lekker tye gewees!!"

Marena, ek het dit sekerlik gedoen omdat julle so 'n besonderse klas was. Jy was die kalm ene, Mirna het haar darem lekker gewip met kere, en Adri, ek en haar gevegte in die klas was legendaries.

Sal julle ouens ooit kan weet wat se verryking julle ook vir ons as onderwysers was?

Ek het vandag ook 'n e-pos van Hansie van Rooyen uit Edenburg gehad. Oor Hansie, en sy jonger boetjie Ernst, kan ek 'n klein boekie vol skryf. Ek glo nie daar was 'n leerling in my eerste onderwysjaar wat meer slae by my gekry het as Hansie nie. Dit was nog lank voor lyfstraf verbode was. 1981 is lank terug.

Ek sien daarna uit om nog die jaar een aand by Hansie naby Edenburg te gaan kuier.

As ek een aand die gevoel van Naboom2Germany baie mis, sal ek julle oor Hansie, Ernst en Edenburg vertel.

Groete!

Anita, jy het in Soedan so baie gemotiveer. Vandag is my woorde van troos so min toe ek van jou pa se dood gehoor het. Sterkte vir julle en jul kinders met jul groot verlies!

Saturday, July 12, 2008

Friday, July 11, 2008

Naboomspruit

Na 20 000 km het ek laatmiddag veilig op Naboomspruit aangekom.



My laaste rydag was soos die res van die week: Koud en bewolk. Alles het nou outomaties gebeur: Die pak van die fiets, petrol ingooi, en daarna die langpad. Ek gaan die KLR se dreuning mis. Die leefstyl van 'n langpadswerwer is nou verby.

My last day in the saddle was like the rest of the week: It was cold and cloudy. After four months everything happened automatically: Packing the bike, filling up with petrol, tackling the road. I am going to miss the sound of the KLR. A lifestyle of roaming over continents is over.


Ek het Ray en Donovan van CyTech besoek om hulle die resultaat van al hul harde werk te wys. Ray het my baie welkom laat voel en sy gelukwensing was opreg. Ek het met musiek in my siel na ons koffiedrink daar weggery.

I visited Ray and Donovan of CyTech to show them the result of their hard work. I appreciated Ray's sincere congratulation on the completion of my tour. I really felt good when I left there.

Tannie Stompie en oom At van Wyk is twee van my besondere vriende met wie ek al baie aande deurgebring en tot laat in die nag goeie wyn gedrink en groot filosofiese wyshede (of dwaashede) kwytgeraak het. Tannie Stompie het vandag 70 geword en ek het 'n kort verrassingsbesoek gebring en 'n lekker bord sop geeet. Oom At is die skrywer van talle boeke. As ek net sy skryftalent kon geskaak het ...

At and Stompie van Wyk are two very dear friends of mine, with whom I spent many long evenings with good wine and long discussions. Stompie celebrated her 70th birthday today and I paid her a surprise visit. The soup was a life-saver in the cold! At van Wyk is a talented writer with many books to his credit. If I only had his writing talent...

Dan, die grootste verrassing. Kort voor Naboomspruit het ek 'n hele klomp motorfietsryers langs die pad sien staan. Ek het eers gedink daar was 'n ongeluk, veral toe hulle my tot stilstand wuif. Dit was toe Andre Joubert van Naboom wat 'n klomp motorfietsryers uit die dorp bymekaar gemaak het om in die yskoue weer buite die dorp my in te wag en die dorp in te begelei. Andre en al die manne en dames, baie baie dankie!!! Ek het so iets nooit verwag en ook nie verdien het nie.

Then the biggest surprise. Before I got to Naboomspruit I saw a number of motorcycles next to the road. The riders waved me to slow down and stop. I first thought there was an accident. It was no accident however, but Andre Joubert from Naboomspruit with a number of his friends who came to welcome and escort me into to town. Andre, a heartfelt "Thank you" to you and all the gent and ladies. I never expected such a welcome. Thank you again!


Die lawaai van die motorfietse toe ons die dorp inry, het my hoendervleis gegee. Die mense wat my welkom geheet het, is van links na regs Juan Kruger, Willie Swart, Vossie Vosloo, Piet Roos, Johan Jansen, Chris de Beer, Johan Botes, Herman Joubert, Andre Joubert, Irma Joubert, en ek.

The roaring sound of the motorcycles as we entered the town gave me goosebumps.

Die laaste verrassing was toe my vriende Johannes en Liezel Cronje met kleine Leane, al die pad van Pretoria, net na my gestop het om my welkom te heet.

The last surprise was the visit of Johannes and Liezel Cronje, and Leane, all the way from Pretoria. Thank you guys, we are going to have a great weekend!


'n Slotwoord vir vandag. Toe ek die aand in Marsabit in Kenia my bedjie so bekyk met die stinkende toiletgat langs die bed, die stort, die wasbak sonder afvoerpyp, en al my goed wat nat op die grond le (kappie :-) omdat ek die wasbak vol water en wasgoed se prop uitgetrek het, het ek my eie skoon badkamer gemis. Toe ek netnou in my bad gele het, was ek bly om weer tuis te wees.

My final words for today: Long ago that night in Marsabit, Kenya, as I sat on my bed with the stinking toilet hole next to the bed, the shower, the wash basin without pipe, the floor soaking wet with all my stuff wet as well (I pulled the plug without realising there was no pipe fitted to the basin) I missed my own clean bathroom so much. Tonight after a long hot bath I realised I was glad to be back home again.

Thursday, July 10, 2008

Kuiermense in Potchefstroom


Ronelle, my suster, en my pa.


My ou skoolmaat Roelf Kleynhans en sy vrou Rita.

Die Pitout sussies

Vanoggend in die bitterkoue Vrystaat het die KLR met die eerste druk van die aansitter gevat. More na 20 000 km gaan die fiets sy welverdiende ruskans kry. Vandag kuier ek nou eers in Potchefstroom by my pa.

Gister en vandag se ry was heerlik, ritte deur “memory lane”. So 40 km suid van Edenburg het ek van die N 1 afgedraai en met 'n grondpaadjie tot op die ou teerpad gery en toe Edenburg toe. Ek het op Edenburg my onderwysloopbaan begin. Dit was vir my as jong onderwyser 'n groot voorreg om onder Meester Kruger my voete te kon vind.

Vandag het ek deur Bothaville gery. Daar het ek as onderwyser klaargemaak. Ek het onwillekeurig aan die Pitout-sussies gedink.

Tana was die oudste van die twee sussies. Sy was 'n matriekleerling in die Duitse klas toe ek op Bothaville begin het. Sy was 'n mooie mens met ligblou oë en ligblonde hare. Sy was so skugter soos 'n bokkie in die bos.

Een dag het sy na my toe gekom en vir my 'n pienk en 'n ligblou kaartjie gegee. Op elkeen was 'n mooi Bybelversie geskryf en met 'n gepersde blommetjie afgerond. Die een versie was “As God vir my is …” en die ander een was “Ek is tot alles in staat …”

Ek het vandag nog die twee kaartjies, kosbare herinnerings aan 'n dierbare mens. Ek wonder wat van Tana geword het, en of sy nog in Suid-Afrika leef?

Tana se jonger sussie was Alta, 'n swartkoppie met donker oë. Sy wou in st. 6 ook Duits neem, maar dit was nie so heeltemaak haar sterkpunt nie. Eendag in die klas toe ek en sy weer lekker aan die baklei was, sê ek vir haar dat sy eerder maar in die middag by my hardloopgroep moes kom aansluit, miskien sou dit daar beter gaan as met die Duits.

Daardie middag was Alta by die oefening, vir die eerste keer. Alta was 'n natuurlike atleet. Sy het vir die eerste keer aan atletiek kom deelneem. Sy was ligvoetig, grasieus soos 'n rooibokkie.

Binne twee jaar was Alta die top langafstandatleet onder die meisies en het sy provinsiale kleure in landloop gekry.

Ek is elke jaar November met my groepie langafstandatlete Ficksburg toe waar ons as afsluiting van die jaar se hardloop aan die bergwedloop oor 23 km deelgeneem het. Na die hardloop het die jongklomp gekuier en geniet. Dit was wonderlike jare.

Alta het in die begin van haar st. 9 jaar siek geword. Kanker. Die einde van daardie jaar het ek Alta gaan groet voor ek Duitsland toe is. Sy was swak en bleek. Haar swart hare en oë was 'n skrille kontras met die wit laken oor haar. Sy het meestal oor Ficksburg se Kersiewedloop gepraat en die pret wat ons daar gehad het. Ek het nie baie gepraat nie. Die knop in my keel was te groot.

Vandag toe ek by Bothaville uitry, het ek skielik weer aan Tana en Alta gedink. Ek was lus om gou by Alta te stop. Die begraafplaas lê net so links van die pad.

28 Desember 1987, kort na ek haar gaan groet het, is sy toe dood. 17 jaar oud.

Dit het my Naboom2Germany toer geneem om my weer vir 'n rukkie by Alta te laat sit. Die eerste keer sedert ons totsiens sê daardie laaste dag.

Niks was te laat nie, net baie dinge te vroeg.





Wednesday, July 9, 2008

Kuier by Jacques en Estelle, en besoeker Nr 20 000


Estelle en Jacques Roos, Welkom


Kort voor Springfontein het ek hier ontbyt geeet en 'n pakkie wors persent gekry!


Goeie naand!

Ek het vandag 'n heerlike rit vanaf Colesberg gehad. Die piekniekmandjie was volledig: Bietjie reen, baie wind, genoeg koue, en sonskyn vanaf Bloemfontein.

Ek het 'n paar keer vir my vandag gese (kappie) dat ek nog nie genoeg gery nie. Ek wens werklik die pad was nog nie klaar nie.

Vanaand is ek by Jacques en Estelle in Welkom. Die twee was by die meeste van my voorbereiding vir Naboom2Germany betrokke. So het ons drie een nag in Botswana saam in een daktent geslaap toe ons in leeuwereld in is en teen skemer tussen 'n trop olifante deur op 'n smal sandpaadjie gery het. Weet julle hoe weerloos voel mens dan op 'n motorfiets? Op dieselfde rit is Estelle se jonger boetie skielik oorlede en het ek in die groot verdriet van my hartsvriende gedeel.

Dit was 'n heerlike kuieraand tot nou toe: Baie lekker geeet, baie gesels, nou gaan ons gou 'n klompie foto's kyk.

Ek weet wie was besoekers 20 000 en 20 001 op die webblad. Andre Joubert van Naboomspruit was nr 20 000, en my liewe gewese buurvrou in Pretoria, Charlotte, was 20 001. Baie dankie aan ALMAL wat so gereeld saamgelees het!

Andre het vir hom nou 'n BMW 1200 GS gekoop. Ek kan net dink hoe gaan ons motorfiets gesels as ek terug is.

Groete!


Good evening!

I had a pleasant drive from Colesberg. The picnic basket was fully stocked: a little bit of rain, a lot of wind, enough cold, and sunshine from Bloemfontein.

Today I told myself a couple of times that I haven't travelled enough. I really wish that the road had no end.

This evening I am staying with Jacques and Estelle in Welcome. The two of them were involved in most of my preparation for Naboom2Germany. During one of our trips to Botswana, we had to share a roof tent after entering lion territory and after driving through a herd of elephants on a narrow dirt track. Do you know how vulnerable a person then feels on a motorcycle? On this same trip Estelle's younger brother suddenly died and I shared in the sorrow of my dear friends.

Up until now we've had a pleasant evening: we had a delicious meal, talked a lot, and now we are going to look at a couple of photos.

I also know who visitors 20 000 and 20 001 on the website were. Andre Joubert from Naboomspruit was number 20 000, and my dear former neighbour in Pretoria, Charlotte, was number 20 001. Thank you all for sharing in the adventure.

Andre bought himself a BMW 1200 GS. I can just imagine all the motorcycle conversations we are going to have on my return.

En die reen het oornag soos 'n dief gekom ...

More!

Die koue van gister het my soos 'n baba laat slaap. Toe ek netnou wakker word, sien ek die straatjie voor my kamer is blinknat. Nog 'n heerlike nat dag op die fiets. Wat 'n voorreg. Nee, dis nie ironies bedoel nie, dis 'n voorreg om die toer lekker hard af te sluit.

Vandag gaan die 20 000ste besoeker op die webblad wees. Wie gaan dit wees? Laat weet gerus as dit jy was.

Ek wil vanoggend ou koeie uit die sloot grawe.

Ek is met my aankoms in Suid-Afrika aangehou.

Nie deur die polisie of doeane nie maar deur die een of ander ongelooflike stupid SARS wetgewing.

Daar is by Internasionale Aankoms in Kaapstad 'n Bureau de Change van ABSA. Ek staan toe in die ry met my paspoort en laaste paar Euro's om weer Rand te kry na 4 maande weg.

Die dame vat my paspoort en die Euro's, tik op haar rekenaar en vra of ek 'n ABSA klient (deelteken) is. Ek is nie, ek is by FNB. Sy gee toe my Euro's en paspoort terug en se sy kan nie dit vir my ruil nie, ek moet dit by my tak in Naboomspruit gaan terugruil.

Hoor ek reg? Na 18 lande waar ek geld net so kon ingee en die nuwe land se geld kry, kan ek in my eie land nie Rand kry nie?

Ek stoom toe in die reen (en daaroor was ek ook g..vol dat mens nie onder dak na Binnelands toe kan loop nie) na die Bureau de Change by Binnelands. Dis ook 'n ABSA ene.

Daar dieselfde storie. Sou ek 'n ABSA klient gewees het, dan sou hulle vir my kon ruil, nou moet ek dit by FNB gaan doen.

Toe vat ek vlam.

Ek roep die bestuurder nader en vra sy naam. Hy gee dit.

Hy bevestig ek moet by FNB die geld gaan omruil.

Waar is 'n FNB-tak?

Nie op die lughawe nie. Ek sal 'n taxi soontoe moet neem.

Met geld wat ek waar kry? Na vier maande op toer het ek g e e n Rand by my nie.

En so gaan dit aan.

En nou kom die hamer. Die goeie bestuurder vra of ek nie my water en ligterekening van die afgelope drie maande by my het nie. Ek wys vir hom weer met my vingers dat ek VIER maande reeds weg was uit Suid-Afrika. V I E R. Ek het dus nie gaan toer en vir Lize gevra om vir my rekenings agter my aan te pos nie.

Uit radeloosheid pluk ek toe die Carnet de Passage, uitgereik deur die AA, van die KLR uit want daarop staan ook my naam en adres, maar die dokument is nie jonger as drie maande oud nie want dit is reeds in Februarie uitgereik.

Die bestuurder se gesig helder op. Nou het hy 'n dokument waarmee hy kan werk.

Met die hulp van die KLR se doeanedokument kon ek toe my paar Euro's in Rand omruil! LAGWEKKEND!! (Baie dankie aan die KLR wat my veilig deur woestyn en water gedra het en toe nog vir my Rand ook nog gegee het ...)

Het ek dus nie die Carnet gehad nie, hoe sou ek geld kon omruil? Hoe sou ek 'n taxi kon betaal?

BELAGLIK!!!

Dus, SARS, KOM BY!!

En verbreek sommer ook ou Suid-Afrika se monopolie wat ABSA nog steeds op Kaapstad Internasionale Lughawe het.

Wat 'n welkom was dit nie.

Ek verwelkom enige kommentaar hierop want ek wil aan mnr. Trevor Manuel 'n beleefde briefie skryf.

Tuesday, July 8, 2008

Ysige Colesberg

Naand! Vandag was ysig koud, nat tot kort voor Richmond, en 'n ylerige sonnetjie vanaf Hanover tot by Colesberg waar ek met sonsondergang aangekom het, en 'n verwoedelike wind wat vanaf Beaufort-Wes alles van die pad wou gevee het.

Good evening! Today was an icy cold day, rain until Richmond, a weak sun until Colesberg, where I arrived at sunset, and a stormy wind from Beaufort West that tried to sweep everything off the road.

Die bordjie by Matjiesfontein het my laat glimlag: Was there, done that!

This sign at Matjiesfontein brought a smile to my frozen face: Was there, done that!

Laingsburg vanoggend: Wie sal ooit 25 Januarie 1981 kan vergeet toe die Buffelsrivier in vloed die hele dorp behalwe 21 huise verwoes het en 106 mense dood is.

Laingsburg this morning: Who will ever forget that fatal day, 25 January 1981, when the Buffels River in flood destroyed the whole town except 21 houses and left 106 people dead.
Laatmiddag: Vir die eerste keer sonskyn, sonder enige hitte. Dit het my laat terugdink aan 'n ander laatmiddag drie maande gelede toe dit bloedig warm was en ek baie alleen.

Late afternoon: For the first time sunshine, even if without any heat. It reminded me of another late afternoon three months ago when it was bloody hot and I so alone.

Onthou julle nog die foto? Die woestyn in Noord-Kenia.

Do you still remember this photograph? It was taken in North Kenya in the desert.

Matjiesfontein, en dit reen steeds ...

Goeie more!

Ek het netnou wakker geword met die geluid van reen op die sinkdak. Dit gaan 'n nat begin wees van 'n koue, heerlike lang rydag vandag.

Netnou kry ek koffie in die bed! Hoekom gaan die mooi gewoonte uit die ou dae nou verlore in Suid-Afrika? Waar is daar nog hotelletjies of gastehuise waar mens jou vroegoggend koffie in die bed kry?


Good morning!

I woke up with the sound of pouring rain on the roof. It is going to be a cold and wet start into a long and lovely riding day.

At half past six I am going to get coffee served at my bed. I love this! Why are we losing this old and beautiful habit in South Africa? Where are there still hotels or guest houses serving their guests a wake-up coffee or tea at bed?

Monday, July 7, 2008

'n Dag van vele vreugdes en seeninge!

(English below)

Vandag was 'n dag van baie seeninge en vreugde.

Ek het my fiets gekry. Daar was nie 'n skrapie op die fiets nie. Ek was 'n bietjie bekommerd daaroor gewees.

Daarna het Emil Bosch en en Emil junior my kom dagse. Ek het Emil nog nooit ontmoet nie. Sedert verlede jaar het Emil gereeld die webblad besoek, geskryf, gevra, en toe self 'n KLR gekoop. Vandag was dit ons eerste ontmoeting. Emil is die tipe mens met wie ek deur Afrika sou kon ry. Sy kop en prioriteite is reg.

Na Emil x 2 se besoek is ek na die Mooiloop kantoor toe. Dit was 'n heerlike weersiens met Gerrit Rautenbach en sy personeel. Baie dankie Rezanne, Carie en Michelle vir die heerlike middagete en kuier! Rezanne, jou ondersteuning hierdie laaste vier maande was wonderlik. Dankie jy!

Rezanne het gemeen in die stortreen sou dit wys wees om eerder in die Kaap oor te bly. Die langpad en die KLR het egter harder as my verstand geroep en in die stortreen is ek weg van die Mooiloop kantoor.

Die ontmoeting met soveel skitterende mense oor die hele lengte van my toer het my vandag opnuut weer met groot dankbaarheid vervul. Ek is so gelukkig.

Toe kom die reen sonder ophou, mis, water op die pad, en toe die koue. Ek het op die KLR gevries! Maar weet julle, so ver as wat ek gery het, het my hart gejuig! Ek was terug in Afrika. Dis my land, my kontinent, die reuk van die Karoobossie, gemeng met die reuk van reen-grond het my so welkom en tuis laat voel. Elke nat en koue kilometer vandag was die moeite werd!

Teen skemer het ek by Matjiesfontein afgedraai. Direk oorkant die Matjiesfontein-afdraai is die afdraaipad Sutherland toe. Toe verstaan ek die koue!

Ek het 'n lekker kamer met 'n bad, die eerste een sedert Kairo, en ek het lank in die warm water ontdooi met 'n drinkdingetjie in die hand, een van daardie wat Johan Bakkes so graag drink.

More wil ek tot in Colesberg ry (dankie vir die wenk Emil!), Woensdag tot in Welkom by Jacques en Estelle Roos, Donderdag Potch toe om my dierbare pa te gaan groet, Vrydag Naboom toe.

My hart is vanaand gelukkig.


Today was a day filled with many joys and blessings.

I got the KLR back without any scratch. I was a bit worried about the air transport.

During the course of the morning Emil Bosch and his son, also Emil, came to say hello. It was our first meeting. Since last year Emil was a regular visitor to the website. He often sent emails, asked about the KLR and bought himself one later. It was a privilege meeting him today. He is the kind of guy I could imagine to travel with across Africa as his attitude and priorities are right. Emil and his son are on photograph 1.

After the visit of Emil senior and junior I left for the offices of the Mooiloop travel magazine where I met Gerrit Rautenbach and his competent editorial staff. I had a wonderful lunch with Rezanne, Carie and Michelle. Rezanne, thank you so much for your support during the last four months!

The rain was pouring down and Rezanne thought it would be wise to stay the night in Cape Town. However, the call of the wide open road was stronger and I left Cape Town with the mountain covered in clouds and rain coming down ever stronger.

I was so privileged to meet so many wonderful people during my tour, from day 1 until now! Go well all of you!

It rained without end. The mountains were covered with heavy layers of clouds and thick fog made riding miserable. The rivers were in flood and waterfalls cascaded down the mountains. With such rain floodings will come to the poor people living in lower areas.

I froze on the KLR. Not even the miserable conditions could dampen myjoy to be riding again in Africa! This is my country, my continent. The scent of the Karoo shrubs mixed with the rain and soaken soil made me feel so welcome back in my Heimat! Every cold and wet kilometer was worth it!

I reached the turn-off to Matjiesfontein at dusk. Opposite the turn-off was the road to Sutherland, one of the coldest places in South Africa. I could feel the cold of Sutherland in my hands and wet feet.

I got a lovely warm room with a bath in the village. I had a long warm bath with something to drink next to me. It was my first bath since Cairo.

Tomorrow I want to ride to Colesberg, on Wednesday to Welkom to my friends Jacques and Estelle Roos, and on Thursday I am going to visit my father in Potchefstroom. On Friday I should be back in Naboom.

My feart is filled with happiness to be back in Africa again!

Die KLR het aangekom!



The friendly Mrs Hermann of Customs helped me a lot to get the bike through as quick as possible. Thank you so much!

Sunday, July 6, 2008

Big thanks to SAA


I have to compliment SAA on an employee like Ms Lefkothea Tsemekidou at Frankfurt Airport. Thanks to her efforts and even a call to the SAA Manager did I get ALL my luggage checked-in. What a privilege to be served by such a friendly, professional lady.


My friends Doris Koenig, Gunther Gehring, Rosi Wacker and Hans Koenig brought me to the airport. It wasn't that easy to get all my luggage into Gunther's SUV.

Nou is dit nog net die KLR wat vanmiddag 17:00 uit Munchen moet wegkom. Die weer in die Kaap vir more is blykbaar koel, wind en reen!

Now only the KLR has to manage to be on the flight from Munich at 17:00 today. The forecast for the Cape tomorrow is rain, wind and a cold front or two.

Thursday, July 3, 2008

Baie dankie aan julle almal.


Spesiale dankie aan julle!

A special word of thanks to you!

Ek wil graag so aan die einde van my reis vir julle almal baie dankie sê, dankie vir die e-posse, vir die saamlees aan die dagboek, vir die aanmoediging, die bemoediging toe Soedan se hitte my kop laat hang het, BAIE DANKIE! Vir julle ouens wat ek nog nooit ontmoet het nie en miskien ook nooit gaan ontmoet nie, baie dankie! Julle was wonderlik om so aan ‘n wildvreemde te skryf.

Ek gaan hier onder ‘n klompie name alfabeties noem van mense wat voor die toer hulle ondersteuning op so baie maniere gewys het. Ouens, ek waardeer dit so baie! Dankie. Ek sal weer met julle kontak maak wanneer ek by die huis is.

Nearly at the end of Naboom2Germany I would like to thank you all for all the emails, for reading with in the diary, for the support and motivation, especially when the heat in Sudan had scorched my enthusiasm, THANK YOU SO MUCH! Many of you I haven’t met, some of you I will most probably never meet, but thank you for your support to a total stranger.

Below I am going to mention a few names of friends that contributed in many ways to my long tour. Thank you! When I am back home I will contact you again.

My kollegas Lize Cloete en Suzanne Baker – sonder julle groot insette op kantoor sou ek nooit die reis kon doen nie!

Gunther Gehring + Rosi Wacker: Ihr Haus war das Endziel meiner Reise, mein Zuhause in Deutschland. Rosi hat mich unendlich gefuettert, damit ich wieder zunehmen konnte. Vielen Dank Rosi und Gunther. Ich freue mich auf Euren Besuch im November!

Trevor + Louise Bernardt

Rina Bondesio

Johannes+ Liezel Cronjé

Dorette de Jager

Lodie de Jager (sr)

Louis + Riana de Villiers

Gerhard + Nettie de Villiers

Ernst-Jὔrgen Diekmann

Greg du Plooy van Jetline Lynnwood

Ina + Fanie Kalp

Charlene Kennedy

Anja Lubbe

Luke Signs van Marble Hall

John Mailovich

Dorothée Moritz

Lynne Platt – Silver Cube Promotions

Martin + Liezel Prinsloo

Anne Rebstock

Helen Robb

Jacques + Estelle Roos

Minette Roos

Ronelle en Steve Steyn

Elana Swart

Krap Venter

Marius Venter van Interexcel

Rezanne Wessels van Mooiloop

To end off this letter I want to quote Ray Muller who sent me valuable preparation material before I left on this tour. Here are only a few points. When reading this you will understand where I am at this point of Naboom2Germany.

  • You will laugh – for good reason.
  • You will cry – for a reason.
  • You will feel depressed – only you will know the reason.
  • Your life is guaranteed to never be the same.
  • Always be yourself, as you have nothing to prove to any one.
  • You will appreciate everything you have and how fortunate you are, more than ever before.
  • You will gain new perspective.
  • On your return you will be mentally and physically exhausted.

Goodbye until next week on my final leg home!

Lodie

Wednesday, July 2, 2008

Die KLR in Afrika


Kawasaki KLR 650

Ek het aan die begin van my beplanning van Naboom2Germany op die KLR besluit as gevolg van vier oorwegings:

  1. Die lae gewig van die fiets;
  2. Eenvoud en omdat die model reeds 21 jaar oud is;
  3. Groot brandstoftenk (23 liter) en relatief goeie verbruik teen toerspoed;
  4. Lae prys in vergelyking met die ander 650’s.

Met die beplanning het daar toe nog ‘n vyfde rede bygekom. Egipte het ‘n 200 % deposito, bereken op die huidige waarde van die fiets, vereis voordat mens die fiets die land kon inneem. Reken maar self uit wat ek sou betaal het, sou ek ‘n duur motorfiets van R 110 000.00 gehad het.

Aankoop van my KLR

Ek het die KLR op 1 Maart 2007 van Centurion Lifestyle gekoop. Die fiets was nuut, en die prys R 42 000.

Oefenritte

In die jaar voor Naboom2Germany het ek 15 000 km gery onder alle omstandighede: Teer, sand, grond, sinkplaat, grasvlaktes sonder paaie.

Die KLR is deur al die ritte sonder enige probleme.

Opgradering van die KLR

Ek het op die opgradering van die KLR besluit omdat ek die hele toer alleen sou ry sonder sonder enige bystand van enige aard.

Ek het Ray Muller van Cytech, ‘n veteraan van talle Trans-Afrika-ekspedisies, om hulp genader.

Ray het die volgende gedoen:

  1. Handbeskermers vervang;
  2. Enjin beskermstawe aangebring;
  3. Plastiese beskermplaat onder enjin vervang;
  4. Toeter vervang;
  5. Groter voet aan die systaander aangebring;
  6. Hoofstaander aangebring;
  7. Hoofligbeskermer aangebring;
  8. Hoër windskerm;
  9. Dikker vere in voorvurke, beter skokbreker agter;
  10. Hepco Becker tasse;
  11. Dikker binnebande;
  12. Michelin Anakee voor- en agterband (Op 14 800 km opgesit);
  13. Binneband vloeistof om teen pap bande te beskerm, elektronies gebalanseer;
  14. Swaardiens ketting, twee nuwe “sprockets” voor en agter;
  15. Bykomende petrolfilter ingebou.

Naboom2Germany

My toer het op 15 360.1 km begin.

My filosofie was van die begin af duidelik: Dit was nie ‘n sporttoer met so vinnig as moontlik ry nie. Ek het getoer. In Afrika was ek meestal teen 80 – 90 km/h op pad. In Europa, selfs op die snelweë, was ek meer as gelukkig teen 110 km/h.

Omdat ek alleen op pad was, het ek die KLR soos ‘n dame hanteer. Kry jy die boodskap? Die KLR kon baie vinniger ry as ek sou wou vinniger ry. Ek wou egter nie. Gelykmatig weggetrek (bande en ketting) en goed na die fiets kyk was die modus operandi.

My kommentaar op Ray se opgraderings:

  1. Handbeskermers – Dit was een van die beste verbeterings, veral na die valle. Op so ‘n toer gaan jy val. Sonder die metaalhandbeskermers sou die handhefbome (“levers”) seergekry het.

  1. Enjin beskermstawe – Hulle het die enjin en verkoeler beskerm. Na my val in die Noord-Keniaanse woestyn op die lawarots sou my reis op ‘n einde gewees het indien ek nie die beskermstawe gehad het nie.

  1. Metaal beskermplaat onder enjin – Die geluid van rotse en klippe wat onder teen die plaat vasgeslaan het, was genoeg bewys vir my dat ‘n plastiese plaat nie sou hou nie. ‘n Metaalplaat is ‘n moet vir enige trans-Afrikareis.

  1. Toeter – Ek het gefrons en Ray het gesê ek sou sien hoekom een wat harder toet, nodig was. In sommige lande ry jy met jou duim die hele tyd op die toeter en toet jy. Sonder dié geluid het voetgangers net eenvoudig oor die pad gestap. In Kaïro toet jy motors weg voor jou.

  1. Groter voet vir systaander – In die sand was dit waardevol.

  1. Hoofstaander – was soms nuttig, soms in die pad. Alleen, met al die gewig op die fiets, kon ek nie die fiets op die hoofstaander kry nie.

  1. Hoofligbeskermer – as ‘n klip die lig sou tref, was dit nag. Letterlik. Ek was bly die ekstra beskerming was daar. In die Nubiese woestyn het ek dikwels ‘n paar uur voor sonopkoms begin te ry.

  1. Hoër windskerm – in reën het dit die ry gemakliker gemaak. Was eenvoudig net geriefliker.

  1. Dikker vere in voorvurke, beter skokbreker – Noord-Kenia reken met skokbrekers af. As jy jou bagasie op ‘n voertuig kan laai en jy stop gereeld sodat die skokbreker kan afkoel, kan jy sekerlik met standaard skokbrekers deurkom. Die Long Way Down ouens het 5 skokbrekers daar geblaas. By Jungle Junction in Nairobi het Chris ‘n boks vol skokbrekers wat dit nie oorleef het nie. Na die tyd weet mens nooit wat jou standaard skokbreker daar sou gedoen het nie. Een laatmiddag in Noord-Kenia toe die alleenheid soos pes oor my kom lê het, was ek bly dat skokbrekers nie een van my bekommernisse was nie.

  1. Hepco Becker tasse – Volpunte! Al het bagasie het droog en stofvry daar binne gebly. As ek die fiets moes alleen laat, het ek meer gerus oor my dokumente of versteekte geld gevoel. Die valskade was minimaal en maklik herstelbaar. Nie die tasse of rame (brackets) het iets oorgekom nie, slegs die een slot het met ‘n val gebreek. In Soedan het die een “bracket” wel gebreek omdat die laaiers die fiets aan die tasse op die veerboot getel het. Ek het dit in Aswan, Egipte, in die hotel se voorportaal reggemaak en dit hou nog steeds.

  1. Dikker binnebande – dit verminder die moontlikheid van papwiele. Dis ‘n feit.

  1. Michelin Anakee voor- en agterband (Op 14 800 km opgesit) – Ek het Ray blind vertrou en sy ervaring het hom reg bewys. Dis bande gemaak vir die harde en lang pad. Ek weeg 103 kg, my bagasie was maklik nog 60 kg. Die fiets se gewig met olie en brandstof was ongeveer 190 kg. Ek het die voorband op 28 394 km vervang, na 13 584 km. Die agterband, na 18 256.3 km, loop nog steeds! Dink aan my woorde van netnou: Ek het die fiets nie deur die ratte gejaag nie.

  1. Binneband vloeistof teen papwiele – Ek was skepties. ‘n Mens het dikwels gelees dat die vloeistof die hantering van die fiets beïnvloed. Ray het weer daaraan geglo, dit ingesit, die bande elektronies gebalanseer, en ek kon niks merk nie!

  1. Swaardiens ketting, twee nuwe “sprockets” voor en agter – Na 18 816 km hou die ketting steeds. Ek het verbasend min die ketting moes stel. Die “sprockets” hou nog, sal 20 000 km haal.

  1. Petrolfilter – Dis net ‘n feit, alle petrol is nie skoon nie. Die bykomende filter was maklik bereikbaar en maklik vervangbaar. Ek het in Egipte ‘n ekstra filtertjie gekoop maar nooit nodig gekry nie.

Die KLR se afstandmeter staan nou op 33 616.4 km. Gister op die lughawe by Munchen toe ek die fiets vir die laaste keer in Europa afgeskakel het, het hy 18 256.3 km op die Naboom2Germany toer gedoen. Tot ek einde volgende week by die huis in Naboom gaan aankom, gaan die kilometers opskuif het na ten minste 20 000 km.

Dienste tydens Naboom2Germany

Nairobi – olie, oliefilter, remskoene (ek wou my bagasie ligter maak)

Tel Aviv – olie, oliefilter, petrolfilter

Altenstadt (Duitsland) – olie, voorband.

Ek het twee ekstra lugfilters saamgeneem wat ek na baie stowwerige gedeeltes ingesit het. Ek het ook die lugfilter olie saamgery.

Brandstofverbruik

Ek het nooit enige ekstra brandstof saamgery nie. Ek het nooit op reserwe oorgegaan nie (laaste 5 liter in die tenk) behalwe op 1 Junie toe ek in Langenselbold, Duitsand, aangekom het.

Ek kon gister nie op die lughawe volmaak nie omdat die fiets leeg moes wees. Oor die laaste 17 857,1 km van Naboom2Germany het die KLR 783,166 liter petrol verbruik teen ‘n gemiddeld van 22.8 km / liter.

Die verste afstand ooit tussen twee volmake was 408,2 km, en toe het ek 16.93 liter ingegooi.

Die laagste verbruik was in diep sand in die Nubiese woestyn (Soedan), nl. 14.88 km/l. Die beste verbruik ooit tydens die toer was 25.53 km/l in Letland.

Probleme met die KLR tydens die toer

Ek wonder of julle genoeg tyd gaan hê om deur al die probleme te lees. Waar gaan ek begin?

Pap wiele: Geen

Enige herstelwerk aan die fiets: Geen

Elektroniese probleme: In Italië een sekering (fuse) vervang. Dit was vir die hooflig en paneelbeligting.

Mense, dit was al. Na meer as 18 000 km loop die KLR nog steeds probleemloos!

My slotwoorde oor die KLR

Dis nie die toerfiets vir die spoedvraat of Blink Bennie nie. Dis ‘n toerfiets vir hom / haar wat eerder in betroubaarheid as spoed belangstel, wat by die verste uithoeke van die aarde wil gaan draai sonder ‘n begeleivoertuig.

Ek het so ‘n groot bewondering vir dié fiets gekry dat ek kan verstaan hoekom dit in sommige lande al kultstatus gekry het.

As ek more weer ‘n fiets sou moes koop vir ‘n toer deur verre, afgeleë dele, dan sou dit ‘n KLR wees.

Ek wil net noem dat ek geen borgskap van Kawasaki Suid-Afrika gekry het nie (ek het ook nie daarvoor gevra nie), ook nie van die handelaar waar ek die fiets gekoop het nie (ek het ook nie daarvoor gevra nie), ook nie van Ray Muller van Cytech nie (ek het ook nie daarvoor gevra nie).

Ek het bogenoemde geskryf sonder enige verpligting teenoor enige mens of maatskappy. Dit was my ervaringe, en waar ek lof uitspreek, doen ek dit omdat die produk of persoon dit verdien het.

The Kawasaki KLR in Africa


Kawasaki KLR 650

At the start of the planning phase of Naboom2Germany I decided to do the tour on a KLR. I based my decision on four arguments:

  1. The low weight of the bike:
  2. The KLR model was already 21 years old and proved itself as a simple design and reliable;
  3. Big fuel tank (23 liters) and quite a good consumption figure when ridden wisely;
  4. Low price in comparison to other 650’s.

Later a fifth reason was added: Egypt demanded a 200% deposit on the current value of the bike before the bike was allowed into Egypt. You can do your own calculation how much that would have been if I had done the tour on a bike of R 110 000.00.

Purchase of the KLR

I bought the KLR new from Centurion Lifestyle on 1st March 2007. Price: R 42 000.00

Training rides

I did about 15 000 km on long and short trips to improve my skills. I did a lot of riding in sand, on gravel and through the Botswana bush.

I never encountered any problems with the KLR during these long rides.

Upgrading of the KLR

I decided to upgrade the KLR only due to one reason: I would be doing the tour on my own without any assistance or help of any kind in the form of support vehicles of other riders.

I contacted Ray Muller of Cytech. Ray is a knowledgeable and experienced rider of many trans-Africa tours.

Ray suggested the following changes:

  1. Replacing existing hand-protectors;
  2. Crash bars to protect the engine and radiator;
  3. Replacing plastic engine protection plate with aluminum plate;
  4. Replacing hooter;
  5. Bigger ground plate for side stand;
  6. Main stand;
  7. Protection plate over main headlight;
  8. Bigger wind shield;
  9. Stronger springs in front forks, better rear shock;
  10. Hepco Becker panniers;
  11. Thicker tubes;
  12. Michelin Anakee tyres (fitted on 14 800 km);
  13. Tube fluid to protect against punctures; balanced electronically;
  14. Heavy duty chain, new sprockets;
  15. Inline fuel filter.

Naboom2Germany

My tour started with the odometer reading on 15 360.1 km.

From the beginning I decided that my tour won’t be a sport-riding tour, i.e. as far and fast as possible. I toured the continent. In Africa that meant a speed of 80 – 90 km/h. On the European highways I was happy with a relaxed cruising speed of 110 km/h.

To get the most from the bike I decided I would treat it like a gentleman would treat a lady: Gently. Do you get the message? The KLR could have gone much faster but I wasn’t interested in racing through the gears each time. It was all about saving the tyres and chain / sprockets to get the highest possible mileage.

My comments on all the upgrades done by Ray:

  1. Hand protectors – one of the best suggestions. It saved the levers during the crashes.

  1. Crash bars – ditto. They protected the engine and radiator. Without those crash bars my tour would have been over after my crash on the rocks in Northern Kenya.

  1. Engine protection plate – The sound of rocks and stones hammering the bike from below was proof enough why a plastic protection would be sufficient only in a city, not on a trans-Africa tour. It is a must.

  1. Hooter – I couldn’t understand why a louder horn was necessary. Ray said that I would know soon. He was right. There were countries where you had to hoot to warn pedestrians; otherwise they would have just crossed in front of you. In Cairo you had to hoot to keep the cars away from you.

  1. Bigger foot plate for side stand – It helped a lot in the desert.

  1. Main stand – now and then useful, was also a nuisance now and then. With the bike fully laden I couldn’t get it on the main stand alone.

  1. Headlight protection – Riding in the dark without a headlight would have proved why such a protection was important. In the desert I often started a few hours before sunrise.

  1. Bigger wind shield – it helped a lot especially during rain storms. The ride was more comfortable with the better wind protection.

  1. Stronger springs and rear shock – Northern Kenya is a shock destroyer par excellence. If you have a support vehicle with you that could carry your luggage, and if you would stop often for the shock to cool down you may take the chance with your standard shock. Many did, some got through, others not. The guys from Long Way Down blew 5 shocks on that stretch. Chris from Jungle Junction in Nairobi has got a box full of shocks that hadn’t survived that stretch of road. In Northern Kenya one day late afternoon when I was all on my own I told myself that at least I had not to worry about my shock.

  1. Hepco Becker panniers – Brilliant! My luggage stayed dry and dust-free. I felt more relaxed, knowing that when I had to leave my bike for a while unattended that my luggage and documents were safe in the panniers. Furthermore the panniers protected the bike during crashes. Never any bracket or pannier was damaged during a crash. Only one lock was broken, but the African mechanic in Kenya did a wonderful job and it held until now. The one pannier bracket broke when the guys at the ferry to Aswan tried to pick up the bike by using the panniers as handles. I fixed it in Aswan and it held until now.

  1. Thicker tubes – it lessens the risk of getting a puncture. It is no guarantee, however.

  1. Michelin Anakee tyres - Ray recommended these tyres, and they did their job brilliantly! The tyres were fitted on 14 800 km. My weight is 103 kg, my luggage about 60 kg, the wet weight of the bike about 190 kg. I replaced the front tyre in Germany after 13 584 km. The rear tyre, after doing 18 256.3 km, is still going strongly and will most probably reach Naboom after 20 000 km. The key to a long tyre life: Don’t race, and check the tyre pressure at least every second day!

  1. Anti-puncture fluid – I had my doubts after hearing so many stories about the stuff influencing the handling of the bike. Ray believed in the anti-puncture fluid, but then one had to balance the tyres electronically. I couldn’t detect any change in the handling of the KLR afterwards.

  1. Heavy duty chain, sprockets – The chain has done 18 816 km and is still fine. I was surprised that I had to adjust the chain only once in a blue moon. The sprockets should hold at least until I get to Naboom, 20 000 km later.

  1. Fuel filter – Petrol is not always clean and a clogged fuel line may be the result. The filter was easily accessible. I bought a new filter in Egypt but have never used that until now.

The odometer reading of the KLR stands at 33 616.4 km now. Switching it off at Munich Airport yesterday the bike had done 18 256.3 km on the Naboom2Germany tour. Reaching Naboom at the end of next week the kilometers done on Naboom2Germany will be about 20 000 km.

Maintenance / services during Naboom2Germany

Nairobi – oil, oil filter, brake blocks (I wanted to get my luggage lighter)

Tel Aviv – oil, oil filter, fuel filter

Altenstadt (Germany – oil, front tyre

In my luggage I had two extra air filters, which I’ve used after very dusty stretches.

Fuel consumption

I never carried any extra fuel. I never went on reserve (last 5 liters) except on the 1st June on my way to Langenselbold, Germany.

I couldn’t fill up at the airport yesterday as the petrol tank had to be nearly empty during the flight. On the last 17 857.1 km of Naboom2Germany the KLR used 783.166 liters of fuel, which gives an average of 22.8 km/l.

The longest distance travelled between filling-up was 408.2 km, and then I put in 16.93 liters.

The worst average was in the Nubian desert, which was 14.88 km/l. The best average was in Latvia, 25.53 km/l.

Mechanical problems on the KLR during the trip

Where will I start? Will you have enough time to read through all of it?

Punctures: Zero

Repairs on bike after mechanical failures: Zero

Electronic problems: In Italy I had to replace one fuse, the fuse for the headlight and instrument lighting.

That was the one and only problem on the KLR. And now, after more than 18 000 km on tour and without a proper service it is still running fine.

My final résumé on the KLR

The KLR is not the ideal bike for the speed freak or Shiny Shaun of the suburbs. It is a dual-purpose bike for the guy or lady that first of all wants a reliable bike, with which they could tour to the furthest corners of the earth, especially without a support vehicle.

I admire the KLR, I love the sound of its one cylinder, I am going to exhibit it in my coffee shop (another dream) one day after many more long distance tours.

If I had to buy a bike to start a trip across Siberia tomorrow I would buy again the KLR.

I have to mention that I never approached Kawasaki South Africa or Centurion Lifestyle or Cytech for any kind of sponsorship, neither was I offered anything to promote a product. What I’ve written here are honest impressions of products as I’ve experienced it.