Wednesday, July 9, 2008

Kuier by Jacques en Estelle, en besoeker Nr 20 000


Estelle en Jacques Roos, Welkom


Kort voor Springfontein het ek hier ontbyt geeet en 'n pakkie wors persent gekry!


Goeie naand!

Ek het vandag 'n heerlike rit vanaf Colesberg gehad. Die piekniekmandjie was volledig: Bietjie reen, baie wind, genoeg koue, en sonskyn vanaf Bloemfontein.

Ek het 'n paar keer vir my vandag gese (kappie) dat ek nog nie genoeg gery nie. Ek wens werklik die pad was nog nie klaar nie.

Vanaand is ek by Jacques en Estelle in Welkom. Die twee was by die meeste van my voorbereiding vir Naboom2Germany betrokke. So het ons drie een nag in Botswana saam in een daktent geslaap toe ons in leeuwereld in is en teen skemer tussen 'n trop olifante deur op 'n smal sandpaadjie gery het. Weet julle hoe weerloos voel mens dan op 'n motorfiets? Op dieselfde rit is Estelle se jonger boetie skielik oorlede en het ek in die groot verdriet van my hartsvriende gedeel.

Dit was 'n heerlike kuieraand tot nou toe: Baie lekker geeet, baie gesels, nou gaan ons gou 'n klompie foto's kyk.

Ek weet wie was besoekers 20 000 en 20 001 op die webblad. Andre Joubert van Naboomspruit was nr 20 000, en my liewe gewese buurvrou in Pretoria, Charlotte, was 20 001. Baie dankie aan ALMAL wat so gereeld saamgelees het!

Andre het vir hom nou 'n BMW 1200 GS gekoop. Ek kan net dink hoe gaan ons motorfiets gesels as ek terug is.

Groete!


Good evening!

I had a pleasant drive from Colesberg. The picnic basket was fully stocked: a little bit of rain, a lot of wind, enough cold, and sunshine from Bloemfontein.

Today I told myself a couple of times that I haven't travelled enough. I really wish that the road had no end.

This evening I am staying with Jacques and Estelle in Welcome. The two of them were involved in most of my preparation for Naboom2Germany. During one of our trips to Botswana, we had to share a roof tent after entering lion territory and after driving through a herd of elephants on a narrow dirt track. Do you know how vulnerable a person then feels on a motorcycle? On this same trip Estelle's younger brother suddenly died and I shared in the sorrow of my dear friends.

Up until now we've had a pleasant evening: we had a delicious meal, talked a lot, and now we are going to look at a couple of photos.

I also know who visitors 20 000 and 20 001 on the website were. Andre Joubert from Naboomspruit was number 20 000, and my dear former neighbour in Pretoria, Charlotte, was number 20 001. Thank you all for sharing in the adventure.

Andre bought himself a BMW 1200 GS. I can just imagine all the motorcycle conversations we are going to have on my return.

No comments: