Wednesday, July 23, 2008

Ek voel goed

Middag!

Ek is al byna twee weke af van my fiets. Dit het 'n tydjie gevat om gewoond te raak aan alles.

Ek voel opgewonde. Ek voel of ek binnekort kan besluit oor die vlg. toer. Geloof.

More is ek by twee spesialiste in Pretoria. Miskien het julle opgemerk dat ek op 'n paar foto's altyd 'n verband om my regtervoorarm gehad het. Dit was 'n besering wat nou aandag moet kry. En dan het die son ook bietjie skade aangerig en moet die een spesialis daarna kyk.

Ek het nie so goed soos die KLR gevaar nie. :-)

Volgende week hang ek bo die deur in die kantoor 'n vergroting van my fiets in die woestyn in Soedan. As ek opkyk van my lessenaar gaan ek direk in die foto vaskyk. Soedan ...

Volgende Woensdagaand praat ek die eerste keer oor my toer, en doen 'n skyfievertoning, hier in Naboom. Dan die 2 Augustus by CyTech. Ek sien uit daarna.

Groete!

No comments: