Tuesday, July 29, 2008

Ek sukkel nog steeds

Goeie more!

Ek sit en tik met die een vinger van my linkerhand. Dis moeilik met die gips aan die regterarm. Het jy al probeer tandeborsel met links as jy regshandig is?

Direk regs van my hang die foto van die KLR in die woestyn in Soedan. Elke opkyk is 'n ontsnappingsvlug.

Vanoggend land kollega Lize van Duitsland. Dan sal ek minder sukkel in die kantoor. Welkom terug Lize!

Helfte Januarie tot helfte Februarie het ons 'n maand verpligte FSA verlof. Ek dink dan aan kleinpaadjies ry: Noord-Kaap, Oos-Kaap. Wie ken die kruidenierswinkeltjie in Noenieput? Loch Maree? 'n Nag in die tentjie op Verneukpan? Lekker kronkelry tussen die ou sendingdorpies soos Wuppertal, Genadendal. Baviaanskloof. Laas toe ek daar was het ek 24 uur aan die 160 km gery. Die keer wil ek nog langer ry. En sommer weer in die Hel gaan kuier. Ek wonder of Nieu-Bethesda nog so ongerep is soos baie jare terug.

Daar is soveel stories in die pragtige land van ons.

Wie ken 'n pragtige klein dorpie ver weg van alles en wat 'n mooi storie het? Skryf vir my!

No comments: