Wednesday, July 16, 2008

Verlore! / Lost!

Goeie more!

Vandag is my derde dag op kantoor. My liggaam is hier, my kop ... sweef êrens oor Afrika. Dit is in elk geval nie met my nie.

My kollega Lize vlieg vanmiddag 13:00 Duitsland toe. Nou het ek nie 'n ander keuse as om hard terug te kom werklikheid toe nie. Kollega Suzanne uit Gauteng (die een met die rooi motorfiets) was hier vir twee dae. Ek het net weer eens besef dat die twee dames die grootste rede was hoekom ek Naboom2Germany kon doen. Ek is so dankbaar vir twee sulke lewensblye, professionele kollegas.

Ek het vanoggend twee e-posse gekry. Marius Venter van Interexcel het vir my die satelietmodem geborg. Marius het met sy e-pos suiwer in die kol getref. Ek haal aan:

Hallo Lodie,

Welkom terug in die land! Ons is almal trots op jou! Hoe sal die gewone sterfling weet wat jy ervaar en beleef het? Hoe sal die mense wat nou jou ruimte vul weet wat is alleenheid, hoe dit voel om in juis dit, regtig ekstase te kan beleef!? En kyk maar na daardie kaart en vra jou maar self af "Het ek dit regtig gedoen?". Jy gaan dit nog 'n zillion keer doen -en sit dan terug en laat die gevoel van behaagdheid jou omhul. Ja, jy het dit reggekry!!! Baie geluk!!!

Ek het tydens my toer baie aan woorde van Marius teruggedink. Ek het dit toe vir die eerste keer verstaan.

Ek is bevrees my vriende verstaan my nie nou altyd nie. Dit gaan nog 'n bietjie tyd neem.

'n Tweede e-pos vanoggend was van Coen Potgieter van Thabazimbi:

Hallo Lodie

'n Vriend van my, Freddie Senekal, het my 'n tyd gelede van jou webbladsy vertel. Soos baie mense, glo ek, het ek jou tog dop gehou sonder om kommentaar te lewer. Dit was inderdaad asof ek saam met jou getrek het. Ek is dankbaar dat jy veilig terug is.

Ek het self 'n KLR650 soos joune. Verlede jaar Februarie gekoop. Ek bly op Thabazimbi. Wil jy nie oorweeg om 'n KLR saamtrek te hou op Naboom een of ander tyd nie? Dit lyk my daar is heerlike grondpaaie tussen Tbz en Naboomspruit.

Ek hou van die idee van 'n saamtrek. Augustus en September gaan ek baie bedrywig en weg wees met my werk. So iets in die bosveld lente kan net lekker wees. Coen, dis 'n goeie idee. Hou die webblad dop!

Groete, en besoek die dagboek maar gereeld. As daar enige nuus is, skryf ek dit dadelik.

Today is my third day in office. I am back, but not my head. It is flying somewhere over Africa, dwelling on tracks where I've been, staying with people I've met.

My colleague Lize is leaving for Germany today. I don't have any other choice than to take up the spade and start working! My Gauteng colleague Suzanne (the one with the red motorcycle) was here for two days. I realised again that the reason that I could go on the Naboom2Germany trip is my colleagues Lize and Suzanne. I am so proud and privileged to have two such positive and bubbly colleagues!

I quoted two emails above, emails that I've received this morning. Marius Venter of Interexcel sponsored me the satelite modem. In his email he precisely predicted how my feelings would be since my return. He knows, as also he crossed Africa on a motorcycle.

Coen Potgieter from Thabazimbi wrote, asked about a KLR get-together in Naboomspruit some time or other. That is a good idea, and probably during our spring that may happen.

In any case, please continue visiting the website and diary, I will let you know about anything interesting happening.

Enjoy your day!

Lodie

No comments: