(English below)
Middag! Ek het gister vertel van die een ambassade se reaksie op my visumaansoek. Ek het vandag 'n baie groot waagstuk aangegaan om weer 'n voet in die deur te kry. Werk dit, lag ek al die pad. Werk dit nie, is my toerbegroting 'n venynige slag toegedien. Nou is dit wag en kyk. Ek sal na die tyd alles vertel.
Ek het vandag my dollars gaan bestel by die altyd-behulpsame Mariaan by die FNB op Naboom. Ek het 'n begroting per dag waaraan ek moet hou: Petrol, kampering, kos. Hoe verder ek 'n dag gaan ry, hoe minder gaan die eet wees, en omgekeerd. Ek gaan streng by my begroting hou. Dit gaan opwindend word.
Groete!
Good afternoon! I told you about the one rejected visa application yesterday. Today I decided to take a huge risk regarding the visa. If it is going to pay off, I am going to laugh all the way. If not, my travel budget will suffer. I didn't have any other choice. It is either a visa or bust. I should know the outcome next week, and then I will tell you what I've done.
Today I ordered my dollars from the very helpful Mariaan at our FNB branch in Naboomspruit. I have a set budget per pay: Petrol, camping, food. If I have a long day in kilometers I am going to eat less. As easy as that. I have to stick to my budget, and that is going to be fun, believe me!
Regards!
No comments:
Post a Comment