Wednesday, February 27, 2008

Uitslag van bloody insane visumaansoek wat rubbish is

(English below)
 
Vandag loop ek nie op vier silinders nie, net so op drie. Alles gaan stadig, rukkerig, en die groot vrede is nie in my nie.
 
Thuli het netnou oor die moeilike visum gebel. Ek vertel julle netnou meer daaroor.
 
Die laaste paar dae was ek met indrukwekkende mense deurmekaar. Ek is bevoorreg. Miskien is dit die rede hoekom ek binne so onvredig is. Ek wil begin ry. Daardie mense weet al hoe dit voel as jy in dae se sand is en die enigste pad is die pad verder vorentoe. My sandervaring daarenteen is beperk tot 'n paar honderd kilometer. 
 
Ray Muller het in een van sy skrywes geskryf:
   
  • This trip is going to be one of the most challenging and demanding undertakings of your life. This is a very physical, mental and spiritual challenge.
Ek raak nou haastig om in die saal te kom! Laat die uitdagings, probleme, burokrasie, sand en modder, woestyn en hitte kom! Ek gaan nie altyd regop bly nie maar ek gaan elke keer weer opstaan.
 
Terug na Thuli: Die moeilike visum is uitgereik!!!!!! Ek het nie omkoopgeld betaal nie. Die man van die ambassade het heeltyd gesê as ek 'n retoervliegkaartjie sou gehad het, dan sou hulle die visum gee. Ek het op die internet die goedkoopste retoerkaartjie van die buurland af soontoe gekoop en dit saam met die visumaansoek die tweede keer ingegee. Noudat die visum uitgereik is, gaan ek die kaartjie weer kanselleer. Ek gaan nie nou die land se naam noem nie, eers as ek klaar is, sal ek julle sê wie dit was.
 
Hoe sinneloos kan burokrasie tog wees!
 
 
 
Today my engine isn't running on four cylinders, only three. For some reason I don't have the relaxed feeling of having everything under control.
 
Thuli called an hour or so ago about the difficult visa. More about that later.
 
The last few days I had contact to a number of impressive people. I am so privileged. Perhaps that is the reason for my inner dissatisfaction. I want to get going. I want to experience what they've experienced already. They know the feeling of being in sand, and the only way out is the track ahead of you, stretching out for days and days of hard riding. I feel irritated that my own sand experience is limited to a few hundred kilometers in Botswana and Namibia.
 
Ray Muller wrote:
 
  • This trip is going to be one of the most challenging and demanding undertakings of your life. This is a very physical, mental and spiritual challenge.
I am ready for the challenge. Let the problems, bureaucracy, sand and mud, desert and heat start! I am not always going to stay on top but I will get up each time.
 
Back to Thuli: The difficult visa has been granted! I didn't try to bribe them. The difficult gent said a couple of times to me if I had a return air ticket they would have issued the first time. In the internet I bought the cheapest return ticket from the neighboring country and added it to the application the second time. They issued the visa. And I am going to cancel the flight ticket now ... Forgive me for not giving the name of the country now. I will do that, as soon as I have travelled through that country.
 
How ridiculous can it be.
 

No comments: