(English below)
Ek het vandag 'n diep filosoof ontmoet. Sy naam is Marius Venter van Interexcel - www.interexcel.co.za.
Hy het verlede jaar met twee vriende vanaf Tunisië tot in Suid-Afrika gery, tot by Kaap L'Agulhas, met motorfietse. Die webblad oor hul rit is by http://www.itsaboutliving.co.za/
Ek het verlede week navraag by Marius gedoen om miskien sy BGan, 'n satelietterminaal, te huur. Daarmee kan mens enige plek ter wêreld die webblad opdateer, al is dit in die middel van die woestyn.
Nie net is dit 'n baie duur apparaat nie, ook die bedryfskoste is baie hoog.
Op 20 Februarie antwoord Marius my op my e-pos: "Daar is geen koste - solank jy dit geniet."
Net so.
Ek was vanoggend by Marius. Wat 'n interessante mens met eie opinies! 'n Denker. Gaan kyk na sy webblad.
So, dis nou finaal. Danksy Marius se ruimhartigheid sal ek julle almal op hoogte van Naboom2Germany kan hou, van daar waar geen internetkafees of selfoonopvangs is nie. Ek sien uit na die eerste woestynfoto op die dagboek, met sand, 'n motorfiets, 'n tentjie.
Today I met a philosopher, a person with a broad mind and view on many things. His name is Marius Venter from Interexcel - www.interexcel.co.za.
Last year he, with two friends, travelled down the length of Africa, from Tunisia to Cape L'Agulhas, South Africa, on their motorcycles. The website about their trip is at http://www.itsaboutliving.co.za/
Last week I sent an email to Marius, enquiring about renting his BGan, a satellite terminal, with which one can get internet access via satellites anywhere on the earth.
Not only is it expensive, the operational costs are immense.
On 20 February came the reply on my email: "No costs - as long as you enjoy it."
As straight forward as that.
I met Marius this morning. He is a very interesting, deep person with his own views on life, travel, and religion. Have a look at his website.
I can now confirm it. Thanks to the generosity of Marius you will be able to read daily updates on Naboom2Gemrany from the most remote spots on earth where there are no internet cafes or cell coverage. I look forward to the first desert picture of only sand, a motorcycle, a tent.
No comments:
Post a Comment