Sunday, February 24, 2008

Besoek uit Pretoria

(English below)
 
Ek het die naweek besoek uit Pretoria gehad. Johannes en Liezel Cronjé kom 'n láááng pad met my. Ons is bosvriende, redeneer-vriende, ons het ook al in mekaar se hartseer gedeel.
 
Ek het in 2003 een Septemberdag in Kasane aangekom het na 'n lang tyd in Moremi en Savuti sonder kontak met die buitewêreld. Toe ek my selfoon aansit, het 'n sms van Johannes deurgekom. Hulle 17 maande oue seuntjie Ruben is dood.
 
Terug in SA het ek twee hartseer vriende aangetref, maar deur hulle geloof so sterk dat hulle eerder hul vriende ondersteun het as andersom.
 
Van Johannes kom die spreuk: "What a spade I've got in Jesus". Hoe groter die probleem (bostaal - hoe dieper die sand) hoe groter is die Genade (Bostaal - hoe groter is die graaf).
 
Hulle het dié naweek die eerste plakker op my nuwe tasse kom plak.
 
Die storie moet julle nie bedruk maak nie. Inteendeel. Dit maak my elke keer opnuut opgewonde as ek daaraan dink dat daardie plakker vanmiddag oor drie weke bo in die noorde van Botswana is, besig om 'n wonderlike boodskap uit te dra! Op die foto is Leané, Ruben se tweelingsussie, Johannes en Liezel.
 
 
 
Friends from Pretoria came to visit me this weekend. Johannes and Liezel Cronjé and I shared many fires on a long and twisting road that lies behind us. We shared so much in our friendship: Joy, but also sadness.
 
One September day back in 2003 I arrived in Kasane after a long time spent in Moremi and Savuti without contact to the outside world. After I had switched on my cell phone an sms from Johannes came through. Their 17 month old son Ruben passed away.
 
Back in South Africa I met two sad but strong friends. They supported rather their friends than the other way around.
 
From Johannes came the saying: What a spade I've got in Jesus. The bigger the problem (bush lingo - the deeper the sand) the bigger the grace (bush lingo - the bigger the spade).
 
This weekend they put the first sticker on the new panniers on my bike. 
 
The story may sound sad, but it is not. I get so excited when I think that today in three weeks that little sticker will be up north in Botswana, spreading a wonderful message of hope! On the photograph are Leané, Ruben's little twin sister, Johannes and Liezel.

2 comments:

Emil said...

Hi, Lodie

Ek volg steeds jou vordering. Het reeds onlangs geskryf, maar dalk het dit in die elektroniese eter verdwyn!

Ja, dis baie besonders om jou vriende se geloof te hê. God is onbeskryflik wonderlik! Mag alles vorentoe goed verloop - beny jou baie, maar ek het self 'n droom of twee!

Groete, tans uit Vredenburg aan die Weskus!

Emil

Lodie said...

More Emil!

Goed om weer van jou te hoor!

Ek kan nie anders as om alles te beaam wat jy geskryf het nie!

Sterkte met jou drie maande daar ver aan die Weskus. Kry jy kans vir fotografie?

Groete

Lodie