Monday, February 4, 2008

Maandag 4 Februarie

(English below)
 
Middag!
 
Ek het die naweek die twee internasionale rybewyse gekry wat ek moet hê op my rit deur Afrika. Ek is nuuskierig of ek dit ooit gaan nodig kry.
 
Hoekom 2?
 
Sommige lande het die 1949 Konvensie op Padverkeer onderteken, ander die 1968 konvensie. Ethiopië het geeneen van die twee konvensies onderteken nie.
 
Dit werk mos so. As mens al die dokumente het, vra niemand daarna nie. Ek sal laat weet of ek dit ooit nodig gekry het.
 
Vanoggend om agt het die 40 dae voor vertrek verander na 39 dae. Ek kan nie nou eers meer 40 dae vier nie :-)
 
So 'n laaste nagedagte. Rusland. Wladiwostok. Aanluitend aan Naboom2Germany. Sou dit nie lekker gewees het nie? Dit bly egter nog net 'n droom.
 
 
Good day!
 
I received both my international driving permits this weekend. I am supposed to have two. Whether I am going to need them? I don't know.
 
Why two?
 
Certain countries signed the 1949 Convention on Road Traffic, others the 1968 convention. Ethiopia didn't sign any of those treaties.
 
Life works like that. If you have all your documentation in place nobody asks for it. I will let you know whether anyone has asked for my international driving permit.
 
This morning at eight the count down changed from 40 days to 39 days. I'm gonna give you 40 days, to get going!
 
To end off. Russia. Wladiwostok. Directly after Nabbom2Germany. What an idea! What a dream! However, for the time being it stays a dream.

No comments: