(English below)
Die boonste foto van die maan moes eintlik heel onder gewees het. Vandag wil die "editing" nie so lekker werk nie. Jammer daaroor.
Ek beleef vandag 'n juigdag-terwyl-ek-omkyk! Eergister is die koerier summier weggestuur van die ambassade wat my visumaansoek as filosofiese snert beskryf het. Vandag was die koerier weer daar met dieselfde visumaansoek plus my dobbelstuk van gister. Hulle het dit aanvaar en Woensdag sal ek hoor of die visum goedgekeur is! Dan vertel ek julle wat ek gedoen het.
My tweede juigrede: Ek het gister 'n e-pos uit Pretoria ontvang wat my sprakeloos gelaat het. Ek hoop om binnekort alles te kan bevestig. Kan julle dit voorstel as ek in die woestyn kampeer, dis net sand, my fiets, my tentjie, en dieselfde aand kan julle die dag se berig en foto op die webblad sien? Die moontlikheid bestaan!
Daar is nog engele hier op aarde.
En ek juig omdat ek einde volgende week ophou werk ... (nee, vir een keer in my lewe voel ek nie sleg om nie op kantoor te wees nie :-)
The first photograph of the eclipse of the moon should have been the last in the series. For some reason the editing doesn't work today.
Today I feel like singing and shouting. The reason? My visa application, that one described as philosophical rubbish, was again delivered to the embassy today, included my piece of gambling of yesterday. Two days ago the courier was sent away without them even taking the forms. Today at least they took it. I will know the outcome next Wednesday. Then I will tell you what I've done.
The second reason why I am singing and rejoicing: I received a very exciting email from Pretoria yesterday. There is a very, very good chance that I may get the equipment to do daily updates via satelite on the website! Can you imagine reading the daily update, seeing a photograph of my desert camp, my bike, my tent, and sand?
There are still angels on planet earth.
And I rejoice, because, end of next week I stop working... (And for the first time in my life I will be glad not to be at office :-)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment