Wednesday, April 23, 2008

Woensdag - laaste dag in Khartoem.

Goeie middag vir hopenlik die laaste keer uit Khartoem!

Baie mense het gevra dat ek weer die moontlikheid aktiveer sodat hulle direk by die inskrywings kommentaar kan lewer. Ek het so gedoen. Sou daar 'n suspisieuse inskrywing met 'n internetskakel verskyn, ignoreer dit asb. Rina, sal jy asb. alle sulke valse kommentare verwyder? Baie dankie!

Ek het my registrasie vandag gekry en ry more vroeg 05:00 verder. Die hitte is byna ondraaglik. Ek het vir my my doelwitte duidelik gemaak. Ek is op die toer om te sien en te geniet. As die hitte seermaak warm is, gaan ek omdraai terug Khartoem toe en Sondag die twee dae lange treinrit Wadi Halfa toe aanpak. My toer is nie om rekords en ander domhede op te stel nie. As alles egter goed gaan, hoop ek om teen Maandagaand by Wadi Halfa aan te kom.

Of ek saans die krag gaan he om nog die laptop aan te sit vir 'n kort berig, sal ek moet sien. Die hitte ...

Groete, tot ons weer gesels!


Good day, hopefully for the last time from Khartoum!

A number of people asked whether I again could activate the comments on the blog. I have done so. Should you see any comments with a weird link, please ignore that. Rina, will you remove such comments please? Thank you so much.

I was registered today. So, I am leaving Khartoum early tomorrow at 05:00. The heat here is nearly unbearable. I formulated my objects again: I am on this tour to see and enjoy. If the heat is going to hurt me I am going to turn back to Khartoum and tackle the train on Sunday to Wadi Halfa. I am not on this tour to break records or do other stupidities. However, if I can cope I hope to reach Wadi Halfa on Monday night.

Whether I am going to have the energy to write a short report at night we'll have to wait and see. The heat ...

God bless, until we speak again.

1 comment:

Anonymous said...

Ek vir jou af man ... ek volg jou Blog getrou sedert die begin en ek is baie beindruk met die manier waarop jy hierdie epiese tog hanteer.

Sterkte

Colyn