Tuesday, April 29, 2008

Bruin Dinsdag in Wadi Halfa

More uit W H!

Laasnag het die wind weer erg gewaai en my tentjie heen en weer geruk.

Vanoggend het ek die papierwerk vir more se vertrek Egipte toe afgehandel. Nou is dit net die laaste dag omkry.

Vrydag was die temperatuur in Khartoem 53 grade! Saterdagnag was daar 'n sandstorm met byna 0 m sigbaarheid. Ek is bly ek het dit gemis.

Gister het ek saam met die Nubiƫrs gesit en tee drink. Ek het 'n overlander voertuig gesien nader kom. Suid-Afrikaners! 'n Pa en seun. Voor ek my kon voorstel, vra die pa of ek Lodie van Naboom is. Toe kom die snaaksste storie.

Waar hulle die vorige nag in die woestyn by die Nyl oornag het, kom 'n seuntjie na hulle toe aangestap. In sy hand het hy iets vasgehou wat hy vir hulle kom wys het. Dit was die muntstuk wat Krap vir my gemaak het met die SA vlag en my naam op. Dit was die seun van die mense wat aangebied het dat ek by hulle kon kom slaap. As dankie het ek die seun 'n muntstuk gegee.

So klein is die woestyn!

Mooi loop!


Good morning from Wadi Halfa!

Last night we had a windy night. The sand-laden wind played havoc with the tents.

This morning I completed the paper work for the departure to Egypt tomorrow. Now I have to get this last day over.

On Friday the temperature in Khartoum was 53 degrees! On Saturday night there was a sand storm with nearly 0 m visibility. I am glad that I've missed that!

Yesterday afternoon I sat with a few Nubian people, drinking tea. I saw an overlander vehicle approaching. South Africans! A father with his son. Before I could introduce myself the dad asked me whether I was Lodie from Naboom. Then he told the weirdest story.

Where they spent the night at the Nile in the desert on Saturday night a young boy came to them and showed them something. It was the coin that Krap had given me with the South African flag on it and my name! That was the family that invited me to stay over and where I had to decline! I gave the young boy a coin as sign of my appreciation.

So small is the desert!

Regards!

No comments: