Monday, April 28, 2008

Bruin Maandag in Wadi Halfa

Middag uit die bruine, sand- en stofbedekte dorpie aan die Nubiese meer (of Lake Aswan). Ek bring my wagtyd tot ek Egipte toe kan vertrek deur met lees, skryf, koue water drink en ... ek het 'n plekkie met die soetste soet gebak ontdek!

Ek het nou net 7 stukkies gaan eet en ril nou so van soetigheid dat ek bly is ek het nie valstande nie.

Die reisgidse beskryf Wadi Halfa as 'n "hole" wat jy moet aandoen net kort voor die ferry vertrek. Ek geniet die plekkie al is dit so vuil dat ek gril. Dis miskien omdat ek alleen reis dat ek makliker toegang tot die plaaslike mense het. Hulle bly my enigste menslike kontak.

My enigste werk is om my fiets van een skadukol na die volgende een te skuif.

Vanoggend toe ek wakker geword het, het ek 'n eienaardige gemis in my gehad, na die klein Nubiese dorpies baie ver suid van hier aan die Nyl. Ek wens ek kon vanaand saam op die grond in 'n kring sit en my hande in die tamatieslaai en boontjiebredie indruk en daarna behaaglik my vingers skoon lek.

Aan my sus Ina wat vandag VSA toe vertrek, mooi loop, mooi bly, lekker werk. Ons gaan jou mis maar gaan definitief kom kuier!

Groete


Good day from a brown, dust- and sand-covered Wadi Halfa on the shore of the Nubian Lake (or Lake Aswan). I spend my days here by reading, writing, drinking cold water and doing nothing!

I discovered a place with the sweetest cake. I had 7 pieces now and am so sweet that only the thought of an 8th piece makes me sick!

Travel guides describe Wadi Halfa as a hole where one must spend as little time as possible. I enjoy my time here, even if this village is as dirty as it could get. Perhaps because I am travelling alone that I enjoy the humanity more than seeing the dirt on the surface.

My only duty is to move the bike from shade to shade.

This morning I woke up with a strange feeling of missing something. I was missing the soul and heart of the Nubian villages far south from here. I wish I could have been there tonight, sitting with the people in a circle on the ground, digging with my right hand into the tomato salad and bean stew and cleaning my fingers with my lips.

Tonight my sister Ina leaves for the USA. Go well and take care! We will miss you but we will come and visit!

Regards

1 comment:

Anonymous said...

Dankie vir die lekker manier van vertel.

Geniet dit en hou ons op hoogte.

Groetnis

Colyn