Tuesday, April 22, 2008

Khartoem - Dinsdag

Ek het vanoggend vir 'n oomblik gedink ek is die enigste oorlewende
van 'n gasaanval deur 'n onbekende vyand op Khartoem gewees.

Die strate was dolleeg. Nerens was 'n mens of motor of taxi te sien
nie. En dit na gister se dolle gejaag deur oorvol strate.

Dis vandag 'n vakansiedag, sensusdag. Almal moet by hulle huise bly
tot die tellers daar was. As die tellers daar was, verf hulle 'n kode
op die deur.

Ek moes vandag by die registrasie gewees het. Niemand het my van die
vakansiedag gese (kappie) nie! (Toe ek 'n deelteken netnou wou maak
met die kombinasie sleutels het my hele boodskap verdwyn! Dis vers
twee die)

So, dis nog 'n verlore dag. Ek het nou die keuse: Of ek gaan sit en
"sulk" of ek maak die beste uit die Khartoem ondervinding. Wat ek aan
ryervaring verloor moet ek net aan kultuurervaring opmaak.

Ek moet volgende Woensdag uit Soedan wees. Dis oor die 800 km na die
Egiptiese grens toe waarvoor ek ten minste ses dae nodig gaan he en
dan mag niks verkeerd loop nie. Die ander alternatief is die beroemde
/ berugte woestyntrein met die mense wat op die dak sit en wat vir
twee dae voortskommel. Wat ook al, beide gaan 'n groot ervaring wees.

Ek het vanoggend myself bekyk. Ek verloor gewig! My gesig lyk maer. In
die hitte kan ek nie eet nie. Na Saterdag se grensete het ek
Maandagaand die eerste keer weer geeet. Ek was net nooit honger nie.

Ek heg twee foto's aan. Die een is van die brug oor die Blou Nyl vanaf
die kampeerplek. Die ander foto maak my 'n bietjie bekommerd. Kyk na
die regter rand van die band. Daar sit 'n swart brandstreep reg rondom.

Ek het eers gedink die band het aan die uitlaatpyp geskuur. Dit is
egter nie so nie. Met die temperatuur hier hoog in die veertigs
(gister was 47) is enige teer- of grondpad kokend warm. Ek vermoed die
intense hitte het die banddruk so verhoog dat die band toe deur die
uitlaappyphitte geskroei is. Wat dink die tegniese manne van die
probleem? Dit bekommer my 'n bietjie.

Laasnag het ons 'n groot sand- en windstorm gehad. Bome in die strate
is omgewaai met sand en stof orals. Ek is nou besig om klere te was om
alles skoon te kry. Die tentjie het sy man goed gestaan.

Nou ja, dit was 'n lekker lang gesels. Wie weet wanneer daar weer so
'n kans gaan wees.

Groete!

This morning I thought I was the only survivor of a gas attack by some
unknown enemy on Khartoum.

The streets were empty. Nowhere were any people or cars or taxis. And
that after the mad day yesterday with streets filled to capacity with
kamikaze drivers.

It is a public holiday today. It is census day. The Sudanese people
have to stay at home until they have been counted. When that has been
done, the counters paint a code on the door as proof.

The only problem is that I had to be at the registration today. No one
told me about the holiday day!

So, another day lost. I have a simple choice: I can sit and sulk or I
make the best of the Khartoum experience.

I have to be out of Sudan next Wednesday. The border is over 800 km
from here. I need 6 days to ride there. Then nothing may go wrong. The
alternative is the well known desert train with the people sitting on
the roof. It is a rough ride over two days.

This morning I had a good look at myself. I've lost quite a lot of
weight. Even my face looks thinner! After the border meal on Saturday
I ate the first time again on Monday night. I never was hungry.

I attached two photographs. The one is of the bridge over the Blue
Nile as seen from the camping site. The other one worries me. Look at
the right side of the tyre. There is a black burning mark round it.

I first thought the tyre touched the exhaust pipe. It didn't touch.
With the extreme high temperatures (yesterday was 47) any road, tarmac
or dirt, is scorching hot. I think that led to an increase in the tyre
pressure which narrowed the gap between the exhaust pipe and tyre. The
heat of the pipe scorched the tyre. What do the technical guys think?
It worries me.

Last night we had a huge wind and sand storm in Khartoum. Trees were
uprooted and sand everywhere. I am busy washing clothes to get it
clean again?

That was a lovely long chat now. Who knows when there will be chance again?

Regards!

No comments: