(English below)
Ek het vanoggend vyfuur met die KLR die pad gevat Pretoria toe. Die Doohickey moes vervang word. Julle wat gereeld hier lees, sal weet wat dit is.
Dit was nog donker toe ek by die huis weg is. Vroegoggende is die reuk van die bos vir my baie meer intensief. Vanoggend was ek gelukkig en het ek 'n pragtige koedoebul langs die pad gesien. 'n Gewone Sondagmiddagrit by ons verander baie vinnig in 'n "game drive" met die getal wild wat 'n mens langs die pad op plase en reservate sien.
'n Vriendin van my wat nou in England woon, het een keer selfs 'n trop leeus gekry by Entabeni wat langs die draad aan 'n wildebees gelê en vreet het.
Een week en twee dae voor ek Afrika invaar. Wat 'n fees van kleur en geur smaak wag daar op my! Ek sien uit na my eerste beker tee op pad waar my fiets, soos op die foto hierbo, langs die pad onder 'n groot boom gaan staan. Vrede in Afrika, nog groter vrede in my hart.
Ek het die foto vanoggend geneem. As jy op dit kliek, kry jy die groter foto.
I left home this morning at five. I had to take the KLR to Pretoria to replace the Doohickey. You all know what a doohickey is?
It was still dark. Early morning in the bushveld the typical "smell" of the bush is more intense than at any other time of the day. I was lucky and saw a beautiful kudu bull next to the road. It happens often that a normal Sunday afternoon ride turns into a game drive with all the game that roam the farms and reserves of our area.
A friend of mine that lives in England now once saw a pride of lions next to the Entabeni fence, feasting on a wildebeest carcass.
One week and two days before I leave on the tour. It is going to be a festival of colors and tastes and odors awaiting me! I look forward to my first mug of tea under a big shade tree next to the road. Look again at the photograph above. Can you picture me sitting next to my bike with my tea? Peace and harmony in Africa, even more in me.
I took the photograph this morning. If you click on the photograph you will get the normal size photograph.
No comments:
Post a Comment