Wednesday, March 19, 2008

Dit was 'n lang Woensdag

(English below)
 
Ek het nie baie van vandag gehou nie. Ek gaan in die toekoms rusdae beperk.
 
Ek het die fiets vanoggend deurgegaan, skoongemaak, geolie, entjie gaan ry, gaan kyk hoe Lusaka lyk. Daarna het ek hier waar ek bly, gaan stap en na sonneblomlande gekyk, blomme afgeneem, foto's van die kampterrein geneem, en nou sit ek en wag dat ek more kan begin ry. Hierdie kamp is 'n overlander kamp, en ek het gehoop dat hier miskien die een of ander overlander gaan wees. Hier is niemand nie. :-)
 
Zambie (deelteken :-) is 'n duur land. Nie net die petrol is bitter duur nie, ook goedere in die winkels, soos kos, is vir my baie duur. Hoe kry die mense geleef?
 
Vandag het die son vir 'n rukkie geskyn, maar dit het nou net weer begin drup.
 
More ry ek reg oos, hopenlik tot by die dorpie Petauke. Oormore behoort ek in Malawi te wees, maar nog nie by die meer nie.
 
Vandat ek op pad is, het ek die Suiderkruis nog net twee keer gesien. Die res van die nagte was bewolk.
 
Ek was bederf nou met die internet. Binnekort is dit nie meer moontlik om per GPRS die opdaterings te doen nie.
 
As enige iemand direk op 'n inskrywing wil kommentaar lewer, kan julle dit oor die Wegbreek doen (www.wegbreektydskrif.com). Op die voorblad is die bloglink. Rezanne sal vir my alle kommentare aanstuur.
 
Geniet jul aand!
 
 
 
I don't appreciate rest days. I have to restrict them to the bare minimum.
 
This morning I checked the bike, made sure that all bolts were still tight, I oiled the chain and then rode to Lusaka to see a bit of the city. Back at the camping site I walked a while, went to see the sunflower fields, took photographs of flowers, the camping site, my bike, just playing to kill the time.
 
Zambia is an expensive country. Not only the petrol but also the basic commodities in the shops are so much more expensive than in South Africa. I wonder how the average Zambian manages to live.
 
Tomorrow my route goes directly east. I hope to spend the night at the village called Petauke. The day thereafter I should be in Malawi, if not at the lake.
 
Since I left I saw the Southern Cross only twice. The rest of the time the heaven was covered with a thick layer of clouds.
 
I was spoilt with the internet available in Zambia. Soon I cannot use GPRS anymore, have then to use the expensive satellite communication.
 
If anyone would like to comment on any contribution in my diary you can do it directly over the website of the Wegbreek magazine (www.wegbreektydskrif.com). You'll see the link on the front page. Rezanne will send me any comments.
 
Enjoy your evening!

No comments: