Wednesday, March 5, 2008

Die mense agter die name

(English below)
 
As 'n mens 'n reis beplan, ontmoet jy baie mense. Ontmoet is miskien nie die regte woord nie want jy leer die mense ken sonder om hulle enigsins in persoon te ontmoet.
 
Jean en Hannelie Visser is twee sulke mense. Ek hoop werklik dat ons paaie êrens in Afrika gaan kruis. Kan julle jul dit voorstel hoe ons gaan gesels (veral ek!) as mens mekaar duisende kilometers van Suid-Afrika raakloop? Jean en Hannelie vertrek met hul twee seuns op 'n jaarlange toer om Afrika, en in Europa in, einde Maart.
 
Twee ander mene wat vir lank, byna 'n jaar lank, net name vir my was, het ek vandag ontmoet. Gerrit Rautenbach is redakteur van die Wegbreek en Rezanne Wessels subredakteur. Die twee is gesoute reisigers wat al ver paaie afgelê het. Gerrit kan vir jou met smaak vertel wat pampoer is en hoe dit gemaak word. Rezanne is 'n borrelende,energieke mens wie se reiservarings om baie kampvure vertel kan word. (Dit is mos onmootlik dat 'n reistydskrif deur net leuenstoelreisigers gelei kan word)
 
Gerrit en Rezanne is die twee mense op die foto hierbo.
 
 
 
If you plan a long journey one meets many interesting people during the planning phase. Perhaps it is wrong to use the word "meet" because one knows those people without having met them personally.
 
Jean and Hannelie Visser are two of those people that I would love to meet. I firmly believe that that will happen, probably many thousands of kilometers away from South Africa. Can you imagine when that happens how we (especially me!) will chat without end? Jean and Hannelie leave on a year long journey around Africa and into Europe end of March.
 
Two other people that I knew since nearly a year without having met them, are Gerrit Rautenbach, editor of the Wegbreek travel magazine, and Rezanne Wessels, sub-editor. This morning I had the privilege of meeting both of them. They are seasoned travellers. If you would like to know what pampoer is, Gerrit can tell you. Rezanne is a sparkling, energetic lady whose travel adventures can fill many evenings around a camp fire. They lead by example in the Wegbreek camp.
 
Gerrit and Rezanne are the two people on the photograph above.

1 comment:

Rezanne Wessels said...

Lodie

Dit was vrekken lekker om jou te ontmoet. En nou kan die ander Wegbreek-vriende, Jean en Hannelie Visser, ook nie wag om ook saam met jou 'n koffie of twee te drink nie.

Ek het jou selnommer vir hulle aangestuur met die stertjie dat jy die week nog in Pretoria is.

Lekker kuier en nou is dit min slapies vir jou.
Soos die Wegbreek-groet lui:

Reis sonder einde

Rezanne