Monday, March 17, 2008

Sondag - Botswana, Kazangula

(Erens in die internet swerf nog 'n kopie van die berig rond. Ek is nuuskierig wanneer dit op die dagboek gaan verskyn)

Ek het die Choberivier bereik. Ek is nou net ‘n paar kilometer van die punt waar Zimbabwe, Botswana, Namibië en Zambië bymekaar kom. More al verlaat ek Botswana.

Saterdag se afskeidneem in Naboom was vir my bietjie emosioneel. Ek het altyd ‘n klein hartjie wat dit betref. Die vriende en familie wat daar was, baie dankie! Dries, jou gebed voor ek vertrek het se krag sal tot op die einde hou.

Johannes en Keat, twee goeie vriende het tot by die grens saamgery. Vriendskap hoef nie groot woorde te hê nie. Dit geld vir dié twee.

My ry Francistown toe was moeilik. Ek was moeg na die vorige nag se min slaap. Ek het al begin uitkyk vir ‘n plekkie in die bos waar ek my tentjie kon opslaan om sommer net daar die eerste nagstop te hê.

Toe ek my tent in by Francistown opslaan, was twee dierbare mense uit Krugersdorp dadelik by en het hulle my iets te drinke aangebied. Ek het hul visitekaartjie verloor, en daarmee saam hulle name. As julle hier sou lees, maak asb. weer kontak!

Sondag toe ek opgestaan het, was dit bewolk. Heel eerste wou ek die pragtige klein meisietjie wat ek en Estelle verlede jaar afgeneem het, gaan besoek om vir haar die foto’s te gee en ook die teddie wat Helen vir haar gekoop het. Sy was nie by die huis nie maar haar ouer sussie wel. Die meisietjie se naam is Fortune en sy is vannaand besitter van ‘n nuwe teddiebeer!

Na Nata het die pad ‘n slaggat nagmerrie geword. Suid-Afrika, slaggate is nie uniek aan Suid-Afrika nie! Die pad tussen Nata en Pandamatenga se gelyke het ek nog nie in SA gesien nie.

Ek moes die hele tyd heen en weer tussen die slaggate swenk en swaai. Donderweer het begin ophou en ‘n storm het losgebars wat my spoed na 40 km/h afgebring het. Die pad was toe onder die water en die slaggate onsigbaar. Kort voor Pandamatenga het ‘n vragmotor gerol en het bier verstrooid in die bosse gelê. Toe ek daar verby ry, het ‘n klompie manne my bier in die hand toegejuig. Hulle het hulself behoorlik gehelp (Marietjie, die Edenburgers …)

Ek is baie bekommerd oor die gewig van die fiets. Ek het al klaar my tie-downs en stofie teruggestuur SA toe met die egpaar van Krugersdorp. Ek sal van nog goed moet ontslae raak. As die fiets met sy gewig soos nou in sand en modder moet gly, is daar geen manier dat ek dit gaan regop hou nie. Met my beseerde regterarm gaan ek swaar kry. As ek uit Nairobi wegry oor twee weke moet die gewig ‘n derde minder wees as nou.

Sondag het dit beter as die vorige dag gegaan. Ek het die digte groen bos vandag baie geniet en in die stortreën het ek vier keer olifante gesien. Die reën het enige foto’s onmoontlik gemaak.

Om al my baadjie se onderlae by die huis uit te gehaal het, was miskien een van my minder intelligente oomblikke. Ek was vandag nat tot op die vel.

Die fiets loop nog steeds soos ‘n droom. Ek het vandag my langste sit sonder pouse op die fiets gehad, volle vier ure. Dit het so gereën dat stop sinloos sou wees.

More, Maandag, het ek ‘n kort rydag en dan gaan ek die fiets deeglik versien en die ketting verstel en olie.

Naboom2Germany is more in die derde land na Saterdag se vertrek.

Groete!

I have to apologize to all the people that read the English translation. It takes so much time writing and translating that I am afraid the battery of the laptop will be flat before I can recharge it. Therefore the English section will be a bit shorter.

I had a difficult ride yesterday, Saturday. I was tired of too little sleep, and I felt a bit drained after the emotional farewell at my house.

Johannes and Keat, two good friends, rode with to the Botswana border. After that I was on my own, as for the next three months.

I was so sleepy I could hardly keep my eyes open. I even started looking out for a suitable spot in the bush to pitch my tent for an early end of the first day.

I met very friendly South Africans and Zimbabweans in Francistown. Their hospitality towards a stranger was heart-warming.

Sunday morning I went to visit a beautiful little girl that we photographed last year. Unfortunately she wasn’t at home but her elder sister was and she received the teddy bear that Helen bought on her sister’s behalf. She promised to give it to Fortune, the little star.

The stretch between Nata and Kasane was a nightmare: The worst possible potholes covered the tar. To make things even worse a hell of a storm broke out and masses of water covered the tar road and potholes. It took me four hours of non-stop driving to get to Kasane, a distance of only 320 km.

Tomorrow, Monday, is going to be a short day. After the ride I will check my bike thoroughly and adjust and oil the chain. The KLR is a real gem.

However, I believe I still have too much luggage with. I have to leave stuff behind. When I leave Nairobi in a few weeks from now I had to reduce the weight of the luggage with a third. With my injured right arm I am going to battle to keep the bike upright in mud or sand.

Naboom2Germany is in the third country tomorrow after my departure from Naboom on Saturday.

I wish you all a wonderful day!

No comments: