Wednesday, March 19, 2008

Petrol R 16.16 per liter!

(English below)
 
Zambië – net suid van Lusaka
 
Dinsdagoggend redelik vroeg is ek weg van Livingstone. Ook maar goed so. Skaars weg uit die dorpie toe slaan ek die eerste slaggat. Dit was nie 'n enkel outjie nie. Vir die volgende 70 km was hulle ingeryg in asbrekende afstand. Met die motorfiets was dit makliker om die reuse gate te vermy. Die vragmotors het swaar gekry. Ten minste tien het stukkend gestaan oor die 70km. Een het op sy sy gelê. (Foto 2 van gister)
 
Ek het net onder twee uur geneem om die 70 km af te lê. My fiets het 'n paar harde slae gekry.
 
My begroting is taamlik in die war met Zambië se petrolprys van R 16.16 !!
 
Die pad het die hele dag deur digte bos gekronkel. Voor die aanhoudende bos vervelig kon word, het 'n klein dorpie met hutte, kolle mielievelde en verwaarloosde geboue verskyn. In een so 'n dorpie het ek twee soet piesangs en 'n tipe broodjie vir middagete gekoop. Soos in die res van Afrika is die fiets dadelik deur nuuskieriges omring. Omring soos in styf teen die fiets en my te staan. (Foto 3)
 
Die bos word redelik verniel deur die houtskool bedryf. Orals langs die pad kan mens reuse sake houtskool koop. Foto 4 wys twee sulke kopers / verkopers met twee reuse sakke houtskool op elke fiets gebind.
 
Oorlaai het 'n nuwe dimensie vir my gekry.
 
Aan die ander kant: As so 'n man werkloos is en 'n gesin moet onderhou, mag ek vinger wys? Nog is daar bos…
 
Ek het so pas 'n muskiet onder my net doodgeslaan wat vol bloed was …
 
Ek gaan vandag, na al die gate van die vorige dae, al die boute en moere van my fiets deurgaan en klere was. More ry ek verder.
 
Geniet julle dag!
 
 
 
I left Livingstone quite early on Tuesday morning. Good that I did so. Just outside the town I hit the first massive pothole. It was only the beginning. For the next 70km the potholes lay in axle breaking ambushes. I counted about ten trucks standing on the road, damaged by the potholes. One lay on its side, the result of over-braking and –steering. (Picture 2 of yesterday)
 
It took me just under 2 hours to do the 70 km stretch.
 
My budget took a severe blow with the petrol price of R 16.16 in Zambia!
 
The road snaked through a lush green bush. Before it could become monotonous a small village with huts, neglected buildings and small fields with corn appeared. In one such village I bought two sweet bananas and a bun for lunch. As everywhere in Africa there were dozens of curious onlookers within seconds, standing very close against me and the bike. (Picture 3)
 
The many privateers making charcoal are killing the bush. Next to the road one can buy giant bags filled with charcoal. On picture 4 are two of those sellers / buyers, on their way with the big bags on each bicycle.
 
Overloading became a new meaning.
 
On the other hand, if one is unemployed and needs to feed a family, how may one criticize him when he makes and sells charcoal? There are still enough trees to axe …
 
I have just killed a mosquito under my net. There was blood on my hand …
 
Today I am going to check through the bike that all nuts and bolts are still tightened. Tomorrow I am gong to continue my ride towards Malawi.
 
Enjoy your day!
 

No comments: