Thursday, March 13, 2008

Die rustigheid van vroeër ontwyk my nou.

(English below)

Ek wou al gister my fiets klaar gepak gehad het. Ek het op die ou einde nie eers daaraan geraak nie.

Vanoggend na so twee ure op kantoor is ek huis toe en het ek begin te pak. Skaars begin of 'n naarheid slaan my tussen die oë! Ek het lanklaas so sleg gevoel. Malariatablette, en dit was nie eers Lariam nie...

Hoe gaan ek elke dag met so 'n naarheid leef? Ek oorweeg nou ernstig die roekelose opsie.

Was my naam Ewan McGregor het ek nie nou met die probleme gesit wat my verder van my innerlike rus stroop nie. My bagasie ... Met geen voertuie wat tou staan om alles op te laai nie sukkel ek om alles in te kry. My twee sytasse is vol net met onderdele en gereedskap.

Ek sien swarigheid met die gewig, of ek moet 'n reisende onderdeel onderneming begin soos die pad my al hoe verder noord vat. Dit gaan die sekerste manier wees om my bagasie ligter te kry.

My enigste swak oomblik tot dusver was netnou toe Stefaans en Liesbet, my twee getroue werksmense by die huis, my gegroet het. 'n Mens raak so lief vir hulle oor die jare.

Ek weet nie of ek more iets gaan skryf nie.

Groete



My plan was to do all the packing yesterday. It didn't realize. I haven't even touched the bike to start packing.

This morning I was at office only for an hour or two, and then I went home to start packing. I started taking malaria tablets this morning, and it made me sick! It wasn't even Lariam. I am considering the very reckless option now ...

If I were Ewan McGregor I would not have all the problems with my packing. How easy when there are two vehicles standing, waiting to load all the spares etc. I filled both side panniers only with spares and tools.

The weight of all the luggage is going to create problems further north. The only solution is that I start with a traveling spares business and sell all the spares the further north I travel.

Saying goodbye to all the friends was quite easy up until now. My only weak moment was saying goodbye to Liesbet and Stefaans, my very loyal gardener and "house manager", this afternoon. They grew so much part of my life over the last few years.

I doubt it whether I will have chance to write anything tomorrow.

Enjoy your evening!

No comments: