Sunday, March 23, 2008

Sondag - Malawimeer

My roete deur Zambië (donkerblou lyn)
My route through Zambia (dark blue line)



My roete in Malawi
My route in Malawi


Ekke Kok + Audrey Allenspach-Kok

Laatmiddag by die Malawimeer
Late afternoon at Lake Malawi


Dis vandag ‘n luilekker Sondag.


Ek het vroeg opgestaan en op die rotse gaan sit om die son te sien opkom. ‘n Hele klompie keer het ‘n visarend oor die strand gesweef en sy bekende roep oor die baai laat weerklink.


Van die sonopkoms het niks gekom nie. ‘n Dik wolkebank het oor die meer gelê.


Gisteraand het ons ‘n oop hemel gehad en kon ek die Suiderkruis oor die meer sien. Dit lê al die helfte laer as tuis in Naboomspruit. Binne ‘n week of wat gaan dit weg wees …


Ek het gister op die kampeerplek ‘n Kanadese egpaar, Ekke Kok en Audrey Allenspach-Kok ontmoet. Hulle is met twee BMW’s op pad vanaf Duitsland na Kaapstad toe. Hulle is reeds in Oktober in Duitsland weg. Wat ‘n wonderlike toeval! Ons het gisteraand lekker gesit en gesels en ek het baie waardevolle raad en wenke van die twee gekry.


Dit is hul tweede jaarlange motorfietstoer wat hul aanpak.


Vir die van julle wat in getalle belangstel:


Afstand gereis vanaf Naboomspruit: 2453.4 km

Liters petrol ingegooi: 115.555 liters

Gemiddeld per liter: 21.23 km/l.


Dit is ‘n redelike hoë gemiddeld maar die toestand van en op die pad laat nie ‘n verantwoordelike spoed van meer as 80 km/h toe nie.


Kompliment aan jou, Rina. Die groot kaarte op die sytasse trek baie aandag. By al die polisie kontroles het die mans meer in die kaarte belanggestel. Onthou julle my tien gebooie van die Namibiese rit? Die enigste polisielid wat haar deur niks laat beïndruk het, was ‘n dame gister. Ek moes byna afpak.


Wonderlike Sondag vir julle!



Today is a lazy Sunday.


I got up early and went down to the beach to some rocks to the left to see the sunrise over the lake. A fish eagle soared by and let his call echo over the bay a couple of times.


Nothing came from the sunrise. On the eastern horizon a bank of clouds covered any sign of the sunrise.


Last night we had a beautiful night sky and could I see the Southern Cross. It is much lower over the horizon now as back in Naboomspruit. Within a week or so it will be gone …


Yesterday I met a Canadian couple on the camping site. Ekke Kok and Audrey Allenspach-Kok are on two BMW’s on their way down from Germany to Cape Town! They left Germany already last year during October. What a coincidence! We had a great chat last night, and I got very good tips and information from them.


It is their second year long motorcycle tour that they undertake.


For those of you interested in figures:


Distance traveled from Naboomspruit: 2453.4 km

Liters petrol used: 115.555 liters

Average per liter: 21.23 km/l


It is quite a high average but given the conditions most traveling takes place at an average of 80km/h.


Compliments to you, Rina. Your maps on the side panniers draw a lot of attraction. At every police check point the men were more interested in the maps than in me. Do you remember my ten commandments of the Namibian trip? It was proved true again yesterday. A lady wasn’t interested in all in where I came from. I nearly had to unpack everything.


Enjoy your Sunday!

No comments: