Dit gebeur sommer net.
'n Mens staan een oggend op en in plaas van vroegoggendvrede en -vreugde kom lê so 'n verlange oor jou.
Die verlange na 'n pad wat wegraak in die tonnel groen bos daar ver voor.
Die gevoel van neerplof in die skadu van 'n groot Maroela terwyl jou natgeswete rug teen die growwe stam druk, en die klein mopanievliegies in jou oë en neusgate probeer inkruip.
Die prikkelende smaak van 'n yskoue Pepsi uit 'n Cuca shop op jou tong. (Wie van die ou manne onthou nog wat 'n Cuca is?)
Op hierdie oomblik sit ek 'n geestessit langs my motorfiets voor die Cuca shop in die Kavango.
Ek wonder of dit nou reën daar.
No comments:
Post a Comment