Friday, December 7, 2007

Laaste dag / Last day

Beginpunt: Francistown
Eindpunt: Naboomspruit
Afstand: 532km
 
Die laaste dag se ry was nie werklik ry nie. Ek het teen 'n gemaklike spoed gegly (glided) deur 'n bosveld so mooi, verby glasvlaktes vol water en gras wat soms hoër as die fiets was. Die gevoel van "Dit was lekker", het my gemoed vol gelê. Die rustige dreuning van die enjin het bygedra tot die gevoel van volmaaktheid.
 
Dit was soos 'n heerlike langnaweek wat verby was, maar, die beloning: Volgende jaar kom drie maand evan dieselfde! 98 dae nog.
 
Alle gebeure loop in sirkels. Ek was vandag gou by 'n dr. Breed in Nylstroom vir 'n inspuiting. Toe hy hoor waar ek was, het ons onmiddelik die webblad oopgemaak en foto's gekyk. Hy was baie jare terug dokter op Katima Mulilo.
 
Die heel eerste foto van Woensdag 5 Desember is van die Zambezirivier. Hy het my vertel dit was hulle swemplek daardie jare, en hulle het dit Shelley Beach genoem.
 
Een dag toe hulle daar geswem het, het hy vir 'n hond (hulle hond?) heeltyd 'n blikkie in die water gegooi. Die hond het dan in die rivier gespring en die blikkie gaan haal. Dié dag gooi hy weer die blikkie in en die volgende oomblik gryp 'n krokodil die hond langs sy vrou.
 
Om die blikkie te kry, het die hond tussen sy vrou en die krokodil ingeswem.
 
Wie twyfel nog dat soms dinge gebeur om ons te red net omdat onse horlosies nog tyd op het.
 
Geniet julle naweek!
 
 
 
The last day on the bike was not like riding, it was gliding. I glided at a comfortable speed through the bushveld as beautiful and serene as I never have seen it before. Grass was standing in water-filled plains, often higher than the bike. I experienced a feeling of contentment. The relaxed humming of the engine contributed to my feeling of being close to heaven.
 
It was if a long weekend was over, but, the best was still to come: The long tour next year.
 
Life happens in circles. I had to see a GP in Nylstroom today, Dr. Breed. He told me that he was a GP in Katima Mulilo many years ago. We opened the website immediately.
 
We came across the first picture of the 5 December, the one with the mighty Zambezi in the background. That had been their swimming place, which they called Shelley Beach.
 
One day they went swimming. He threw a tin into the river so that a dog (their dog?) could go and fetch it. They continued with the game for quite a while. Then, suddenly, jaws snapped and gone was the dog. A crocodile took it next to his wife.
 
At that moment the dog swam in between the crocodile and his wife, and paid with his life.
 
Things like this happen to save us from some ordeal, if our clock has still time on it.
 
Enjoy your weekend!

1 comment:

DoMo said...

Danke fuer die vielen schoenen Bilder! Das war ein Vorgeschmack auf das was uns ab Maerz erwartet. Das wird sogar fuer uns, deine Beobachter, eine stressige Zeit! Jeden Abend naboom2germany ansehen, um den Anschluss nicht zu verpassen!