Thursday, December 6, 2007

Emil, jou e-pos

Emil, ek het op jou vrae per e-pos geantwoord, maar die e-pos het elke keer onafgelewerd teruggekom. Jou ISP het dit as gemorspos beskou! Is daar 'n manier dat jy my e-posadres kan "white-list"?

Hier is die teks van die e-pos:

Hallo Emil!

Jammer as jy lank moes gewag het op antwoorde. Ek is terug onder die sambreel van internet en kan nou emails aflaai en antwoord.

1. Ja, ek ry met 'n stofbril. Met die fiets het ek 'n full face helmet gekoop. 'n Mens is met so 'n helm baie beskut. In Junie in Botswana het my kop baie warm gekry en het die son van bo my 'n goeie sonbrand gegee. Die helmet wat ek nou gekoop het, het nou sy eerste rit gedoen en ek oorweeg om dit volgende jaar eerder as die full face te neem.

1.1 My kop was koeler;
1.2 Met die kokende warm lug van Namibie het ek my kopdoek oor my gesig gebind en baie lekker gery.
1.3 Die afdakkie was absoluut wonderlik om direkte son op my gesig te keer.
1.4 In baie stowwerige toestande sal ek net eenvoudig permanent met 'n kopdoek ry en dit elke aand was.

2. Dit is 'n No Fear. Jy is gelukkig om dit saam te kry!

3. Ek was baie beindruk met die oorspronklike Dunlops. Hulle het my byna 10 000km gegee. Ek het nou bande op wat die Kawasaki plek in Pta gesê het die meeste enduriste gebruik en wat goeie kilos gee. Dis 'n onbekende (vir my) Taiwanese maak. Hulle het nou byna 5000km op. Ek het nou twee emails gekry waar mense ander bande aanbeveel. Ek sal dit by die huis gaan oplees en vir jou aanstuur. Tans bly my eerste keuse Dunlops.

4. Garmin Etrex Legend Cx. Ek het dit in Londen gekoop vir iets oor R 3000. Die GPS het in Junie teen 110km/h op die teerpad geval toe die bracket gebreek het. Dit het soos 'n bal paar keer op die pad gehop voor dit in die bos verdwyn het. Toe ek dit gekry het, was dit in een stuk en het nog gewerk!

5. Ek het 'n twee liter Camelpak wat ek nou nie saamgevat het nie. Ek het twee een liter bottels volgemaak waaruit ek gedrink het. Ek het my camelpak nog net eenkeer gebruik, Junie in Botswana. Moet bely het dit nog nie skoon gemaak na Junie nie behalwe om te spoel.

6. In Afrika is mens dom (net my opinie) of deperaat as jy vinniger as 110 toer. Daar is soveel gevare in die vorm van bokke, donkies, honde, kinders, slaggate, vlakvarke, ens. Ek voel op my veiligste teen 100 - 110km/h. As ek lekker ry, pad is goed, min verkeer, geen diere, dan ry ek so in die linker derde van die linker rybaan. As daar baie diere is of baie Afrikaverkeer (taxi's, busse ens.) dan ry ek in die regter derde van die linker rybaan. Veral met diere gee dit my genoeg beweegruimte na links of regs. Ek het nou 'n patroon met slaggate gesien: Ry in die middel van die linker rybaan. Die meeste slaggate is in die eerste of laaste derde van die rybaan. As die pad uit meer slaggate as teer bestaan, ry ek ver links of eerder nog aan die kant (op die skouer) van die pad. Busse en taxi's is dan geneig om oor die hele pad te swerf op soek na 'n stukkie teer.

7. Die baadjie is 'n Arlenn Ness. Dit het 'n voering wat ek nou uitgehaal het. Dit het goeie beskerming oor die elmboë en skouers. Dit het lugvloei maar bly warm. As mens nie ry nie, is dit 'n sauna. Ek is net so 70% tevrede met die baadjie. Vir my is die beskerming egter meer werd as die sweet.

8. Tegniese kennis: Ek beskou myself as 'n volslae tegniese idioot. Ek het vir my die manual van die fiets gekoop, en met dit kan mens reeds die meeste goed doen. Ek het al die agterband afgehaal, spacers verwyder, remskyf ens. Sonder die boek sou dit nie moontlik gewees het nie. Met my voorbereiding het ek baie gelees. In al die boeke van mense wat al oor Afrika gery het, staan dit: Erens kry jy altyd hulp. Die bos mechanics weet van improvisasie. Tussen hulle, my en die manual glo ek ek sal regkom. (In teenstelling met die BMW waar mens soms 'n rekenaar nodig het). Na hierdie ry het ek net nog meer vertroue in die fiets.

9. Ek gaan op die stadium alleen ry. Ek verkies dit ook so want daar is net te veel voorbeelde van vrienndskappe wat onder sulke uiterste toestande tot niet gegaan het. Ek is eerder net vir myself vies as vir iemand anders.

Groete! (die pad huis toe wag)

1 comment:

Anonymous said...

Hallo. Lodie

Dis goed om van jou te hoor! Jammer oor die e-poskomplikasies. Ek het dit (na die beste van my vermoë) so pas probeer regstel. Baie dankie vir al die inligting. Dit is vir my van onskatbare waarde! Werklikwaar.

Lekker ry! Ek kry my fiets môre terug!

Ek gesels weer later - seer sekerlik is dit uitputtend om lang e-posse te beantwoord tydens so 'n rit!

Groete

Emil