Tuesday, November 6, 2007

Plakkers en spreuke

Ek het die naweek in die Getaway by die redakteursbrief 'n mooi aanhaling gelees. Dit gaan oor reis en goed wees.

Gebeur dit nie met die meeste van ons dat ons tydens 'n reis vies word vir die grensbeamptes, die bankgesloer met geldwissel, geen bier in Soedan, ens?

Toe kry ek skielik 'n ingewing. Ek gaan plakkers (stickers vir julle wat aan klappers dink) maak wat ek op my fiets se brandstoftenk gaan plak. Elke plakker het 'n eie, mooi, reisverwante spreuk wat my die hele tyd daaraan moet herinner ek ry deur ander mense se land, deur lande wat anders is as myne. Dit gaan mooi wees om tydens die lang ure van ry so nou en dan af te kyk en een van die mooi spreuke te lees.

Miskien moet ek ook op die webblad 'n gedeelte inrig met mooi spreuke. As julle so iets wil stuur, laat ek dit kry. Bo aan staan vir my die plakker wat ek op bosmaat Johannes se Landcruiser gesien het: What a spade I've got in Jesus. Agter die plakker is 'n lang storie van hartseer maar veral ook hoop en berusting.

Groete vir eers

2 comments:

Emil said...

Hi, Lodie

Ons het tevore al kontak gehad via e-pos. Ek had modemprobleme, so het eers vandag weer kon kyk hoe ver is jou log.

Ek kry hierdie op 'n baie interessante ou se 'site' vanuit Amerika (nou toe nou!) en dit tref my. Dalk kan dit vir jou ook van waarde wees.

I was at a point where I needed to go;
and so I bought the motorcycle, and I went...

Sterkte met die verdere voorbereidings.

Groete

Emil Bosch

N.S. Raai wat? Met groot moeite, frustrasie en die Here se inset kry ek binne 'n dag of twee my eie (tweedehandse / nuwe!) SWART, ja, swart KLR 650 met slegs 2000km op!

Lodie said...

Emil, ek onthou jou eerste email goed! Baie dankie vir hierdie spreuk. Ek gaan dit ook vorentoe bring dat almal dit kan lees. En baie geluk met jou nuwe motorfiets! Ek weet jy gaan baie vreugde met hom hê. Groete, Lodie