Thursday, November 22, 2007

Ek is so baie aan hulle verskuldig

Dikwels vra mense my hoe ek dit regkry om volgende jaar vir drie maande (of langer? :-) ) van my werk te kan wegbly.
 
Die antwoord is maklik.
 
My kollegas.
 
Ek het twee dames, Lize en Suzanne, wie se werk hulle laat uitstaan omdat daar een element by is wat nie met geld gekoop kan word nie. Passie.
 
Ek is bevoorreg om na so baie jare in die uitruil nou te kan begin terugstaan en kyk hoe ander, nuwe mense ons jeugwerk voortsit. Ek vertrou my kollegas met my lewe, daarom weet ek dat alles volgende jaar sal regloop terwyl ek weg is. Hulle sal probleme oplos. Hulle gaan mense aanraak.
 
Dinsdag 27 November begin die groot reis nie-amptelik. Ek gaan met my motorfiets in die Kaap begin ry Windhoek toe. Na ons werk daar klaar is, ry ek dan deur Botswana terug Naboom toe. Deel 1 afgehandel. Kyk na die kaart. Ek voel dis reg dat die reis, in twee skofte, onder in die Kaap begin. Nou kan ek ook ons webkommunikasie oefen. Kyk gereeld op die dagboek vir inskrywings en foto's van daar doer uit Namibië of Botswana.
 
Tot volgende week!

No comments: