Thursday, January 10, 2008

Terug in goeie ou Suid-Afrika!

Na 'n lang vlug FRA - CPT - JNB is ek uiteindelik terug in my groen bosveld.
 
Vandag oor twee maande en vyf dae is ek op pad!
 
Baie dankie aan al die mense wat vir my e-posse gestuur het. Is dit nie wonderlik dat soveel vreemde mense na die Wegbreekberigte die muis opgeneem en geskryf het nie? Van heinde en verre het die eposse gekom met raad en goeie wense en aanbevelings. Twee dinge het ons verbind: Die liefde vir reis en die liefde vir avontuur en motorfietse.
 
So het ook 'n oud-leerling van my van baaaaiiiie lank terug geskryf. Derek, dit was lekker om van jou te hoor, en veral dat jy ook enduro ry. En dan nog verder terug na my Oos-Vrystaat dae het Stephan Lindeque geskryf. Stepahn, sulke kontakte is kosbaar.
 
Ek is nou in die laaste fase van my voorbereiding. Nou is dit nog net visums en laaste werk aan my fiets.
 
As julle motorfietsryers nog nie Ray Muller ken nie, gaan kyk na sy webblad http://www.toursforafrica.co.za (.)
 
Binnekort skryf ek vir julle van iewers uit Afrika!
 
Groete, en mag 2008 vir julle almal 'n baie besonderse jaar wees!
 
Lodie

No comments: