Monday, January 21, 2008

Libië

Ek deel so stukkie van die voortdurende burokratiese geveg met Libië met julle.
 
Om 'n visum te kan kry, moet mens aan die Libiese grens deur 'n Libiër ontvang word. Dié Libiër vergesel jou die hele tyd en gee jou weer aan die ander grens af. Hy reis, eet en slaap by jou (darem in 'n ander kamer die slaapgedeelte). Sonder so 'n Libiër kry jy geen visum nie. Dis Libiese reisagente wat die diens lewer. Hulle laat ook die Libiese ambassade weet t.o.v. 'n visum.
 
Verlede week het ek weer 'n swetterjoel e-posse aan Libiese agente gestuur. Slegs een het geantwoord (Raki Tours Libya).
 
Sy antwoord kort en kragtig:
 
yES WE DO MAKE SUCH ARRANGMENTS BUT YOU NEEDE TO BE 3 PERSON TO GET TOURISM VISA AND ACCOMPANIED VISIT WITH US
 
REGARDS
ABDUL
Ohopo.

No comments: