Saturday, January 5, 2008

Dorpsidioot

So n paar weke gelede gelede het ek reisspreuke versamel. Een het so gelui. Neem nooit n idioot saam op reis nie. Jy sal een op pad ontmoet. Dis waar. Ek het so een ontmoet. Dit was ekself. Vanoggend moes ek vroeg vanaf Luzern n trein Frankfurt toe haal om ons uitruilleerlinge daar te ontmoet. Die taxi sou my tien oor vyf oplaai. Ek het my selfoon gestel en gaan slaap. Tien oor vyf was daar geen teken van die taxi nie. Ek het die dame by ontvangs geskakel. Haar sel was af. Ek het n geirriteerde boodskap gelos. Nerens was n teken van taxinommers nie. Ek het begin stap. Gelukkig kom na vyf minute n taxi verby. Ook hy kry n verbale loesing oor hul onbetroubaarheid. By die stasie was my trein nerens te vinde. Ga vir Switserse deeglikheid! Dit het ek hul ook vertel. Die ergste was die onbegrip in almal se gesigte. Toe vind ek die rede uit. Ek het my selfoon se tyd nooit verander nie! Dit was steeds een uur voor Switserse tyd! Ek het kwart voor vier en nie kwart voor vyf nie opgestaan! Vandag gaan baie Switsers oor die weird Afrikaner lag wat alles n uur te vroeg gedoen het. Idioot.

1 comment:

Fibo said...

HAPPY NEW YEAR :)