Friday, January 18, 2008

Carnet de Passage

Om 'n voertuig deur verskeie lande te neem sonder om eers a) invoerbelasting te betaal by elke grenspos en  b) dit dan weer by die uitgaan grens terug te eis, het 'n mens 'n Carnet de Passage nodig. Die AA van SA reik dit uit (www.aasa.co.za)
 
Dié dokument dien as waarborg deur die AA aan die deurreislande dat die voertuig weer na Suid-Afrika teruggebring sal word.
 
Ek het nou met die AA gepraat. Egipte, wat so wie so 'n moeilike land is wat doeane betref, vereis nou 'n 200% deposito gebaseer op die voeruig se waarde en gerugsteun deur 'n amptelike sertifikaat.
 
As jy dus 'n BMW ry en die huidige waarde is bv. R 70 000.00 dan moet jy by jou bank 'n bankwaarborg van R 140 000.00 kry wat jy aan die AA moet gee voor jy 'n Carnet kan kry.
 
Eish! Dis baie geld. Jou bank gee net sulke geld as jy dit as bate / kontant het.
 
Dit is hoekom ek nou nog meer voel dat die KLR is die beste waarde vir geld. My huis sal maar as waarborg moet instaan dat die KLR ook weer terugkom Suid-Afrika toe.
 
200% ! !

No comments: