Monday, January 21, 2008

Ontmoetings

So gedurende die voorbereidings vir my toer het ek nou al baie interessante mense oor die internet ontmoet wat op die Naboom2Germany webblad kom inloer het.

Een van die mense is Fanie du Preez uit Gauteng. Fanie gaan binnekort ook 'n KLR koop en beplan later 'n toer Namibië toe. Dan is dit weer my beurt om na al sy vertellinge te luister.

Fanie beplan om 15 Maart hier op Naboom te kom dag- en totsiens sê.

Niekie Pelser is van Sasolburg. Hy het vir my die skakel van sy toer om Lesotho gestuur wat hy en sy seun nou in Desember met sy KLR gedoen het. My mond het gewater toe ek alles gelees en bekyk het. Hy doen 'n toer soos ek daarvan hou: Net 'n algemene rigting word gekies en dan bied elke omgewing die afdraaipaaie wat interessant is. Gaan kyk gerus na sy toer by http://www.klr650.net/forums/showthread.php?t=37027

No comments: